Profile photo of rolienv

by

‘n Gipseykind

Oktober 27, 2010 in Sonder kategorie

Ek mis vandag my kinderdae, die vryheid en die ongekompliseerde lewenswyse waarin daar plek is vir almal. Eenvoud was nie ‘n gebrek aan intelligensie nie, maar ‘n keuse en ‘n leefstyl. Min was meer. Hoe minder Maintenance, hoe meer lewe. ‘n Afgeskaalde, gestroopte, bevryde lewe sonder Materialisme. Reguit het oor die grens van ordentlik gegaan en eerlik het tot in die hemel gestrek. Almal het dieselfde respek verdien en God was Onse Vader en daar was nie witbroodjies nie. Goed was nie ‘n prestasie nie, maar ‘n karakter. Geluk was in atmosfeer gemeet en nie aan bates nie. Geloof was ‘n persoonlike uitdaging wat deel was van jou grootword proses en nie ‘n prestasie nie. Afronding was die klap wat jy gekry het as jy cheeky was en maniere was wat jy mag en nie mag doen as Ma se familie kom kuier het.

Pa het dinge anders gesien. Hy het geglo soos die son op almal skyn, kan niemand wegkruip vir God nie. Hy het geglo God het almal lief en dat geloof nie ‘n sisteem was wat ‘n mens moes onderhou   nie, maar dat ons almal deel van ‘n sisteem is wat God onderhou. Hoe minder jy interfere hoe beter.

Hy sê God het met hom gepraat en hom gewaarsku teen gevaar. Hy was ‘n regte daredevil. Hy sê eenkeer het die ouens hom gedêr om van ‘n baie hoë rots af te spring; en hy was nie bang nie, hy het gehardloop en net toe hy wou spring, het iets hom gekeer. Hy het gesê dit was asof iets hom terug geruk het en toe hulle ondertoe gaan, was daar rotse onder die water en hy sou hom dood geval het.

Hy het ook vas geglo dat hy God kon hoor binne hom, Ma het gesê dis omdat sy Ma ‘n gipsy was, maar ek dink ook Pa het goed weet; hy het goed geweet wat ander mense nie verstaan nie. maar ai, daardie bier het seker daardie stem verdoof; of hy het later gemaak of hy nie hoor nie, want niemand het hom in anyway geglo nie geglo nie.

2 antwoorde op ‘n Gipseykind

  1. Baie mooi geskryf.
    Hierdie is dinge waaroor ek ook so baie wonder.

  2. rolienv het gesê op Oktober 27, 2010

    Ek wonder al my hele lewe daaroor, het tussen twee extremes grootgeword.Het al balans gevind tussen goddeloosheid en godsdienstigheid, maar dit word gebalanseer op ‘n mespunt.Weet eendag sal ek myself daar kan vestig en gebalanseerd wees tussen vlees en gees.Net Jesus weet waneer!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.