Jy blaai in die argief vir 2011 Januarie.

by rolienv

Die bos

Januarie 26, 2011 in Sonder kategorie

Het jy al wakker geword met die gekap van ’n houtkapper

 ’n vasgevangde mot se geklap en geflapper

Takke wat breek en ’n olifant se trompetter

’n vroegoggend vuurtjie se vlammetjies wat kletter?

 Jou eerste reuk van die canvas en bos

Die heel beste plek onder die hele kosmos

Die son wat deur die nag probeer breek

 En ’n straaltjie by jou tent gaas insteek

Dan hoor jy die hardloop van hoewe

 En wees bly jy het nie verval in groewe

 Jy staan rustig op agter die koffie walm

 En sug van lekkerte oor alles so kalm

 Oor jou bekertjie koffie en stukkie beskuit

Kruip almal een een by hulle tente uit

En om daardie vuurtjie raak almal stil

 As ons die leeu hoor en sy laaste brul

 Die gepraat oor die gejag in die nag

 En die geluide van die vreeslike geslag

Jakkalsse en haienas ook in die gehoor

 En die bobbejane val toe ook in die koor

Die bos hoendertjies loop mak mak rond

En pik al die oorblyftseltjies op van die grond

 Die visarend wat in die vêrte uit roep

En die seekoeie se geproes en gepoep

 Soos die sonbesies begin om hulle op te warm

 Skrik jy al weer vir die kwê alarm

Vandag moet ons weer huiswaarts keer …

 en jy vee ’n traan af van ’n hart so seer

 

 Maar volgende jaar kom ons weer….

by rolienv

‘n Afrika droom

Januarie 26, 2011 in Sonder kategorie

Sommer net weer lus gewees vanoggend vir skryf.

Ons was die vakansie in Botswana vir die derde keer.Hierdie keer was dit nie so maklik om terug te kom nie. My hart is nog daar in die oop vlaktes waar die enigste musiek die natuurgeluide is .En vanoggend wonder ek hoe wonderlik die aarde moes gewees het voor die sondeval. Voor materie deel van ons natuur geraak het, voor ons vlees was. Voor daar mensgemaakte skeppings was en die mens ‘n skepping van die siel gemaak het.

Ek dink aan hoe wondelik dit moes wees om ‘n hoorbare komunikasie met God te deel, en in die natuur te lewe met ‘n skoon gewete, geen verantwoordelikheid nie, net skoon lug en ‘n rein hart. Niks wat jou jaag en niks wat jy begeer.Niemand wat jou seermaak en geen vrese nie.Almal in Gees een met mekaar en aanbid dieselfde God, hierdie gedagte het vir my baie vervelig geklink toe ek jonger was en toe al daaraan gedink het, maar vanoggend klink dit ideaal …idealisties?

Dit het my lank gevat om die natuur natuurlik te ervaar asgevolg van my vrese vir spinnekoppe, die vreemde, verandering,dood, alleenheid, stilte….en honderde ander vrese wat ek oorkom het voor ek in ‘n tentjie wakker geword het en ‘n leeu buite die tent gehoor brul het en verskriklik opgewonde geraak het daaroor,nog skrikkerig, maar nie opgehou asemhaal het en in skok gegaan het nie. 5 jaar het ek my vrese in die gesig gekyk en teen alles in my besluit, ek wil die natuur natuurlik ervaar.Die eerste stadium was om van die die prooi mentaliteit ontsla te raak, die diere sien my nie as kos nie en wil my nie eet nie, die tweede was om vertroue in hierdie nuwe teorie te kry en te sien of dit regtig so is en die derde was om nie onnatuurlik vol vertroue te wees, en prooi te word nie. Daardie lyn te kry waar jy veilig voel en natuur ook. Niemand ‘n bedreiging inhou vir mekaar nie, en nie so gemaklik word dat jy aas word nie.

Dis ‘n proses vir my gewees, waar dit vir ander natuurlik is. Nie almal is bang vir ‘n mot nie. Ons almal het vrese wat ons oorkom met tyd, maar soos ek my vrese oorkom het, wonder ek…..sal ek regtig daar kan bly?

Sal ek ‘n lewe kan maak daar.Daar kan woon en ‘n nuwe lewe daar begin.Betrokke raak by die mense in die Village en miskien van my mediese kennis handig toepas onder die wat siek is, en van my kunstigheid deel met die wat vaardigheid will aanleer en miskien net sit en skryf oor hulle en hulle toe te laat om lewe te deel met ander, of miskien hulle net so los, ontgerep.Natuurlik het hulle behoeftes en begeertes, maar ek dink hier tussen al die materie waar daar ‘n oorvloed is aan alles, is daar meer behoeftes en meer begeertes. In ‘n materialistiese omgewing begeer ons materie en daar begeer hulle om te oorleef.Dit klink amper vir my beter om in hierdie dag vir dag bestaan ‘n lewe te maak as maand vir maand…..

Ek dink op hierdie stadium is dit ‘n droom, ‘n ideale wereld waarin ek kan gaan in my verbeelding en my Afrika droom uitleef, maar tyd sal leer. Die Vader weet wat Hy vir ons beplan. Voorspoed, en nie teespoed, daarom gaan ek nou aan met my dag en ek glo en vertrou die Vader met hierdie Afrika droom van my.Sy Wil sal geskied!