Profile photo of rolienv

by

Wie gooi die dices?

Oktober 28, 2010 in Sonder kategorie

Daar was sulke spesiale oomblikke wat in my geheue gegraveer is. Sulke goeie herinneringe wat ek gekies het om te hou; soos poskaarte in my onthou files. Die res het ek weggegooi en as ek dink daaraan hoe Pa ons geslaan het en hoe kwaad hy geraak het, raak ek sommer weer bang.Hy het ons eers badkamer toe gestuur en dan staan ons vier daar in ‘n ry van oud tot jongste. Teen die tyd wat hy opgedaag het met daardie swart slang in sy hand, het die angs jou al opgeëet en dan het daai houe geval… Daardie klapgeluid en geskree het die badkamer volgemaak en die ou badkamer het gou te klein geraak. Daai slang het jou gepik en gepik en gepik tot die brand jou boude en bene so lam getrek het dat dit dood geraak het vir ‘n ruk.

Ek wonder nou nog hoekom Ma nooit kom help het nie; sy sou net die deur toe trek en verder stik met daai naaimasjien en wanneer ons uitgehuil en seer uit ons kamers gekom het, het sy net gevra of ons nie honger is nie. En dan gaan alles net aan asof niks gebeur het nie. Hu uh, daai een verstaan ek nou nog nie. Ons gatte was blou vir dae, maar die seer het vir altyd daar gebly. Kleinboet het eenkeer vir haar gevra; ”Ma jy sê dan altyd ek is jou Paddaboudjies hoekom lat jy dat Pa my so slaan?”

Pa het sulke weird goed met tye gedoen, ma het vir ons elkeen ‘’n tweedehandse chopper, dit was fietse , amper soos BMX’se vandag en dit was vir ons die wonderlikste ding om net te ry waar ons wou wees. Ons moes dan saans die choppers langs die muur in die garage gepark het sodat Pa nog kan park wanneer hy ook al huis toe gekom het, een aand het pa van die dorp af gekom en ons choppers se wiele almal stukkend gesteek met sy mes, omdat hy gevoel het hulle is nie reg parkeer nie, die choppers het vir maande in die garage se dak gehang tot ma weer geld gehad het vir wiele.

Of een keer het hy ons uit die bed uit gehaal, ‘’n helse pak slae gegee en in die bed gaan klim. Ek kan nie eers onthou hoekom nie, ek kan net onthou om so in die middel van die nag pak te kry, is soos ‘’n nagmerrie, behalwe as jy die houe die volgende oggend sien, weet jy dit was nie ‘’n droom nie.

Pa en Ma was soos dices, jy het nooit geweet wat gaan kom nie, maar gehoop jy kry ‘’n ses met een van hulle maar op spesiale dae as hulle op die dieselfde blad was, het ons twee gehad, dan was alles lekker en die lewe was goed. Meeste van die tyd het die een dice van die tafel af geval. Dan tel dit nie. Party keer was al twee daar maar al twee net ’n een. Ek het nooit geweet wie gooi daai dices nie, maar hy het nie baie luck gehad nie.

Ons het later geleer dat dit maar die loop van ons lewe is; moenie wag vir troos nie; gaan speel verder. Ons het later begin brag met wie die mooiste strepe op sy boude het. Ousus se neus het gewoonlik begin bloei en dan tel dit vir versagting. ’n Mens sou sê met so ‘n hardegat attitude soos myne, sou die seer minder wees, maar binne-in het ek elke keer gebreek as my Pa se blink ogies in die van ‘n monster verander het en die kwaad lang tande gekry het was en die ruk en die pluk erger as die houe was. So genadeloos…

11 antwoorde op Wie gooi die dices?

  1. Neander het gesê op Oktober 28, 2010

    Letsels.

  2. rolienv het gesê op Oktober 28, 2010

    Ja Neander ek stem saam! Solank ons net nie produkte van letsel word nie…. lekker om jou weer te sien!

  3. Geen kind moet met daardie vrees grootword nie…
    Ai.

  4. rolienv het gesê op Oktober 28, 2010

    Dit vreet jou van binne op, ek het ‘n spastiese dikderm op 8jaar gehad en my broer ‘n maagsweer bydie tyd dat hy 13 was.Ons het baie coping skills geleer wat ek nou sukkel om af te leer, want Jesua is ons enigste copingskill(nie dat hy ‘n copingskill is nie, wat ek bedoel is met Hom het ons nie copingskills nodig nie, Hy cope vir ons) wat ons nodig het, die res is afgode.Dankie vir omgee Rose!

  5. rolienv het gesê op Oktober 28, 2010

    Baie bly, ja ek verstaan nou baie beter…soos Neander noem, ons letsel kom maar van ander se letsel, dit is die stryd wat ons het.

  6. rolienv het gesê op Oktober 28, 2010

    Albei my ouers is baie hartseer oorlede…Party soek nie antwoorde nie, hulle aanvaar dit as deel van die lewe,ek het die antwoorde almal in die Bybel gekry en voel baie jammer vir my ma en my pa en is verskriklik lief vir hulle, hulle het die beste in hulle omstandighede gedoen en ek dra geen wrok nie….maar was vir baie lank bitter.Ek skryf sommer net die stories….omdat ek so vry is daarvan en omdat miskien net miskien kan iemand ander ook hulle self erken in hierdie stories en begin vrae vra…dit is oos ons begin heel word.

  7. lyfstraf is baie debateerbaar. Vandag bitter spyt ek het dit op my kinders toegepas, maar is so grootgemaak en geglo dit hoort so
    Pa was die sagte een maar Ma het saans gerapporteer en het geëis dat hy moet optree….

  8. rolienv het gesê op Oktober 28, 2010

    Ek hou nie daarvan nie, ek hou ook nie van wat dit doen aan mense nie en ek hou nie daarvan dat dit ons terug hou van ons volle postesiaal nie, ek hou van genesing en ek hou van heelheid…maar letsels wat genees is, wat nie meer seer is nie, vertel ‘n storie, jy is reg.Onthou jy, ek weet nie hoe oud jy is nie, daar was ‘n reeks op die TV baie jare terug.Angelique nou daar was ‘n man met so erge letsel op sy gesig wat so vreeslik lief was vir haar, daai letsel het ook vir hom so karakter gegee waarop ek smoor verlief was as kind…’n diepte !Dankie vir inloer, lekker dag!

  9. rolienv het gesê op Oktober 28, 2010

    Ek dink ‘n pak op sy tyd is soos goeie medisyne,maar as daar enige emosie by is raak dit ingewikkeld. As ons ‘n wel verdien pakslae gee vir ons kinder gee om hulle in liefde te dissiplineer is dit nie aanranding nie…die gesindheid waarin die pak gegee word dien die pyn toe!

  10. rolienv het gesê op Oktober 28, 2010

    Jip het hom vir lank saam gedra!Het met my ma se sterfbed gesien wat bitterheid aan ‘n mens doen…dit is ‘n kanker in jou siel.

  11. Sjoe, laat jy my nou sommer huil…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.