Jy blaai in die argief vir 2010 Oktober.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Klokkies

Oktober 29, 2010 in Sonder kategorie

Vanoggend is ek opgewonde!Ek voel vrolik en lus vir dans….ek gaan nou langs die see stap en die die dag omhels, want ek het nuwe lewe….

Ma Nita (skoonma) het vir my ‘n klokkie gebring van Switserland,en ek het hom ‘n maand gelede eers aan my sleutels vasgemaak,sommer omdat dit so suiwer klank het.Dis ‘n regte bokklokkie gemaak van koper.Min het ek geweet hoe sal die geluid my gees wakker lui nie….

Eeers het die klokkie my laat dink aan die skaapwagters wat klokkies aan die bokke was maak en dan weet hulle wanneer een afdwaal as die geluide te ver klink…dit het my aan Ps 23 laat dink.

Later het dit my laat dink aan die Hoerpriesterkleed wat klokkies aan hulle some gehad het as hulle in die Allerheiligste ingegaan het, as die klokkies gelui het, het die volk geweet die Hoerpriester is in God se teenwoordigheid en hy tree in vir hulle sondes.

Toe het die klokkie my laat dink aan Jesua wat nou

Ons Hoerpriester is en elke dag by die Vader intree vir ons, en dat ons in Sy teenwoordigheid elke dag kan lewe. Ons het nie meer klossies aan gebeddoeke wat ons aan die wet herinner nie, ons klossies is nou in ons hart…ons het ook nie meer klokkies was lui nie,Ons het Sy Gees as onderpand gekry….ons is nou soos die granaatjies tussen die klokkies.Wat die klokkies gedemp het….wat die Juk sagter maak en ons laste lig, ons is nou toegevou in genade (wit om pitte)en in Sy oe soos robyne(granaatpitte)mooi toegevou in sy hande(die dop)en is deel van die beloftes en erfenis van ons Koning….dit is vir my genoeg.Soo my klokkie lui nog steeds en elke keer onthou ek….ek is in Sy onverdiende guns ingesluit en Hy weet van my!Ek lui my klokkie vir Jesua my Messias.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Wie gooi die dices?

Oktober 28, 2010 in Sonder kategorie

Daar was sulke spesiale oomblikke wat in my geheue gegraveer is. Sulke goeie herinneringe wat ek gekies het om te hou; soos poskaarte in my onthou files. Die res het ek weggegooi en as ek dink daaraan hoe Pa ons geslaan het en hoe kwaad hy geraak het, raak ek sommer weer bang.Hy het ons eers badkamer toe gestuur en dan staan ons vier daar in ‘n ry van oud tot jongste. Teen die tyd wat hy opgedaag het met daardie swart slang in sy hand, het die angs jou al opgeëet en dan het daai houe geval… Daardie klapgeluid en geskree het die badkamer volgemaak en die ou badkamer het gou te klein geraak. Daai slang het jou gepik en gepik en gepik tot die brand jou boude en bene so lam getrek het dat dit dood geraak het vir ‘n ruk.

Ek wonder nou nog hoekom Ma nooit kom help het nie; sy sou net die deur toe trek en verder stik met daai naaimasjien en wanneer ons uitgehuil en seer uit ons kamers gekom het, het sy net gevra of ons nie honger is nie. En dan gaan alles net aan asof niks gebeur het nie. Hu uh, daai een verstaan ek nou nog nie. Ons gatte was blou vir dae, maar die seer het vir altyd daar gebly. Kleinboet het eenkeer vir haar gevra; ”Ma jy sê dan altyd ek is jou Paddaboudjies hoekom lat jy dat Pa my so slaan?”

Pa het sulke weird goed met tye gedoen, ma het vir ons elkeen ‘’n tweedehandse chopper, dit was fietse , amper soos BMX’se vandag en dit was vir ons die wonderlikste ding om net te ry waar ons wou wees. Ons moes dan saans die choppers langs die muur in die garage gepark het sodat Pa nog kan park wanneer hy ook al huis toe gekom het, een aand het pa van die dorp af gekom en ons choppers se wiele almal stukkend gesteek met sy mes, omdat hy gevoel het hulle is nie reg parkeer nie, die choppers het vir maande in die garage se dak gehang tot ma weer geld gehad het vir wiele.

