Jy blaai in die argief vir 2010 Oktober.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Die naaimasjien

Oktober 20, 2010 in Sonder kategorie

Ma het altyd sulke lekker stories vertel daar voor daai naaimasjien. Ek wens baie dae ek het meer daar gesit en nog geluister het na haar stories. Sy kon haar so inleef terwyl sy vertel het, sy het sommer van vooraf gehuil vir die hartseer; en dan het sy opgestaan en gaan tee maak as die trane te veel was. As sy ‘n kwaai storie vertel het, het sy geskel en verduidelik en dan het sy die lappe rond geruk en gepluk. Eenkeer het sy met daai naaimasjien dwarsdeur haar vinger gewerk; sy het dit net so ‘n skud gegee terwyl sy net aangegaan het met die storie; die naald uitgetrek met haar tande en die bloed so ‘n lek gegee en vererg sommer ‘n stukkie lap wat op die grond gelê het, omgedraai. Sy het toe ‘n nuwe naald in die Masjien gesit en aangegaan met die storie en die stikkery met die wit vinger wat so in die lug gestaan het.

Ma het vertel sy was ‘n volkspele nooientjie. Die stories het nooit opgeraak terwyl sy so stik nie; ek het partykeer gedink sy “spin” stories terwyl sy naaldwerk doen. Van hulle laers wat hulle opgetrek het, die danse by die opening van die Voortrekker Monument, hoe sy amper verdrink het en hoe die ossewa oor haar voet gery het. Sy het vertel van Oupa wat spoke kon sien, en allerhande lekker stories. maar die beste een van almal was van hoe sy vir Pa ge ontmoet het. Dit was die heel beste storie. Ek het altyd die storie so gestuur tot daar. Elke keer as sy dit vertel het was dit anders, maar die punch line was die selfde…

Glad nie Ouma se keuse nie; die huwelik was nie goedgekeur deur een van die susters nie; ook nie deur die kerk nie en ook nie…. Ek dink nie iemand het dit goedgekeur nie.

Pa was mos ‘n ducktail en heeltemal van die verkeerde kant van die spoorlyn. Pa het ‘n bike gehad en hy het gedrink en gerook. Pa het in ‘n band gespeel en op die foto’s was hy nogal ’n handsome ou; het amper soos James Dean gelyk! Hy was teen tradisie en godsdiens en die hele voorgee en inpas ding was nie vir hom nie. Aan politiek het hy hom glad nie gesteur nie. Nou hoe op aarde? Dit was mos ‘n mismatch? Liefde is dan seker nie net blind nie, maar doof ook!

Profile photo of rolienv

by rolienv

Pa

Oktober 19, 2010 in Sonder kategorie

Een Saterdag het Pa hulle teruggekom met die catch van die season! Vroegmiddag al by die huis; ‘n vrag vol krewe. Die kreef is in die die kombuis neergesit in kratte solank hulle gou hierdie oorwinning gaan vier het in die dorp terwyl die rugby aan was.

Ma het die arme krewe so jammer gekry , want sy het gesê hulle maak geluide. Sy en haar suster van die Karoo gooi toe water in die kratte sodat hulle nie moet versmoor nie. Die krewe was nog minder happy en het met hulle sterte vir hulle uitgeskiet en toe die hond begin blaf in die kombuis was dit te laat. Die krewe het nou soos monster skerpioene in die kombuis rondgeloop en Ma en Tannie was histeries! Hulle het toe die tafel voor die ingang gesit dat die krewe maar wei tot Pa hulle heelwat later die aand huis toe gekom het en vir jare daarna nog vir Ma gespot het.

