Profile photo of rolienv

by

Die bos

Januarie 26, 2011 in Sonder kategorie

Het jy al wakker geword met die gekap van ’n houtkapper

 ’n vasgevangde mot se geklap en geflapper

Takke wat breek en ’n olifant se trompetter

’n vroegoggend vuurtjie se vlammetjies wat kletter?

 Jou eerste reuk van die canvas en bos

Die heel beste plek onder die hele kosmos

Die son wat deur die nag probeer breek

 En ’n straaltjie by jou tent gaas insteek

Dan hoor jy die hardloop van hoewe

 En wees bly jy het nie verval in groewe

 Jy staan rustig op agter die koffie walm

 En sug van lekkerte oor alles so kalm

 Oor jou bekertjie koffie en stukkie beskuit

Kruip almal een een by hulle tente uit

En om daardie vuurtjie raak almal stil

 As ons die leeu hoor en sy laaste brul

 Die gepraat oor die gejag in die nag

 En die geluide van die vreeslike geslag

Jakkalsse en haienas ook in die gehoor

 En die bobbejane val toe ook in die koor

Die bos hoendertjies loop mak mak rond

En pik al die oorblyftseltjies op van die grond

 Die visarend wat in die vêrte uit roep

En die seekoeie se geproes en gepoep

 Soos die sonbesies begin om hulle op te warm

 Skrik jy al weer vir die kwê alarm

Vandag moet ons weer huiswaarts keer …

 en jy vee ’n traan af van ’n hart so seer

 

 Maar volgende jaar kom ons weer….

3 antwoorde op Die bos

  1. Jy praat my taal – druk gereeld my bakkie se neus bosveld se rigting toe.

  2. rolienv het gesê op Januarie 26, 2011

    Julle is gelukkig, geniet dit!

  3. TS het gesê op Januarie 26, 2011

    in mens se gedagtes kan jy elke dag gaan?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.