Profile photo of rolienv

by

Klokkies

Oktober 29, 2010 in Sonder kategorie

Vanoggend is ek opgewonde!Ek voel vrolik en lus vir dans….ek gaan nou langs die see stap en die die dag omhels, want ek het nuwe lewe….

Ma Nita (skoonma) het vir my ‘n klokkie gebring van Switserland,en ek het hom ‘n maand gelede eers aan my sleutels vasgemaak,sommer omdat dit so suiwer klank het.Dis ‘n regte bokklokkie gemaak van koper.Min het ek geweet hoe sal die geluid my gees wakker lui nie….

Eeers het die klokkie my laat dink aan die skaapwagters wat klokkies aan die bokke was maak en dan weet hulle wanneer een afdwaal as die geluide te ver klink…dit het my aan Ps 23 laat dink.

Later het dit my laat dink aan die Hoerpriesterkleed wat klokkies aan hulle some gehad het as hulle in die Allerheiligste ingegaan het, as die klokkies gelui het, het die volk geweet die Hoerpriester is in God se teenwoordigheid en hy tree in vir hulle sondes.

Toe het die klokkie my laat dink aan Jesua wat nou

Ons Hoerpriester is en elke dag by die Vader intree vir ons, en dat ons in Sy teenwoordigheid elke dag kan lewe. Ons het nie meer klossies aan gebeddoeke wat ons aan die wet herinner nie, ons klossies is nou in ons hart…ons het ook nie meer klokkies was lui nie,Ons het Sy Gees as onderpand gekry….ons is nou soos die granaatjies tussen die klokkies.Wat die klokkies gedemp het….wat die Juk sagter maak en ons laste lig, ons is nou toegevou in genade (wit om pitte)en in Sy oe soos robyne(granaatpitte)mooi toegevou in sy hande(die dop)en is deel van die beloftes en erfenis van ons Koning….dit is vir my genoeg.Soo my klokkie lui nog steeds en elke keer onthou ek….ek is in Sy onverdiende guns ingesluit en Hy weet van my!Ek lui my klokkie vir Jesua my Messias.

3 antwoorde op Klokkies

  1. Mag die klokkies vir jou aanhou lui vaandag.

  2. rolienv het gesê op Oktober 29, 2010

    Dankie Rose vir jou ook!

  3. klokkespel hou vir my ‘n groot bekoring in Groot sowel as kleine klokkies.
    Lieflike assosiasie

Los ’n antwoord vir rosegarden. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.