Ma het nie gehou van die krewe nie, nie so lewendig nie, ook nooit geëet nie, maar sy het ‘n bobaas kreef voorgereg gemaak. Sy het dit dan bedien in sulke groot plat wit skulpies met sulke oulike klein vurkies. Daar was altyd mense vir ete. As ons snoek geëet het, het Pa vir Ma ‘n tjoppie gebraai. Vir my het hy altyd die rugstring afgebreek, want ek was mal daaroor om die rugstring so oop te breek en die murg uit tee eet. Ouboet en Ousus was mal oor die pens en Kleinboet was lief vir witvleis; sommer baie. Gewoonlik het ‘n mens gebakte brood en jam by die snoek geëet, maar nie by Ma nie; sy het altyd drie groentes en ‘n pragtige slaai voorgesit. Ma het gehou van onthaal en sy was goed. Sy het ‘n bak en ‘n bord vir elke ding gehad. Die tafel was ‘n kunswerk met servette en blomme soos vir ‘n troue!

Ek het altyd gewonder of Pa-hulle ooit al haar pragtige tafels en baie moeite waardeer het, of ten minste raakgesien het. Hulle eet daar by die see sommer van die vuur af , daar is nie eers skottelgoed nie; net ‘n vuur en ‘n rooster en die drinkgoed kom mos in blikke. Dit het hulle platgetrap en Paadjies daarmee begin bou en die skulpe van die die perlemoen het hulle opgehang in die groen net wat gedien het as ‘n afdakkie voor die huis. Dit was saam met so ‘n paar boeie en allerhande interessante goed wat uitgespoel het of herinneringe gebring het. Pa het van die perlemoenskulpe huis toe gebring vir asbakke maar Ma het haar bloedig vererg, en gesê: “oor my dooie liggaam sal jy daai skulpe in die huis gebruik; dis common !”. Whaaaala, dit was so snaaks as Pa sy mond so op ‘n knop getrek het en vir Ma geloer het met sulke groot oë, hy het dan so lag in sy oë gekry en dan weggestap. Hy het in die geheim so Ma se snobisme geniet; nooit verstaan nie, maar hy het gedink dis snaaks…

 

 

Profile photo of rolienv

by rolienv

Stukkies uit my boek.

Oktober 18, 2010 in Sonder kategorie

Die Karoo

Ek het wakker geraak op hierdie vrolike noot. Op ‘n hoë klapperhaar matras met sulke harde wit lakens oor wat ruik na motbolle. Die deken het Ouma self gehekel en party nagte het jou vingers geknoop daarin. Die hout vloere het geblink, maar daar was ‘n mengsel van stof en polish wat in die lug gehang het.

Die meubels was baie groot en alles van donker donker hout met sulke draaie en swaaie in die hout. Die spieëlkas het so baie flappe gehad ek het altyd gewonder hoekom wil iemand homself nou so van al die kante af bekyk. Op die een muur was die Onse Vader geskryf op sulke tinfoil goed in die agtergrond wat gepas het by die een in Ouma se kamer van “Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder”, en bo Oupa se bed “Wat is ‘n huis sonder ‘n Vader”. Die gordyne was so swaar en dik dat die son nie eers kon inloer deur ‘n gaatjie nie; dit was heeldag nag in daai kamer, maar om na hulle te luister het opgemaak vir alles! Die was amper beter as die son.

Elkeen het sy eie storie gepraat en so tussen in het hulle mekaar geantwoord ook, maar die gelag sal ek altyd onthou. Ek het so gewens Ma kon altyd so gelukkig wees. Altyd by haar sussies en Ma wees…

Hulle het vir alles gelag en elkeen het sommer vir sy eie stories gelag ook. Ons het dan maar opgestaan agter die geur van die ontbyt wat die hele huis vol gemaak en jou so bedwelm het dat jy in ‘n beswyming van slaap en honger aan die tafel gaan aansluit het by die res van die die kinders. Daar was ‘n baie hoogdrawende gebed deur Oupa en dan het elke Ma vir haar kinders gesorg en ons was gevoer tot ons nie meer kon nie. Dan het jy gaan was en ‘n nuwe dag het begin.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Godsdiens

Oktober 18, 2010 in Sonder kategorie

In die vorige manna het ons uitgewys dat God die eerste inisiatief neem om die verhouding tussen ons en Hom te herstel. Na die sondeval het Hy sy Seun gestuur “om te soek en te red wat verlore was” (Luk 19:10). Ons het die lering afgesluit deur te sê dat Satan egter ‘n teenstrategie aangebied het wat hierdie verlossingsplan ernstige skade kan aandoen. En dat godsdiens die grootste wapen is wat hy gebruik om God se versoeningsdaad met die mens te perverteer en te dwarsboom. Ja, godsdiens.

