Profile photo of rolienv

by

Ware liefde…

Oktober 22, 2010 in Sonder kategorie

Ma het vertel hulle het milkshakes gedrink saam die ander nooientjies na ‘n volkspele dans, toe Pa met sy motorfiets dwarsdeur die restaurant se venster gery het; hy sê hy het probeer wheelie om af te show voor die pragtige meisies met hulle pop rokkies aan, toe het die bike so bietjie meer krag as wat hy verwag het. Daar ry hy toe amper vir Ma dood in die restaurant en lê toe daar reg voor Ma se verskrikte oë!

Ma sê sy was sommer dadelik verlief toe sy in sy potblou oë kyk en hy was totaal en al verlore by Ma.

Ma was pragtig; so vol lewe en liefde. Ek dink vir Ma was Pa alles wat sy nie was nie en Pa was Ma alles wat hy nie was nie. Ma het elke keer die storie so bietjie verander, maar sy was altyd so gelukkig as sy dit vertel het. Sy kon almal se name onthou, waar die restaurant was en die jukebox! Elke keer het hy ‘n ander song gespeel op daai jukebox  en dan sing sy dit so lekker terwyl sy stik en haar koppie wat so van kant tot kant draai….”Take that ribbon out you hair….let it lose and let it fall….” ’n Love story! Amper soos Grease; net beter!

7 antwoorde op Ware liefde…

  1. Maghitta het gesê op Oktober 22, 2010

    wens ek was so gelukkig

  2. rolienv het gesê op Oktober 22, 2010

    my ma was nie gelukkig nie, maar sy het was geklou aan dit wat haar gelukkig gemaak het, sy het ‘n bitter swaar lewe gehad, maar daar die mooiherinneringe kon altyd daardie mooi in haar uitbring.

  3. rolienv het gesê op Oktober 22, 2010

    Dankie!

  4. Va so voor haar neer nadat haar skoonheid hom tydelik verblind het

  5. rolienv het gesê op Oktober 22, 2010

    Sy was ‘n ware skoonheid, vol lewensvreugde.Dankie vir die inloer.

  6. Dis SO ‘n mooi storie!

  7. rolienv het gesê op Oktober 25, 2010

    Dankie Rose haar stories was regtig so mooi!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.