Of een keer het hy ons uit die bed uit gehaal, ‘’n helse pak slae gegee en in die bed gaan klim. Ek kan nie eers onthou hoekom nie, ek kan net onthou om so in die middel van die nag pak te kry, is soos ‘’n nagmerrie, behalwe as jy die houe die volgende oggend sien, weet jy dit was nie ‘’n droom nie.

Pa en Ma was soos dices, jy het nooit geweet wat gaan kom nie, maar gehoop jy kry ‘’n ses met een van hulle maar op spesiale dae as hulle op die dieselfde blad was, het ons twee gehad, dan was alles lekker en die lewe was goed. Meeste van die tyd het die een dice van die tafel af geval. Dan tel dit nie. Party keer was al twee daar maar al twee net ’n een. Ek het nooit geweet wie gooi daai dices nie, maar hy het nie baie luck gehad nie.

Ons het later geleer dat dit maar die loop van ons lewe is; moenie wag vir troos nie; gaan speel verder. Ons het later begin brag met wie die mooiste strepe op sy boude het. Ousus se neus het gewoonlik begin bloei en dan tel dit vir versagting. ’n Mens sou sê met so ‘n hardegat attitude soos myne, sou die seer minder wees, maar binne-in het ek elke keer gebreek as my Pa se blink ogies in die van ‘n monster verander het en die kwaad lang tande gekry het was en die ruk en die pluk erger as die houe was. So genadeloos…

Profile photo of rolienv

by rolienv

…Laat my hartseer wees as ek wil!

Oktober 27, 2010 in Sonder kategorie

Ek wil nie verduidelik of redeneer oor hoe ek voel nie, die rede hoekom ek dit verwoord is omdat ‘n mens maar meer sin uit die letterlike gevoel as die figuurlike emosie. Ek gee myself die vryheid om te verwoord hoe ek voel  en gee myself dan tyd om hierdie emosies te verwerk en in beheer te kom daarvan.Dis die doel van die oefening.Ek wil ook nie weet of ek mag of nie mag kwaad wees nie, ek wil nie weet vir wie ek mag lief wees nie en ek wil nie aan enige iemand myself regverdig nie.

Ek glo aan liefde en glo regtig liefde wen altyd, ek glo nie aan onderdrukte emosies om liefde te skep nie, ek glo ons is almal lief as ons ons emosies beheer.Hierdie is nie ek….ma en vrou en werker en christen nie, hierdie is ek wat sukkel om dinge te verwoord en te verstaan.Dis ek, uncut en nie gesensor nie,nie in beheer nie, nie aanvaarbaar vir die samelewing nie, dis ek wat praat met myself ek maak nie eers my spelfoute reg nie….dit loooooop net so uit die rou ek uit, my denke en my emosies…..dis hoekom ek blog.

Ek het al van my blogs gelees en agterna gedink , wat ‘n klomp tjol is dit, en ek het so verby dit beweeg dat ek dit nie eers kan onthou nie.Hierdie is hoe ek vandag voel….dis nie hoe ‘n mens veronderstel is om te voel nie en dit is nie normaal nie….dit is net soos dit is vandag en ek wil dit uit my uit kry en iewers sit.

As ek honderd persent altyd perfek was….hoekom sou ek hier sit voor ‘n simpel rekenaarskerm en blog???

Leef en laat wees…gee mense genoeg spasie om hulle emosies te verwerk,om te dink wat hulle wil, nie almal van ons kom ewe vinnig oor iets nie, en nie almal beleef sekere goed op die selfde manier nie….party mense is baie meer intens as ander…let them be.Gee hulle tyd , hulle het spasie nodig en genoeg insig om te kan se wat hulle wil sonder om geoordeel te word, meeste van die tyd kom hulle dadelik agter  wat hulle probleem is as hulle genoeg tyd gekry het om dit uit te kry….