Die bekende popsanger Bono het hierdie raak stelling gemaak: “Religion is what is left after God has left the building.” Die meeste mense se verhouding met God verloor met die loop van tyd intimiteit en verval in rituele en godsdienstige gewoontes, dogmas en onbuigbare oortuigings. Dit is godsdiens. (As die oorsprong van hierdie geloof in ‘n Opperwese boonop nie die ware God, Yahwe, is nie, maar een of ander god wat mense uitgedink het, of ‘n mens wat homself as ‘n god voorhou, is dit eweneens ‘n godsdiens wat nie verskil nie van Christene wat Yahwe bloot dien met die lippe, maar hulle hart is ver van Hom af – Mat 15:8.)

Ons gaan nie nou op die ekskursie om te probeer bewys Yahwe is die enigste God, en dat Yashua sy Seun is nie – dit kan dalk later ‘n interessante reeks in die Manna word. Ons is tans besig met die Voorhof, en spesifiek met die Brandofferaltaar. As deel van die tipologiese betekenisreikwydte ondersoek ons tans die misterie van godsaligheid (1 Tim 3:16) en het ons uitgekom by die bloed van Jesus en die implikasies daarvan, waar onder ons toe begin gesprek voer het oor die feit dat die bloed alle skeiding (tussen Jood/Griek, man/vrou, byvoorbeeld) tot niet maak. In daardie subreeks is ons besig met die feit dat daar nie meer slaaf/vryman (as deel van Gal 3:28 se digotomieë) is nie. Ons het in verskeie Mannas die mens se geneigdheid tot slawerny ondersoek, en gewys dat die die meesterlike strategie is van Satan om die meeste gelowiges te verkneg. Sodoende word hul hart, passie, lewe en skeppingsdoel geroof.

Dit is dus hier gepas om vir ‘n wyle stil te staan en te besin oor hierdie grootste taktiek wat slawerny tot gevolg het: godsdiens.

Miskien een van die beste voorbeelde van hoe ‘n lewendmakende geloof versand het tot ‘n dogmatiese doodloopstraat, is om te kyk na die Gereformeerde geloofsleer. Ons Gerefor-meerde Mannalesers moet asseblief nie op hierdie punt aanstoot neem nie – hierdie is nie bedoel as ‘n kritiek op die gelowiges in die Gereformeerde kerke nie, maar ‘n teoretiese uitwys van ‘n geloofsisteem wat as gevolg van bepaalde dogma ‘n deur oopgemaak het vir die gees van godsdienstigheid. Ek wil sover gaan om in die lig van Rom 9:32-33 te sê dat as jou nekhare begin kriewel, is jy bes moontlik reeds gevang deur ‘n godsdienstige gees. John Bevere noem aanstoot neem “the bait of Satan”. Ons moet waak om nie te struikel oor die “Stone-of-stumbling” (LITV), die “Rock-of-offense” (ESV) nie – sy Naam Is Yashua. Jy kan oor Hom val.

Hierdie is uit een van die die mannas van Prof Tom Gouws van Elija africa (www.elijahafrica.com ) ek ontvang drie mannas elke week en dit is absoluut broodnodig vir my Gees, ek raak al opgewonde oor die naweek vir my manna op ‘n Maandag.Regtig die moeite werd!!!                 

