Profile photo of rolienv

by

Emosies

Oktober 27, 2010 in Sonder kategorie

Ek vind uit my liefste rook nog steeds….ja julle het dit seker verwag, maar ek is die goedgelowige moeder wat regtig beluit het om haar te glo toe se gese het sy sal nooit weer, en dit was net ‘n fout.Ek weet sy mag dalk eers oor 50jaar ophou, maar ai het maar net gehoop, mens glo met tye wat jy wil glo!

Ek voel….teleurgesteld , in die verlies in vertroue wat ek ervaar en dit gaan oor in hartseer (grief)

Ek voel …kwaad, dat ek haar weer vertrou het en dat sy vir my gejok het (anger)

Ek voel…. jaloers op ander ouers wat ouerskap so maklik laat lyk en hulle kinders daarvan getuig (jelous)

Ek voel…liefde vir haar en weet hoe moeilik dit is om so graag aanvaar te word dat jy verander, om in te pas (love)

Ek voel …bang dat sy verder sal gaan om meer aanvaar te word en dat ons verhouding deur die nikotien vergiftig sal word lank voor dit ‘n efek op haar longe sal he.(fear)

Ek voel …onbevoeg om haar weer op die regte pad te bring en te verseker van aanvaarding en haar te help om haarself te help en weet nie wat op aarde het gemaak dat sy so onseker is nie en wonder of ek dit nog doen?

Ek voel…vrede soos ek hierdie emosies oorgee aan Jesua en ek kry hoop dat Hy genesing sal bring en ek kry ‘n belofte dat Hy haar nooit sal verlaat nie, selfs al rook sy nie….ek kry liefde dat Hy my aanvaar het, toe ek hom nie aanvaar het nie, en dat Hy haar sal leer om haarself en die om haar sal aanvaar…..en so ook aanvaar word.

Ek voel ….dankbaar vir elke leser van hierdie blog wat nie oordeel nie, maar weet alles wat ons het is genade!

11 antwoorde op Emosies

  1. Dis seker die moeilikste ding vir ‘n ouer – die dag wat jy regtig besef jy kan nie van jou kind iets maak wat hulle nie wil wees nie.

  2. rolienv het gesê op Oktober 27, 2010

    Ai Rose, as ek net kon keer dat sy die selfde foute as ek maak, moet sy dan dieselfde pad stap?Ek bid so hard dat my kinders nie dieselfde paadtjie sal kies nie, maar dis dan seker maar ‘n roete van ons geslag….ek wil so graag he, Jesua moet alles fix en tog laat Hy ons oor aan ons eie keuses en besluite al van die Paradys af….dis sooooo harseer vir my.Maar weet dit is genade…om ons aan genade oor te laat….Sy genade is altyd genoeg.

  3. TS het gesê op Oktober 27, 2010

    … sug… wil jy nou hê ek moet verlede jaar se tjanksessie voortsit

  4. rolienv het gesê op Oktober 27, 2010

    Aaaaag Tina, ek is leeggetjank, en ek weet, eintlik het niks gebeur, sy is nie siek nie, niemand is dood nie…dis my eie vooropgestelde idees van hoe sy gaan wees as sy groot is wat nou afgebreek het, nog ‘n flippen boksie, ek haat boksies ek kap sommer ‘n boom af, of spring uit een of ….!(net ‘n grappie…ek sal my emosies onder beheer kry…soon!Belowe Maankind)

  5. Druktyd het gesê op Oktober 27, 2010

    DANKIE!! Jy het my ook laat voel. Ek voel self so baie van jou emosies, veral omdat myne nog klein is. Veral die …jaloers een. Wonder soms of almal nie so voel en nie net voor almal maak of kindersgrootmaak so “maklik” is nie, want vir my is dit beslis nie!! DANKIE

  6. rolienv het gesê op Oktober 27, 2010

    Aag druktyd,elke fase het seker sy uitdagings, maar vandag voel ek onbevoeg en en wonder of ek ooit ‘n ma moet wees, nie uit ‘n gebrek aan liefde vir hulle nie, maar aan ‘n gebrek aan ma wees.

  7. louisna het gesê op Oktober 27, 2010

    Leef en laat leef. Dis al wat ek kan se. Dit maak haar mos nie ‘n mindere mens nie. Sorry, ek het ‘n gedokumenteerde voorliefde vir girls wat rook, wat dit lyk tog so stylvol, al het ek nie dogters nie, en al rook mammie nie. Jammer as dit nie is wat jy graag wou hoor nie.

  8. rolienv het gesê op Oktober 27, 2010

    Jy kan se wat jy wil, dis jou voorkeur.Ek geniet jou blatante eerlikheid, dit maak jou eg.Ek weet wat jy bedoel en ek probeer baie hard om ‘n bietjie te let go, wat is die issue, ek het gerook, maar dis net vir my so ‘n groot teleurstelling…aanvaarding kom met tye met tyd.Ek nog net so lief vir haar en ons is nie kwaad vir mekaar nie,en sy is nie minder nie, dis net die valsheid en agterbaksheid wat daarmee saamgaan….ek het altyd gese as my kinders wil rook moet hulle in die huis rook, nou sing ek ‘n ander liedtjie.

  9. louisna het gesê op Oktober 27, 2010

    Ek het begrip vir jou dilemma. Al wat ek eintlik wil se is have a heart.

  10. rolienv het gesê op Oktober 27, 2010

    I am trying here you know!Dis waaroor emosies gaan,jy moet eers sin maak uit warboel van emosies wat jy ervaar voor jy reageer daarop.Uiteindelik vergewe en vegeet ‘n mens altyd.Ek is nie so kwaai soos jy dink nie,ek is maar net ‘n ma…

  11. louisna het gesê op Oktober 27, 2010

    Maak vrede Thandi. As jou dogter ophou rook, beskou dit as ‘n bonus, vir haar en vir jou.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.