Profile photo of rolienv

by

…Laat my hartseer wees as ek wil!

Oktober 27, 2010 in Sonder kategorie

Ek wil nie verduidelik of redeneer oor hoe ek voel nie, die rede hoekom ek dit verwoord is omdat ‘n mens maar meer sin uit die letterlike gevoel as die figuurlike emosie. Ek gee myself die vryheid om te verwoord hoe ek voel  en gee myself dan tyd om hierdie emosies te verwerk en in beheer te kom daarvan.Dis die doel van die oefening.Ek wil ook nie weet of ek mag of nie mag kwaad wees nie, ek wil nie weet vir wie ek mag lief wees nie en ek wil nie aan enige iemand myself regverdig nie.

Ek glo aan liefde en glo regtig liefde wen altyd, ek glo nie aan onderdrukte emosies om liefde te skep nie, ek glo ons is almal lief as ons ons emosies beheer.Hierdie is nie ek….ma en vrou en werker en christen nie, hierdie is ek wat sukkel om dinge te verwoord en te verstaan.Dis ek, uncut en nie gesensor nie,nie in beheer nie, nie aanvaarbaar vir die samelewing nie, dis ek wat praat met myself ek maak nie eers my spelfoute reg nie….dit loooooop net so uit die rou ek uit, my denke en my emosies…..dis hoekom ek blog.

Ek het al van my blogs gelees en agterna gedink , wat ‘n klomp tjol is dit, en ek het so verby dit beweeg dat ek dit nie eers kan onthou nie.Hierdie is hoe ek vandag voel….dis nie hoe ‘n mens veronderstel is om te voel nie en dit is nie normaal nie….dit is net soos dit is vandag en ek wil dit uit my uit kry en iewers sit.

As ek honderd persent altyd perfek was….hoekom sou ek hier sit voor ‘n simpel rekenaarskerm en blog???

Leef en laat wees…gee mense genoeg spasie om hulle emosies te verwerk,om te dink wat hulle wil, nie almal van ons kom ewe vinnig oor iets nie, en nie almal beleef sekere goed op die selfde manier nie….party mense is baie meer intens as ander…let them be.Gee hulle tyd , hulle het spasie nodig en genoeg insig om te kan se wat hulle wil sonder om geoordeel te word, meeste van die tyd kom hulle dadelik agter  wat hulle probleem is as hulle genoeg tyd gekry het om dit uit te kry….

Lekker aand vir almal en weet julle ….wees eerlik oor hoe jy voel en se wat jy bedoel sodat emosies nie aanpak en klippe in jou hart word nie.pak hulle uit ….onthou niemand wat ek ken lees my blog nie, so ek verwerk hierdie emosies eder op ‘n anonieme blog as voor my kinders en man….maar jy lees uit vrye keuse uit.

13 antwoorde op …Laat my hartseer wees as ek wil!

  1. Druktyd het gesê op Oktober 27, 2010

    Ek stem. Ek dink ook ons verwerk ons dinge hier! Ek voel meer heel vandat ek skryf! So wees hartseer as jy wil! En vat so lank JY nodig het! Dis beter om dit uit te skryf en skryf en skryf as jy moet! Tot JY klaar is en kan aanbeweeg!

  2. lisabeth het gesê op Oktober 27, 2010

    Is reg so…

  3. rolienv het gesê op Oktober 27, 2010

    Dankie Druktyd kan sien jy verwerk ook jou goed op ‘n stuk papier en hanteer dit dan met sorg.Mens leer om so time out te vat as jy emosioneel raak ook goed.

  4. rolienv het gesê op Oktober 27, 2010

    Dankie

  5. rolienv het gesê op Oktober 27, 2010

    Haai daar, dankie vir inloer!

  6. ek lees, jou skrywe weerspieël ongelooflike eerlikheid

  7. TS het gesê op Oktober 28, 2010

    Dis net soms as mens die emosies nie verstaan dat dit swaar word.

  8. Bly altyd so eerlik en opreg as wat jy nou is. Jy’s special 🙂

  9. rolienv het gesê op Oktober 28, 2010

    Het vir baie lank in ‘n leun gelewe omdat ek nie die waarheid in die oe wou kyk nie….ek wil dit nooit weer doen nie!

  10. rolienv het gesê op Oktober 28, 2010

    Dis nie maklik nie, maar as jy dit verf of skryf of praat begin dit sin maak, mens moet dit net nie los, omdat jy dit nie verstaan nie.

  11. rolienv het gesê op Oktober 28, 2010

    Dis reg vir my, maar nie almal is so emosioneel nie en sal hierdie proses nie in hulle lewe erken nie en sal dink dit is ‘n klomp tjol, dis hoe ek dit doen en ja dit werk vir my.Dankie maankind, het die naweek by dwarberg gaan kamp, was julle al daar, dit is pragig langs ‘n rivier en die kiddies kan visvang….pragtige groen gras oral, daar is huissies ook en staproetes en bike trails….gaan loer op hulle webblad.Lekker naby!

  12. rolienv het gesê op Oktober 28, 2010

    Dankie Rose jy is ‘n bos pienk rose vir my broos hart vanoggend, ek sal hierdie woorde in die water sit en troetel….ek weet ek sal fine wees, weet nie wat met my aangaan.

  13. rolienv het gesê op Oktober 28, 2010

    Dis wonderlik, dan het julle nie ‘n vakansie nodig nie, ons geniet dit om die land te verken. Lekker vakansie vir jou!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.