Profile photo of rolienv

by rolienv

Religion

Oktober 18, 2010 in Sonder kategorie

Religion is what is left after God has left the building.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Kennis en wysheid

Oktober 13, 2010 in Sonder kategorie

Isaiah 33:6 Wisdom and knowledge will be the stability of your times, and the strength of salvation; the fear of the LORD is His treasure.

As ons bid sal ons ontvang, en as ons nie ontvang nie, bid ons verkeerd.

If we are willing,He is able.

Ek is tot enige iets in staant deur Christus Wie my krag gee….

as ek vanoggend sommer so deurmekaar net sit….ja ek het dit geleer met baie moeite.My geaardheid is om in te spring en dinge reg te trek en te verander en te “FIX”, ja dis wat ek doen ek fix alles…onwillekeurig tot my vooredeel en tot my nadeel, tot mense se vreugde en mense se fustrasie…’n fixer is met tye ‘n pyn vir die om hull en vir hulle self. Hulle dreineer hulle self en put hulle self uit en die mense om hulle lei daaronder en jy steel hulle kosbare tyd deur jou obsessie om goed te fix.

Ek het met tyd geleer om na iets te kyk wat vir my stukkend lyk….dan besluit ek of dit stukkend is of deel van ‘n raamwerk waarin mense geleer het om aantepas en te leer oorleef met daardie stukkende plekke in hulle en dan sien ek dit is nie meer stukkend nie…dit is ‘n tool om nog sulke stukkende mense te help. Om met insig en wysheid van bo ‘n verkil te maak wat regtig saak maak en nie probeer om hulle te verander en hulle bewus te maak van al hulle stukkende plekke nie.

Ek het geleer dat wanneer jy ‘n verskil wil maak moet jy maak soos die romeine…moenie vir iemand wat bly is om kos op die tafel te he, tafel maniere leer nie….eet met jou hand saam met hulle!Moenie vir iemand wat nie kan lees die bybel uit hulle koppe uit leer nie, wys hulle Jesus se karakter…leef die woord en hulle sal dit verstaan.

As ons nie kan leef wat ons preek nie, sal ons preek nooit lewe nie.

Tog as dit nie vir kennis was nie, daardie ingeneurs wat gaan leer het en hulle bemagtig het met nodige kennis nie, sou hulle nie daardie myners uit die grond gekry het nie…ons kan maar bid soveel ons wil , maar iemand moet hulle uithaal.Daarin le stabiliteit…om kennis met wysheid aan te wend om insig te kry in die duister.Net dit wat ons nodig het om omstandighede makliker te maak vir die om ons….Om nie reg te wees nie , maar in verhouding te wees. Hierdie kennis hou ons in wysheid in verhouding met mekaar as ons leer hoe ons dit kan aanwend om dinge vir mekaar makliker te maak.Om in verhouding met mekaar ‘n beter verhouding te bou met ons God van verhoudings.Hierin le wereld vrede en hierin le ‘n stabiele toekoms en ‘n stabiele karater vol stabiele verhoudings wat sin bring in ons bestaan….om daardie kennis in wysheid aan te wend om nie ons self te verryk en te ontwikkel nie, maar die omstandighede van die die om ons.Om waneer ons iets wil weet te bid daarvoor en in spreuke staan ….ek weet alles deur Hy wat in my woon en Almagtig en Alwetend is.

As ons alles wil weet en alles wil verstaan moet ons net een ding leer…..leer om te bid!

Profile photo of rolienv

by rolienv

Sprokies

Oktober 11, 2010 in Sonder kategorie

In die storie van The secret  garden het die vader sy seun in ‘n kamer toegeluit gehou omdat hy bang was die kind kom iets oor en omdat dit al is van sy vrou  was wat oorgebly het. Hy het nooit geleer loop nie, en het nooit lig gesien nie en wat mean en baie ongelukkig en alles probeer beheer ….hy kon nie loop nie en was van kleintyd af gepeper met vrees.Die pa was en seun het geen verhouding gehad nie albei was te stukkend.Die seun was in vrees toegesluit!

