Jy blaai in die argief vir 2010 September.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Net een bruidegom.

September 16, 2010 in Sonder kategorie

Daar is net een bruidegom!As ‘n mens die skrif mooi verstaan en die metafoor van die hele bruilof begin ons verstaan dat jy en jou man en jou kinders bruide is en ons begeerte is eintlik na Jesus. Daardie diep verlange wat ons nie in mekaar kan bevredig nie. Daardie verlange na intimiteit en identiteit  en daardie onrealistiese verwagting wat ons op ons mans sit.

Vir julle wat sl die boek “jy is bekoorlik” gelees het sal weet waarvan ek praat . Na die sondeval het God ‘n vloek op Eva gesit(die vrou) waar in sy vir die res van haar bestaan haar man sal begeer.M.a.w haar man sal haar nooit aan al haar behoeftes kan voldoen nie….sy sal smag na meer.Jesus het egter elke vloek gebreek aan daardie vloekhout aan die kruis.Hy het elke vloek in ‘n seen verander. Hy is die seen deur vir ons ‘n bruidegom te wees. Hy satureer elke begeerte en behoefte van ons as ons dit na Hom toe bring. Hy is ons alles…Hy is genoeg. Hy het dit volbring. ‘n Nuwe verbond. Die huwelik ook. Hy is die nuwe verbond , as ons Hom toelaat in ons huwelik sal hy aan die man en die vrou se begeertes voldoen…deur mekaar. Hy is die volmaakte vrou vir jou man en die volmaakte man vir jou.As ons vandag onself oorgee aan hom…sal julle die perfekte ouers vir julle kinders wees en julle kinders die perfekte kinders vir julle.Hy is volmaak en maak alles volmaak.Hy kompromeer nie en Hy hou nie op totdat julle gesin nie ‘n volmaakte instelling van Sy Vader se Wil is nie. Julle sal mekaar liefhe, soos Hy julle lief het en mekaar in liefde dien, soos Hy die Vader gedien het tot in Sy dood.

As daar leemtes in jou huwelik is…moenie ‘n verwagting sit op jou man of vrou nie.Sit jou verwagting in Jesus en wag in geloof vir Sy volmaakte seen in julle huwelik. Hy kom met sy gouedraad van liefde en bind alles weer wat gebreek het met tyd.Hy maak alles vol wat leeg is en maak alles toe wat oop is.Hy is liefde.Kom ons bring vandag alles na Jesus toe ….Hy weet wat ons begeer…Hy is opgewonde oor jou…Hy begeer jou. Hy wil jou heelmaak.Hy is lief vir jou…net soos jy is.Hy dink jy is bekoorlik en weet van elke seer , die alleenheid, die teleurstelling , die onvervulde drome en die lee beloftes en al die begeertes van jou hart. Hy wil dans met jou…Hy wil jou toemaak met sy liefde en jou lei in Sy intiemieteit.Hy wil jou Syne maak en een word met jou.Hy wil jou vul met sy liefde vir jou….Sy liefde vir vir jou spesifiek in elke unieke sel van jou wese.Net vir jou…Hy wil dans net met jou.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Petrus

September 10, 2010 in Sonder kategorie

Wonderlik om te dink dat dit dieselfde Petrus was wat Jesus drie maal verloon het uit vrees vir die Joodse raad, ook vir Jesus verdedig het met vrymoedigheid voor dieselfde raad en hulle aangekla het dat hulle Jesus onskuldig vermoor het. Toe ek so bietjie heiroor gedink het en besef het dat Die Heilige Gees al die Simon uit Petrus uit gehaal en hom regtig gedoop het in die die rots waarop die Christen gemeente gebou is.Regtig daardie profetiese woorde van Jesus laat manifesteer het, toe Simon dood gegaan het(in vlees) het Petrus opgestaan.Vreesloos, en standvastig en doelgerig.Wow!Hy het opgestaan in sy roeping, en homself gesien soos Jesus hom gesien het.En gewandel in koninkryksbeginsels en vreesloos vir die dood vir Jesus gelewe.Hy het gestap in die voetspore van sy Meester, want hy was nou ‘n geesmens nie meer ‘n vleesmens nie.

