Jy blaai in die argief vir 2011 Junie.

by rolienv

Femenitis en Maskulitis

Junie 18, 2011 in Sonder kategorie

Femenitis en Maskulitis en mediese terms wat so pas deur my geskep is.Dis is ontsteking van die geslagsidentiteit wat die geslag hiperaktiveer en bydra tot abnormale en onnatuurlike gedrag.

Vrouens se stem gaan al hoe hoer met ‘n styftrekking van spiere in haar gesig wat lyk na ‘n glimlag. Baie handgebare word gebruik en pasiente kan hulpeloos voorkom en kan later niks meer vir hulle self doen nie: veral in die teenwoordigheid van mans.

Mans se stem raak al hoe dieper met so min as moonlik spiergebruik in hulle gesig.Min handgebare word gebruik.Hande word in sakke geplaas of op heupe.Hulle probeer soveel as moontlik doen, veral in die teenwoordigheid van vroue.

Nee, regtig julle, hoe op aarde kan ons in tye soos vandag nog steeds so pretensieus wees, en vol aansit.Dogtertjies word van kleinsaf aangeleer hoe om ‘n dame te wees, hulle word geleer om te praat,om te sit, te loop en hoe om hulle emosies te gebruik as hulle grootste bate om in stres te beland dat iemand hulle eendag sal moet kom red, en hulle lank en veraltyd saam sal bly.Mans se emosies word kleintyd al gestroop en geleer om hard en sterk te wees, niemand nodig te kry nie en nooit om hulp te vra nie.

Nou wonder ek sommer vandag…wat op aarde! Is daar miskien iewers ‘n plek waar ‘n man en ‘n vrou mekaar kan ontmoet waar neutrale grond gebou is en hierdie femenitis en maskulitis genees is en mans en vroue net mens kan wees; saam kan lag en saam kan huil hulp te vra en hulp aan bied; waar mens vrymoedig kan erken ons het mekaar nodig en mekaar perfek aan te vul.

‘n Plek waar ons, ons kinders leer om nie op te tree op ‘n sekere manier nie, maar ‘n sekere rol moet speel. ‘n Vrou wat sterk in karakter sal wees en emosie om alle omstandighede sal probeer om daar te wees en nie te verkrummel nie.Om partykeer die hakskoene uit te trek vir tekkies.’n Man wat groot is in respek en klein in ego.’n Man wat mag huil en lag en ‘n man wat maar mag help waar hy kan.’n Vrou wat haar man onvoorwaardelik respekteer en ‘n man wat sy vrou onvoorwaardelik lief het.

Sommer ‘n plek waar almal kan foute kan maak en ‘n plek waar daar nie vooropgestelde idees is van manlikheid en vroulikiheid nie.

Genesing van hierdie aangeleerde sindroom sal ‘n nuwe generasie voortbring en karakter kweek, nie ambisie nie.Ambisie sonder karakter is soos ‘n pyl sonder rigting, soos los dinamiet, onvoorspelbaar,impulsief en onbetroubaar. As ons kinders minder aan hulle egos werk en meer aan karakter, sal ons land identiteit begin kry.Kom laat nie ons kinders oefen vir ‘n konsert nie, ons voed hulle op vir die toekoms. Kom ons hou op om hulle maniere aan te leer en bou aan karakter en eer.