Profile photo of rolienv

by

‘n Afrika droom

Januarie 26, 2011 in Sonder kategorie

Sommer net weer lus gewees vanoggend vir skryf.

Ons was die vakansie in Botswana vir die derde keer.Hierdie keer was dit nie so maklik om terug te kom nie. My hart is nog daar in die oop vlaktes waar die enigste musiek die natuurgeluide is .En vanoggend wonder ek hoe wonderlik die aarde moes gewees het voor die sondeval. Voor materie deel van ons natuur geraak het, voor ons vlees was. Voor daar mensgemaakte skeppings was en die mens ‘n skepping van die siel gemaak het.

Ek dink aan hoe wondelik dit moes wees om ‘n hoorbare komunikasie met God te deel, en in die natuur te lewe met ‘n skoon gewete, geen verantwoordelikheid nie, net skoon lug en ‘n rein hart. Niks wat jou jaag en niks wat jy begeer.Niemand wat jou seermaak en geen vrese nie.Almal in Gees een met mekaar en aanbid dieselfde God, hierdie gedagte het vir my baie vervelig geklink toe ek jonger was en toe al daaraan gedink het, maar vanoggend klink dit ideaal …idealisties?

Dit het my lank gevat om die natuur natuurlik te ervaar asgevolg van my vrese vir spinnekoppe, die vreemde, verandering,dood, alleenheid, stilte….en honderde ander vrese wat ek oorkom het voor ek in ‘n tentjie wakker geword het en ‘n leeu buite die tent gehoor brul het en verskriklik opgewonde geraak het daaroor,nog skrikkerig, maar nie opgehou asemhaal het en in skok gegaan het nie. 5 jaar het ek my vrese in die gesig gekyk en teen alles in my besluit, ek wil die natuur natuurlik ervaar.Die eerste stadium was om van die die prooi mentaliteit ontsla te raak, die diere sien my nie as kos nie en wil my nie eet nie, die tweede was om vertroue in hierdie nuwe teorie te kry en te sien of dit regtig so is en die derde was om nie onnatuurlik vol vertroue te wees, en prooi te word nie. Daardie lyn te kry waar jy veilig voel en natuur ook. Niemand ‘n bedreiging inhou vir mekaar nie, en nie so gemaklik word dat jy aas word nie.

Dis ‘n proses vir my gewees, waar dit vir ander natuurlik is. Nie almal is bang vir ‘n mot nie. Ons almal het vrese wat ons oorkom met tyd, maar soos ek my vrese oorkom het, wonder ek…..sal ek regtig daar kan bly?

Sal ek ‘n lewe kan maak daar.Daar kan woon en ‘n nuwe lewe daar begin.Betrokke raak by die mense in die Village en miskien van my mediese kennis handig toepas onder die wat siek is, en van my kunstigheid deel met die wat vaardigheid will aanleer en miskien net sit en skryf oor hulle en hulle toe te laat om lewe te deel met ander, of miskien hulle net so los, ontgerep.Natuurlik het hulle behoeftes en begeertes, maar ek dink hier tussen al die materie waar daar ‘n oorvloed is aan alles, is daar meer behoeftes en meer begeertes. In ‘n materialistiese omgewing begeer ons materie en daar begeer hulle om te oorleef.Dit klink amper vir my beter om in hierdie dag vir dag bestaan ‘n lewe te maak as maand vir maand…..

Ek dink op hierdie stadium is dit ‘n droom, ‘n ideale wereld waarin ek kan gaan in my verbeelding en my Afrika droom uitleef, maar tyd sal leer. Die Vader weet wat Hy vir ons beplan. Voorspoed, en nie teespoed, daarom gaan ek nou aan met my dag en ek glo en vertrou die Vader met hierdie Afrika droom van my.Sy Wil sal geskied!

8 antwoorde op ‘n Afrika droom

  1. Dit klink Heerlik met ‘n Hoofletter H. {-;

  2. Hi ek is so bly ek loop jou weer raak. Het die link na Elijah Afrika verlede jaar iewers op die blogs gekry en kon nie onthou waar nie, toe ek netnou jou prentjie sien toe weet ek. Dankie.

  3. rolienv het gesê op Januarie 26, 2011

    Bly jy het dit gekry, lekker dag vir jou!

  4. rolienv het gesê op Januarie 26, 2011

    Ja dit is, julle is mos lekker naby.Ons ry ons moeg om net eers by julle te kom.As ons so naby soos julle was het ons sommer vir paasnaweek gegaan.Lekker om jou weer te sien, hoop alles gaan goed!

  5. Hehehe…’naby’ is ‘n relatiewe begrip wat in die kop bly…ek dink met jou ingesteldheid, is die Botswana grens vir jou nader as vir my {-;

  6. TS het gesê op Januarie 26, 2011

    Ek sal dophou wat gebeur Sterkte

  7. rolienv het gesê op Januarie 26, 2011

    Weet wat jy bedoel,maar die Kruger wiltuin, Pilansberg, en al die groot reservate is daar by julle, maar ek kla nie, ons het die see en die berge, was tog baie bly om dien berge te sien toe ons terugkom.

  8. rolienv het gesê op Januarie 26, 2011

    Ja ek sal ook maar dophou, hoop dit gaan goed!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.