Lekker aand vir almal en weet julle ….wees eerlik oor hoe jy voel en se wat jy bedoel sodat emosies nie aanpak en klippe in jou hart word nie.pak hulle uit ….onthou niemand wat ek ken lees my blog nie, so ek verwerk hierdie emosies eder op ‘n anonieme blog as voor my kinders en man….maar jy lees uit vrye keuse uit.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Emosies

Oktober 27, 2010 in Sonder kategorie

Ek vind uit my liefste rook nog steeds….ja julle het dit seker verwag, maar ek is die goedgelowige moeder wat regtig beluit het om haar te glo toe se gese het sy sal nooit weer, en dit was net ‘n fout.Ek weet sy mag dalk eers oor 50jaar ophou, maar ai het maar net gehoop, mens glo met tye wat jy wil glo!

Ek voel….teleurgesteld , in die verlies in vertroue wat ek ervaar en dit gaan oor in hartseer (grief)

Ek voel …kwaad, dat ek haar weer vertrou het en dat sy vir my gejok het (anger)

Ek voel…. jaloers op ander ouers wat ouerskap so maklik laat lyk en hulle kinders daarvan getuig (jelous)

Ek voel…liefde vir haar en weet hoe moeilik dit is om so graag aanvaar te word dat jy verander, om in te pas (love)

Ek voel …bang dat sy verder sal gaan om meer aanvaar te word en dat ons verhouding deur die nikotien vergiftig sal word lank voor dit ‘n efek op haar longe sal he.(fear)

Ek voel …onbevoeg om haar weer op die regte pad te bring en te verseker van aanvaarding en haar te help om haarself te help en weet nie wat op aarde het gemaak dat sy so onseker is nie en wonder of ek dit nog doen?

Ek voel…vrede soos ek hierdie emosies oorgee aan Jesua en ek kry hoop dat Hy genesing sal bring en ek kry ‘n belofte dat Hy haar nooit sal verlaat nie, selfs al rook sy nie….ek kry liefde dat Hy my aanvaar het, toe ek hom nie aanvaar het nie, en dat Hy haar sal leer om haarself en die om haar sal aanvaar…..en so ook aanvaar word.

Ek voel ….dankbaar vir elke leser van hierdie blog wat nie oordeel nie, maar weet alles wat ons het is genade!

Profile photo of rolienv

by rolienv

‘n Gipseykind

Oktober 27, 2010 in Sonder kategorie

Ek mis vandag my kinderdae, die vryheid en die ongekompliseerde lewenswyse waarin daar plek is vir almal. Eenvoud was nie ‘n gebrek aan intelligensie nie, maar ‘n keuse en ‘n leefstyl. Min was meer. Hoe minder Maintenance, hoe meer lewe. ‘n Afgeskaalde, gestroopte, bevryde lewe sonder Materialisme. Reguit het oor die grens van ordentlik gegaan en eerlik het tot in die hemel gestrek. Almal het dieselfde respek verdien en God was Onse Vader en daar was nie witbroodjies nie. Goed was nie ‘n prestasie nie, maar ‘n karakter. Geluk was in atmosfeer gemeet en nie aan bates nie. Geloof was ‘n persoonlike uitdaging wat deel was van jou grootword proses en nie ‘n prestasie nie. Afronding was die klap wat jy gekry het as jy cheeky was en maniere was wat jy mag en nie mag doen as Ma se familie kom kuier het.

Pa het dinge anders gesien. Hy het geglo soos die son op almal skyn, kan niemand wegkruip vir God nie. Hy het geglo God het almal lief en dat geloof nie ‘n sisteem was wat ‘n mens moes onderhou   nie, maar dat ons almal deel van ‘n sisteem is wat God onderhou. Hoe minder jy interfere hoe beter.

Hy sê God het met hom gepraat en hom gewaarsku teen gevaar. Hy was ‘n regte daredevil. Hy sê eenkeer het die ouens hom gedêr om van ‘n baie hoë rots af te spring; en hy was nie bang nie, hy het gehardloop en net toe hy wou spring, het iets hom gekeer. Hy het gesê dit was asof iets hom terug geruk het en toe hulle ondertoe gaan, was daar rotse onder die water en hy sou hom dood geval het.