Die pa het ‘n geheime tuin (sy hart) vir sy vrou laat maak en het die mmoiste mooi daarin laat plant , na sy oorlede is het hy hierdie tuin laat toesluit vir altyd en niemand mag ooit weer daar heen gegaan het nie.(hy sou nooit weer lief he nie, nie eers vir sy seun)

Daar kom woon toe ‘n vreemde meisie(lang storie)wat lyk net soos sy vrou en krap toe in alles waarin sy nie mag nie en kom op ‘n sleutel af…..maar terwyl sy baie hartseer en wees rondloop in die tuin eendag het daar ‘n voeltjie vir haar die (na ‘n lang storie) die geheime tuin gewys.Sy het agter die voeltjie aan geloop en die ingang na die tuin gesien….maar dit was gesluit. Sy hardloop toe en gaan haal die sleutel en sluit dit oop. Alles in die tuin was dood(of so het dit gelyk)maar na na baie mooi goed gebeur het het alles in die tuin begin lewe en was weer in volle prag….sy het die suntjie vertel en hy het so begeer om te lewe. Hy het so begeer om buite te kom, sy het die gortdyne oopgetrek en hy het al hoe meer begeer …die vars lug, die lewe…die tuin die blomme. Soos sy dit beskryf het.Toe sy begeerte na lewe groter as sy vrees was het hy begin lewe….hy heet begin loop, sy vader het hulle in die tuin gevang en hy het weer begin lief he en alles ind ie storie is soo mooi.

As ‘n mens net die sprokies reg intreperteer…bring dit lewe.Dit bring hoop en nuwe lewe. Dit help jou op jou psige te verstaan en dit is daar om jou te laat soek na daardie geheidme tuin….toe hulle vir Jesus na die kruisiging gesoek het, was Hy in die tuin….Hy is nou nog in die tuin…Hy herstel ons tuin, Hylaat weer ons blomme groei en bring weer nuwe lewe…..Hy hertstel verhoudings en bring alles in volle blom.Vra vir Jesus om jou te lei soos daardie klein voeltjie na jou geheime tuin en jou wys waar die sleutel is….dis ‘n ontmoetingsplek, ‘n plek van heleing en ‘n plek van intimiteit en groei…..dit is die oorsprong van die lewe….kyk assseblief die vliek of lees die boek!

Profile photo of rolienv

by rolienv

Jou hart….die oorsprong van lewe!

Oktober 11, 2010 in Sonder kategorie

“… daar is niemand wat God soek nie …”

(Rom 3:11b, OAV)

Al die jare wat ek vir my kinders die bekende Grimm-sprokie Sneeuwitjie gelees het, het ek altyd gehuiwer as ek by die deel kom waar die nare stiefmoeder van Sneeuwitjie die jagter opdrag gee om die kind op wie sy so verskriklik jaloers is, woud toe te neem en haar hart uit te slag. Hy moes dié hart terugneem na haar toe en sy sou dit dan ritualisties verorber. Dit was telkens verskriklik om kinders aan sulke ontsettende wreedheid bloot te stel.

In Bruno Bettelheim se briljante studie: The uses of enchantment verduidelik hy die psigologiese ondergrond van sprokies en wys hy netjies uit hoe hierdie tipe brutaliteit in dié tipe verhale kinders voorberei en onderbewustelik gereedmaak om emosionele trauma in hulle grootwordproses te kan verwerk.

Dikwels word kinders, maar ook volwassenes, se harte uitgeruk terwyl hulle nog lewe – en dis dikwels veel erger. But this is the story of our lives. Dit is die belangrikste modus operandi van die Koninkryk van Duisternis en sy rampokkers – as hulle daarin kan slaag om die oorsprong van jou lewe, jou hart, te kan uitruk, het hulle as ‘t ware hul doel bereik. Eldredge formuleer die omvang van die aanval in geen onseker terme nie – kyk of jy besef hoe die vyand jou op verskeie fronte benader om jou hart te roof: “Make them so busy, they ignore the heart. Wound them so deeply, they don’t want a heart. Twist their theology, so they despise their heart. Take away their courage. Destroy their creativity. Make intimacy with God impossible for them.” En dan sê hy hierdie ontsettende waarheid: “Without your heart you cannot have God.”

