by

Black label

Februarie 5, 2011 in Sonder kategorie

Pa het altyd gesê ons moet op sy graf ‘n blikkie black label sit, sodat wanneer dit roes dit kan afloop na hom toe. Die sadgeid van die begrafnis wens is van is dat Pa se as nog steeds in Kleinboet se kas is. Party van ons het die label probeer afwas en gehoop dit sal die inhoud sal verander en party het die label bewaar , selfs ‘n bietjie vernis daar aan gesit maar die inhoud bly altyd dieselfde. Die blikkie het wel geroes met jare en daardie inhoud het deurgeloop na ons almal. Hoe ook al sy alcohol was ‘n swart monster in ons ons almal se lewens en het happe uit ons verlede en toekoms gevat.

 By party van ons is die monster al dood maar daar is swart gate waarin ‘n mens val en dan sukkel om daar uit toe kom. Party van die gate voel amper soos ‘n blyplek en ‘n mens bly partykeer lank daar, nooi selfs mense en maak ‘n vuurtjie en kamp daar vir ‘n ruk. Dit raak bekend en die wêreld daar buite lyk donkerder as die swartgat .Veral as jy ondersteuning het en jammer belaaide gaste. Met jare tel jy tools op en leer jouself om uit hierdie gate uit te klip en dit raak makliker met tyd. Hoe makliker jy uit hierdie gate uit kom, hoe makliker sien jy die volgende gat. Jý sien hulle later aankom, jy loop later om hulle en met tye as jy omloop haal jy iemand anders uit daardie gat en die lewe raak sinvol, want jy klim nie net uit gate nie, jy help nou ander uit gate ook. Maar jy verloor gou visie as jy op die gate konsentreer, jy verloor ‘n bietjie spoed as jy die heeltyd uit die gate moet klim en jy raak agter …en dan kan jy nie meer onthou waarheen jy ooppad was nie en jy bly daar want dit is veilig.

 Jy probeer niks nie jy bly net tussen die gate want jy is fine daar en dan , met tyd sink die grond om jou in en jy word stelselmatig begrawe in die donker gat sonder dat iemand eers weet, niemand kom eers agter…jy word net nog ‘n lee blik wat in die pad is, en miskien gaan vir recycling. Jou lyf gaan aan, maar jou siel word lewendig begrawe in die donkerte waaruit jy nie kan kom nie. En jy word nog ‘n black label wat deurgeroes het en in die grond ingeloop het…in die spasies van die sand verdwyn het. Jý word net nog ‘n slagoffer van alcohol en jou toekoms een groot black label.

 Ek het genadiglik nie heeltemal deurgeroes nie en kon vra vir ‘n glas…Die ding van ‘n glas is dat jy nie labels het nie, maar almal kan sien wie jy is. Ek dink vandag aan al daardie geroeste blikke wat verdwyn het in die sand. Ek wonder of iemand werklik besef hoe dit voel of te verdwyn en niemand kom agter jy is weg, want jy is nog daar en hulle kan jou nog hoor want soos hulle se ‘n leë blik maak die meeste geraas.

4 antwoorde op Black label

  1. Neander het gesê op Februarie 6, 2011

    Ons almal raak uiteindelik weg in die vergetelheid, tyd wag vir niemand nie.

  2. TS het gesê op Februarie 6, 2011

    ja…

  3. louisna het gesê op Februarie 6, 2011

    Pragtige metafore wat jy gebruik. ‘n Ou vriend antwoord altyd as mens hom vra hoe dit gaan: So tussen die bottel en die lable.

  4. Hi Thandi, hoe gaan dit met jou?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.