Hy het ook vas geglo dat hy God kon hoor binne hom, Ma het gesê dis omdat sy Ma ‘n gipsy was, maar ek dink ook Pa het goed weet; hy het goed geweet wat ander mense nie verstaan nie. maar ai, daardie bier het seker daardie stem verdoof; of hy het later gemaak of hy nie hoor nie, want niemand het hom in anyway geglo nie geglo nie.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Die kerk en die bar woon bymekaar.

Oktober 26, 2010 in Sonder kategorie

Hy het geglo dat skinder ‘n groter sonde as drink was, so het hy sy drinkery altyd reg gepraat as Ma so aangaan omdat sy alleen in die kerk moes sit en omdat die gemeente skinder. As ons van die kerk af gekom het was hy al so twee of drie biere sterk en ‘n gruwel in Ma se oë. Sy het dan met daardie klik klak skoene kamer toe gestorm en daardie deftige kerkklere uitgaan trek en dan met haar huis draklere agter die potte gaan park.

Pa wou eintlik net daar buite sit en ‘n bietjie braai, want dit is wat ‘n mens doen op ‘n Sondag; jy braai….Ons sal dan vir die res van die Sondag daar onder in Ma se “sunken down” braaivleisplek sit en kuier terwyl Ma nog ‘n Paar verstellings aan haar rotstuin gemaak het. Soos Ma met haar hande so diep in die grond gegrawe het, het sy rustiger geraak. Ek dink die aarde het die kwaad uitgetrek. Ek het partykeer vir Ma so dopgehou terwyl sy so afgekoel het in die tuin. Ek dink Party Sondae wou sy ook net by die huis bly, maar dit was asof sy bang was vir die Dominee of was dit miskien vir Lettie.

Ma het die gat laat grawe en toe die res self gedoen. Sy het die vloer met leiklip en sement gegooi en die walle uitgeplant met vetplante, klein en groot. Die rotse tussen in het maar gebeur soos Pa hulle gaan haal het. Dit was baie mooi en sy het haar doodgewerk daaraan. Pa het vir lank die verskoning gebruik om Trekoskraal toe te gaan. Hy is vroeg dag weg om klippe te gaan haal vir die tuin om in die aand terug te kom met ‘n paar; Ma was maar te dankbaar. Elke klip was vir haar soos ‘n ornament en het ‘n spesiale plekkie gekry.

As Ma so vir ‘n ruk lank daar in die grond gegrawe het , was sy heel rustig. Sy het dan later sommer net daar in die tuin op die grond bly sit en saam met ons gepraat en gelag oor dinge van die verlede en simpel goed wat ons al aangevang het. Dan het ons lekker verder aan die tafel gaan kuier met ons braaibroodjies of krummelpap en ‘n lekker slaai.

Een Sondag het Kleinboet te na aan Pa gesit; elke keer wat Pa gedraai het na die vuur het, het hy ‘n Paar slukke bier gevat en by die tyd wat ons heel rustig aan tafel gaan sit het, het hy met daai twee klein handjies vasgehou aan die tafel vir lewe. Toe Ma vra hoekom hy nie eet nie het hy met daai tuit bekkie gemompel; ”Dit voel of ek in ‘n vlietuig is”. Ma het sommer dadelik geweet en het kwaai vir Pa geskree;”Die kind is gesuip!” . Pa het gedink dit was baie snaaks.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Verkeerd

Oktober 22, 2010 in Sonder kategorie

Wil net se dat ek nie my sterk opinie van gister gaan probeer regverdig nie, dit was ongevraagd en ek is seker dit het mense omgekrap. Dit is hoe ek voel en ek gaan nie jok daaroor nie, maar die wat nie so voel nie is heeltemal welkom tot ‘n ander opinie en ek sal dit graag wil hoor.

