by

Petty partys van christinne!

Oktober 21, 2010 in Sonder kategorie

Nou ek is sommer vanoggend omgekrap. Ek sit nou my voet daarin maar ek wonder.Hoekom om aarde moet christenne altyd op die bandwagon klim en skree hiehaaa as hulle nie eers weet waarnatoe gaan die wa die.

Wat is dit met christenne….leef kan by enige winkel gekry word en by elke kafee…jy kan dit met die pos bestel en hulle lewer dit af by jou deur…ek meen wat is die probleem,nou as jy nou jou leef by woolies gekoop het en nou kan jy dit nie meer daar kry nie, gaan koop dit elders!

Die meeste van die christenne wat nou so aangaan het nog nooit eers ‘n christen tydskrif gekoop nie, en weet julle wat as jy nie meer ‘n christen tydskrif het nie, lees die bybel!Ons is die wat vir ander ‘n voorbeeld moet stel en tog is daar altyd een of ander petty party aan die die gang oor hierdie minderbevooregte nasie van God, ek is baie kwaad, want as ons nie oor hierdie losermentaliteit gaan kom nie, gaan geen mens gemotiveerd wees om ons party te join nie.

Om te gaan toi toi oor tydskrifte is so petty dis nie net belaglik nie, dis vern ederend  en totaal en al onsinnig!

As jy ‘n besigheid het en iets op jou rak verkoop nie, dan haal jy dit af!Dis ‘n goeie besigheids besluit….wysheid sou ek dit noem.As christenne chrstentydskrifte wil he, moet hulle dit ondersteun en koop dat dit kan verkoop op die rakke, maar inplaas van een of twee is daar nou al soveel honderd christen tydskrifte dat hulle hulle eie kele afsny!

Hoe verwag ons as ons nie in eenheid mekaar kan ondersteun dat ‘n wereldse sisteem wat winsgeorienteerd is ons gaan ondersteun????

5 antwoorde op Petty partys van christinne!

  1. Dit het my net so boos gemaak. Hoekom raak Christene so offended deur alles?!

  2. rolienv het gesê op Oktober 21, 2010

    Liggeraak en onverdraagsaam…ek is ‘n christen en as ek christentydskrifte in my winkel verkoop het, en dit het nie verkoop nie…sou ek dit af haal.Sal hulle my dan so gestenig net.Meantime kry Lig en Leef en Woolies baie publisiteit en die christenne lyk soos ape!

  3. TS het gesê op Oktober 21, 2010

    hehehe… ja baie het nie geld om een keer ‘n maand so tydskrif te koop maar die Huisenoot is deel van die koslysie… skreeu ‘wolf, wolf’ want mense moet darem weet ek is ‘n Christen

  4. Druktyd het gesê op Oktober 21, 2010

    Ek stem ook!

  5. rolienv het gesê op Oktober 21, 2010

    Ons is nie daar om van hulle en ons te praat nie, ons is daar om die lig te wees. So as iemand benadeel was sou ons hulle moes aanhoor en respekteer en hulle in liefde praobeer tevrede stel…ons is mense die hele lot van ons…ons woon op aarde en God maak nie onderskeid tussen een van ons nie…Wat is God se hart vir ons…ek kan nie vir Jesus sien toi toi of boikot of aangaan soos die christenne aangaan nie. Dis tipiese gedrag van iemand wat benadeel is…ons is nie veronderstel om tipies te wees nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.