Ek bid in die Naam van Jesus Christus dat ek myself sal kan sien soos Jesus, dat ek ook in my roeping sal opstaan en vreesloos sal stap in die koningkryksbeginsels en my vleesmens sal kruisig saam met Jesus en opstaan uit die dood , gedoop in Jesus Naam en as Geesmens. Vreesloos vir Jesus sal verdedig en dieselfde vrymoedigheid as Jesus sal ontwikkel deur die krag van die Heilige Gees.’n Rots vir die om my en ‘n getuie van wat was en wat is  en wat sal wees.

Ek bid dat die krag van die Heilige Gees weer oor ons sal kom soos vuurtonge en dat almal die krag van God sal beleef.Ek bid dat ons deel daarvan sal wees en nie toeskouers nie en ek bid dat niks en niemand in die pad van die God se krag  sal kom nie.Ek bid vir die wat oe het sal sien en die wat ore het sal hoor en ek bid dat Ons Liewe Vader almagtig sy kinders sal roep…sagies en teer is die roepstem van Jesus, Hy roep vir jou en vir my…Hy staan en wag by die deur van ons harte…Hy roep vir jou en vir my.Maak oop daardie deur en en ontvang die lewende God en ervaar Sy lewe opstaan in jou.Maak oop jou hart, sluit jou oop vir genesing, vir troos, vir raad en vir leiding. Maak oop vir ‘n nuwe lewe.’n nuwe mens….maak oop dat Jesus jou op die regte plek kan kry …ontvang die vuur, moenie val daarin.

Profile photo of rolienv

by rolienv

http://blogs.litnet.co.za/maskersaf/page/11

September 4, 2010 in Sonder kategorie

Ek het gisteroggend op hierdie post van verlede jaar afgekom en besef hierdie gebed is die afgelope jaar beantwoord.Jesus het het hierdie gebed oor die afgelope jaar waargeword, en ek verstaan nou eers waarvoor ek gebid het. Hy het baie gedult met die petrusse in die lewe!Vir almal wat dink karakters kan nie verander nie,lees die verhaal van Petrus,ons kan verander as ons, ons oorgee aan Jesus.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Eva

September 3, 2010 in Sonder kategorie

Ek is vanoggend verwonderd oor hoe ek eintlik al die jare vir Eva en Delilla as een gesien het. Verleidsters en diewe van God se voorsiening aan ons.Ek het so gesoek na myself die afgelope jaar en verskeie boeke gelees en een twee drie…blok myself.

Is dit nie wonderlik hoe ons weghardloop van die Eva sindroom nie.Ons wil so erg net nie soos Eva wees nie.En tog het Eva net een fout gemaak.

Sy was die oorspronklike skepping van die vrou. Die bloudruk van ons diepste wese .Die gekose vrou, self gemaak deur God. En tog omdat sy een oordeelsfout gemaak het, het ek haar verdoem en aan haar gedink as die slang self.

Tog is dit duidelik dat sy net verlei is deur satan, soos ons daagliks doen en daagliks vaal om sy sluheid te onderskei met God se Wil. Hoe dikwels het ek al die appels geeet van daai vervloekte boom. Hoe dikwls het ek hulle al uitgedeel en ‘n geestelike stropie daaroor gegooi.

Tog sukkel ek elke dag om net uit te vind wat God se wil vir my is en loop met my vyeblare rond in vrees dat God my sal sien waar ek besig is en waaraan ek dink en hoe ek voel. Ek het die slang in baie van my vrugte gesien en net weer gehoop vir daai Eva in die paradys.Ek bid dat ek weer daardie Eva in my sal ondek en ek bid dat ek sal vrede maaak daarmee dat dit ok is om Eva te wees, dit is wat God vir ons bedoel het. ‘n hulp vir Adam, ‘n maat ….Adam die saad, Eva die lewe.Adam die voorsiener …Eva die versorger.Ek bid dat daardie Eva sal uitkom agter die bome en haar vyeblare sal neergooi en uit roep na haar God en vra dat Hy my sal sien soos ek is en my weer sal beklee met sy heerlikheid, dat ek skaamteloos voor Hom sal kan staan en vrymoedig wag vir my bruidegom, Sy Seun in Wie Hy welbehae het.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Ek is terug!

September 3, 2010 in Sonder kategorie

Na ek dink ‘n jaar en baie drama is ek weer terug op my blog!Hallo almal!Ek het mail gekry wat

baie oud is en ek is baie jammer dat ek dit nie beantwoord het nie…ek was ‘n bietjie besig.

Hoop hier is darem nog van my maatjies wat my sal onthou en ek sal probeer om weer ‘n bietjie op hoogte te kom met al die verwikkelinge hier in blogland.