Ek het net geleer in ons huwelik waar my man ‘n nie gelowige is nie, om nooit my geloof te verdedig of heftig daarvoor op te staan nie, maar in karakter meer te wees as wat hy verwag, dit dra groter krag en praat vanself.Dit is hoe ek my gloof uitleef, ek kan dit die praat of vededig of beveg nie, maar ek is seker en oortuig daarvan dat ons kampvegters nodig het…

My blog is ‘n vent vir my, ek kom sit hier en maak leeg, niemand ken my nie, maar ek wil niemand benadeel of beinvloed nie…positief as ek kan.So al wat ek wil se…is hey its weekend, relax with the people you love and have a good time!

En onthou ek blaas net stoom af….moenie dink my blok is aan die brand nie!

Profile photo of rolienv

by rolienv

Ware liefde…

Oktober 22, 2010 in Sonder kategorie

Ma het vertel hulle het milkshakes gedrink saam die ander nooientjies na ‘n volkspele dans, toe Pa met sy motorfiets dwarsdeur die restaurant se venster gery het; hy sê hy het probeer wheelie om af te show voor die pragtige meisies met hulle pop rokkies aan, toe het die bike so bietjie meer krag as wat hy verwag het. Daar ry hy toe amper vir Ma dood in die restaurant en lê toe daar reg voor Ma se verskrikte oë!

Ma sê sy was sommer dadelik verlief toe sy in sy potblou oë kyk en hy was totaal en al verlore by Ma.

Ma was pragtig; so vol lewe en liefde. Ek dink vir Ma was Pa alles wat sy nie was nie en Pa was Ma alles wat hy nie was nie. Ma het elke keer die storie so bietjie verander, maar sy was altyd so gelukkig as sy dit vertel het. Sy kon almal se name onthou, waar die restaurant was en die jukebox! Elke keer het hy ‘n ander song gespeel op daai jukebox  en dan sing sy dit so lekker terwyl sy stik en haar koppie wat so van kant tot kant draai….”Take that ribbon out you hair….let it lose and let it fall….” ’n Love story! Amper soos Grease; net beter!

Profile photo of rolienv

by rolienv

Petty partys van christinne!

Oktober 21, 2010 in Sonder kategorie

Nou ek is sommer vanoggend omgekrap. Ek sit nou my voet daarin maar ek wonder.Hoekom om aarde moet christenne altyd op die bandwagon klim en skree hiehaaa as hulle nie eers weet waarnatoe gaan die wa die.

Wat is dit met christenne….leef kan by enige winkel gekry word en by elke kafee…jy kan dit met die pos bestel en hulle lewer dit af by jou deur…ek meen wat is die probleem,nou as jy nou jou leef by woolies gekoop het en nou kan jy dit nie meer daar kry nie, gaan koop dit elders!

Die meeste van die christenne wat nou so aangaan het nog nooit eers ‘n christen tydskrif gekoop nie, en weet julle wat as jy nie meer ‘n christen tydskrif het nie, lees die bybel!Ons is die wat vir ander ‘n voorbeeld moet stel en tog is daar altyd een of ander petty party aan die die gang oor hierdie minderbevooregte nasie van God, ek is baie kwaad, want as ons nie oor hierdie losermentaliteit gaan kom nie, gaan geen mens gemotiveerd wees om ons party te join nie.

Om te gaan toi toi oor tydskrifte is so petty dis nie net belaglik nie, dis vern ederend  en totaal en al onsinnig!

As jy ‘n besigheid het en iets op jou rak verkoop nie, dan haal jy dit af!Dis ‘n goeie besigheids besluit….wysheid sou ek dit noem.As christenne chrstentydskrifte wil he, moet hulle dit ondersteun en koop dat dit kan verkoop op die rakke, maar inplaas van een of twee is daar nou al soveel honderd christen tydskrifte dat hulle hulle eie kele afsny!

Hoe verwag ons as ons nie in eenheid mekaar kan ondersteun dat ‘n wereldse sisteem wat winsgeorienteerd is ons gaan ondersteun????