Die mens is sedert die sondeval in hierdie geweldige catch 22 gevang – die sonde het die mens verander van ‘n primêr geestelike wese na ‘n uit-en-uit vleeslike wese, wie se geesdimensie gesterf het (Gen 2:17). Die manier van dink met die gewoon Adamiese mind-set, sê Rom 8:7, staan lynreg teenoor dit wat God bedink en wil hê, “omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is”. Alhoewel ons die diep onuitgesproke begeerte het (Ps 84:2) na Hom uit wie ons voortgekom het (Kol 1:16), is daar geen manier waarop ons tot Hom kan nader nie.

Dáárom kom die eerste inisiatief in ons redding van God af – want so lief het Hy die wêreld gehad, dat Hy … (Joh 3:16). Na sy kruisdood is dit Hy wat aan elke mens verskyn om sy versoeningsdaad met God aan te bied as offer (Tit 2:11) – aan elkeen het die reddende genade van God verskyn. Ons weet Hy “het gekom om te soek en te red wat verlore was” (Luk 19:10). Hy loop aan agter elke verlore skaap wie se hart geroof is en derhalwe nie weet nie waarom hy so rebels en eiesinnig wil wegdwaal, tot Hy hom vind. “En as Hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers.” (Luk 15:5).

Maar Satan het veral hierdie hart van die Herder se opregte poging kom perverteer met ‘n meesterlike strategie wat die hart van die meeste mense amper onwetend geweldig diep verwond het – godsdiens.

Tom Gouws

Profile photo of rolienv

by rolienv

Dawkins gestroop van lewe

Oktober 11, 2010 in Sonder kategorie

“I am forgotten like one dead from the heart;

I am like a perishing vessel.”

(Ps 31: 12, LitV)

In Richard Dawkins se boek Unweaving the Rainbow haal hy Peter Atkins aan wat gesê het: “We are the children of chaos, and the deep structure of change is decay. At root, there is only corruption, and the unstemmable tide of chaos. Gone is purpose; all that is left is direction. This is the bleakness we have to accept as we peer deeply and dispassionately into the heart of the Universe.”

Besef dat hierdie die argument is wat die selferkende ateïs Dawkins aanbied as motivering vir sy siening dat die mens liefs maar sy geloofsbeskouing (hier gesimboliseer deur die reënboog) moet “unweave” omdat die evolusieteorie se beginsel van natuurlike seleksie, byvoorbeeld, volgens hom uitwys dat alle vorme van lewe bloot ‘n selfsugtige selfdeterminasie is – net die fiksste sal oorleef en die res sal aanpas om hul oorlewing te verseker. In hierdie stryd is daar net evolusionistiese “direction”, maar dis ontdaan van alle skoonheid, vervulling, doel en betekenis. Al wat daar is, is gedrewe oorlewing. Om hierdie rede kom Atkins tot die slotsom dat ons met hierdie manier van dink bloot “dispassionately” in die hart van die heelal kan staar.

Dispassionately. Dié lewens- en geloofsbeskouing wys so duidelik uit hoe die postmoderne mens sy hart verloor het en sodoende geen passie meer kan genereer nie. As jou hart dispassioned is, is dit onmoontlik om enige passie, sin en dieper betekenis selfs in die hart van die wonderbaarlike heelal te vind. ‘n Baie goeie voorbeeld hiervan is die karakter Lester Burnham (gespeel deur Kevin Spacey) in die (nou seker amper kultus-) film American Beauty. Die verteller in die film vertel as ‘t ware uit die graf uit die verhaal. Hy begin deur te sê: “I’ll be dead in a year. In a way, I’m dead already.” Om dit anders te stel: die meeste van ons kan saam met die Rolling Stones sing: “Look at me – I’m shattered!”