Profile photo of rolienv

by rolienv

Huwelik

Oktober 20, 2010 in Sonder kategorie

Ek is sommer hartseer vanoggend oor al die mislukte huwelike om my.Die swaarkry en die hartseer.Dis asof liefde ‘n kortverhaal geraak het met ‘n dramatiese einde…wat volg op nog ‘n kortverhaal.

Ek lees nou die dag in ‘n boek en dit is so waar….as jy dink jy is reg, sal jy altyd reg wees en die bewyse kry om dit te staaf.Selfregverdiging is ‘n kanker wat liefde teer.Ek is lief vir jou…..maar, jy verstaan my nie, of jy doen niks in die huis nie, of jy het ‘n afair gehad, of jy is nooit by die huis nie.As ons op die negatiewe fokus sal ons negatief beinvloed word en andersom.

My huwelik is alles behalwe volmaak, maar ek het al geleer om my man se frans te verstaan en hy het my italiaans begin verstaan. Ons is uiteenlopende persoonlikhede , maar het met tyd ‘n plek gevind waarin ons mekaar vind. Waarin ons nie probeer verstaan, of reg en verkeerd is, waar ons net ons kan wees en mekaar kan geniet in al ons andersheid. Hy verstaan glad nie my geloof nie en is ‘n baie feitlike realis, ek baie abstrak en simbolies….en tog leer ek sooo baie by hom en hy by my, dit vry af op mekaar.In die begin wou ons mekaar verander, en vir ‘n ruk wat altwee die heeltyd op verdediging.Nou het ons darem al ons gards laat sak en kan weer by mekaar uitkom en mekaar geniet.

Die huwelik is nie ‘n hofsaak waarin daar ‘n regter (jy) ‘n beskuldigde(jou man) en elkeen se advokate (julle vriende) is nie….’n huwelik is ‘n instelling, dis ‘n besluit en uit daardie besluit kom verantwoordelikhede wat hoort by daardie beluit.Jy het jou man gekies, jy was lief vir hom, jy het kinder gekry en hulle is lief vir mekaar….julle is een, ‘n gesin.Dit hoort so…dit is reg.As jy wonder daaroor…dink weer.Hoekom soek jy uitkoms, ‘n exit…omdat dinge moeilik raak, jy moet nou van jouself begin gee, jy moet nou opoffer, jy kan nie maak wat jy wil nie….

Ek oordeel nie mense wat skei nie, ek vra net dat die wat nog nie geskei is nie sal mooi dink.Die huwelik is reg…die kinders in die huwelik is reg…julle wat met alle mag probeer om saam te bly om ‘n gesin te vorm is reg. Ja dit is nie maklik nie maar om elke dag met daardie vraag rond te loop asof dit ‘n opsie is is egskeiding….jy looop met egskeiding in jou hart rond as dit vir jou ‘n opsie is.Egskeiding is nie ‘n keuse nie…dit is nie ‘n opsie nie…egskeiding is wanneer twee mense mekaar so gebreek het dat die huwelik verbrokkel.Dat val in stukke….dit breek….dit is nie aksie wat doelgerig plaasvind nie.

Maar mense wat die een aand nog kan lag en gesels oor kerslig en die volgende dag wonder of hulle moet skeid is net onstabiel en hulle moet daaraan werk, nie aan hulle huwelik nie.Vroue se hormone is hulle vyande. As dit eendag voel vir jou of jou man lief is vir jou en die ander dag nie, voel jy nie lekker nie en moet miskien dink daaraan dat liefde nie ‘n gevoel is nie, maar ‘n band wat versterk word met commitment.As jy twyfel sien dit vir die vyand wat dit is….liefde is sterker as enige mag op aarde. Dit ruk ‘n ander vrou uit jou man se arms, dit maak ‘n gebroke hart heel, dit troos die diepste seer, dit maak nuut, dit bring nuwe lewe dit is wat die huewelik in stand hou.Die wat jy dink en wat jy voel nie.Jou begeertes en jou drome moet nou plek maak vir ‘n huwelik. En as die huwelik gesond is sal daar nog plek wees vir jou begeertes en drome ook. Dit vat net meer eersteplek nie. Jou huwelik eerste….en en liefde sal jou begeertes en jou drome dan wees om vir jou man te gee wat hy begeer en wat hy droom. Liefde gaan altyd oor die ander persoon nie jouself nie. Die teenoorgestelde van liefde is nie haat nie, want dit is nie ‘n emosie nie….die teenoorgestelde van liefde is selfsug.Die oomblik as daar selfsug in julle huwelik is is dit ‘n te kort aan liefde….moenie wat daarvoor nie, gee dit.Liefde is ‘n diens….groter liefde as dit ken ons nie, om jou naaste lief te he soos jou self….Jesus het Homself aan die kruis gegee…..en almal wat hom gekruising het vergewe. Hy het geweet hulle weet nie wat hulle doen nie. Jou man is selfsugtig, en ja is verkeerd en ja hy verstaan jou nie….maar hy dink hy is reg.Laat los tog die reg wees….vergewe en vergeet en werk aan daardie droom van ‘n gelukkige huwelik en ‘n gelukkige gesin.

Sooos met alle dromme werk ons hart aan ….musikante en kunstenaar werk vir jare aan daardie droom van hulle om eendag die beste te kan wees. Hulle gee van hulle self, hulle dit ure in die moeite en opofferings ….hulle beeiwerk hulle daartoe om te groei en beter te word. As ons ons beeiwer in ons huwelik, sonder twyfel en ons sit alles in en ons is bereid om te werk en op te offer en nie te kyk wie is reg en wie is verkeerd nie , sal ons daardie droom kan waarmaak, nie net vir onsself nie, maar vir ons mans en ons kinders….ons sal daardie droom kan lewe van ‘n heel gesin, ‘n heel huwelik.Hard werk en opoffer….niks kom van self nie, behalwe dood.As ons niks doen nie….sal ons huwelike dood gaan.

God haat egskeidings….en Hy haat sonde!Hy het twee opdragte vir die huwelik gegee. Mans julle moet julle vroue lief he, en vroue julle moet julle mans eer.As jy jou man eer….sal hy vir jou lief wees.(lees liefde en respek)daar staan nie wie moet eerste begin nie, as jy sal ek of niks nie….as jy nie liefde het nie….vra vir jouself eer ek regtig my man, onvoorwaardelik of hy dit verdien en of hy nog die man is met wie jy getrou het, en of hy ‘n afair gehad het….eer jy regtig jou man. Indien nie. Begin daar.Kyk fireproof (die movie) en raak stil hieroor….haal die opsies en die afdraaistrate en die moontlikhede uit jou kop en berus by jou besluit….werk daar aan met alles in jou. Werk daaraan totdat jy op die vloer stukkend val en werk daaraan met elke asem in jou lyf….’n huwelik is nie ‘n keuse nie….dit is die begin van twee siele wat een lewe begin ly. Om nooit jou siel te verloor nie, maar ook nooit die eenheid van die gesin op te offer nie.Dis moeilik…vrek moeilik!Dit vat jare en jare is opoffering en ingee en die minste wees….met tye offer ons van onsself, anderkere ons drome en anderkere laat ons ons idee van ‘n huwelik vaar en maak plek vir God se idee vir ‘n huwelik vir julle.

Die idee van ‘n huwelik is om twee mense so te brei in liefde of buigsaam en verdraagsaam en vol liefde wees dat die ander persoon vir jou belangriker as jouself is, want hy is wat jy nie is nie.Hy het wat jy nie het nie….hy maak jou volledig.Hy maak jou heel en hy maak beter as wat jy is. Hy is jou wonderwerk….wat jy in God se genade bewerk het.

‘n Huwelik is nie ‘n sprokie nie….’n huwelik is ook nie ‘n avontuur nie…’n huwelik is nie ‘n gedig of ‘n monoloog nie….’n huwelik is ‘n instelling van God en dit wat Hy bymekaar voeg, sal geen mens skei nie.Ons moet Hom soek met gedagtes van egskeiding…met twyfel en moedeloosheid…ons moet Hom vra vir Sy wil.As ons eers leer om een te word met Hom, sal ons huwelik ook een word saam met Hom.