Dit was nie altyd so nie. John Eldredge het in sy uitstekende boek Waking the dead dit besonder raak gestel: “The story of your life is the story of the long and brutal assault on your heart by the one who knows what you could be and fears it.” Niemand beliggaam hierdie disillusie so goed soos NP van Wyk Louw in die volgende gedig uit Tristia nie: “Toe jy kind was, het jy gedink: / daar sal groot dinge kom uit my, / groot dinge, grotes en goeies – / soos ’n seun moet dink, natuurlik. / En: die groot is gesplits, én die goeie, / nou: / en in plaas van net groot en net goed, / het daar verskriklikheid en eenvoud / en boosheid en eenvoud / en eenvoud en nederigheid / – gespikkelde sampioene, / deur die teer, uit die teer van die straat … /by die breuk uit wat jy is, kom peul.”

Daar is algaande al meer en meer geroof van die lewegewende kern van jou hart, totdat jy absoluut weet daar kan weinig goed meer uit jou voortkom. En jy is daarna net bewus van die eenvoud en die boosheid wat jou lewe ten diepste definieer – giftige sampioene wat uit die teerstraat van wie jy is, kom peul. Jes 44:20 is waar as dit sê: “‘n bedroë hart het my verlei”. En dit laat ons dikwels op moedverloor se voorstoep: “I am forgotten like one dead from the heart; I am like a perishing vessel.” (Ps 31: 12, LitV).

Profile photo of rolienv

by rolienv

Afrika

Oktober 8, 2010 in Sonder kategorie

Nie my skryfwerk nie, maar so mooi.Oom Piet van die die overland forum het die gesKryf…dis soos ek vandag voel.

 

Ek voel sommer vanoggend so bietjie nostalgies.Weet nie eintlik hoekom. Miskien verlang ek na die bos. Verlang om iewers ‘n slingerpaadjie te gaan ry. Verlang na ‘n mooi kremetart. Verlang om Masai te staan maak onder ‘n Hunters hardekool. Verlang na ‘n sonsondergang as die son sy pastel strale op ‘n kameeldoring gaan verf. Verlang na ‘n laataand vuurtjie en die ou koffieketel sy deuntjie sing. Verlang na die seekoeie wat mekaar uitdagend vroegoggend groet.

Verlang na die hienas wat kom aas vir ‘n stukkie been. Verlang na bietjie bospap en ‘n vleisie op die kole. Verlang na ‘n renosterkoffie voor slaaptyd. Verlang na die bospatrysies wat vroeg in die grouskemer die bos laat ontwaak. Verlang na die eensaamheid van die groot sterrehemel as jy by die daktent le en uitkyk om die vrede vir ou laas in te drink voor jy in die land van drome gaan stap. Verlang na my maters wat ‘n aand mooi maak en saam diep dinge dink. Verlang daarna om net met die bos om jou onder die stortsak te staan en die water lou warm teen jou rug af paadjie soek. Verlang daarna om Masai se neus noorde toe te druk en te hoor hoe sy bande die myle eet.

Verlang na die Linyanti en die Hunters, die Savuti en Mana na Moremi en Hwange na Mamile en Kaudum na Luangwa en Pedra en Iona en die Kowareb

Swart doolhoof slingerpad

in hierdie harde ongenaakbaar stad

waar lei jou paaie heen?

Hande vas geboei op jou stuur

ry ek blindelings na jou wrede vuur

Soos mot word ek na jou lig gelok

om soos, 1000 voor my, ook geskroei te word

Jou pad is verby stukkende mense

wat vergeet het van drome en wense

Stad, waar lei jy my heen?

Willoos, doelloos, redeloos, rigtingloos

Dis wat jy van my gemaak het … Broos