Profile photo of rolienv

by

Die tuin

September 30, 2010 in Sonder kategorie

Ek was weer gister by die natuur reservaat net hier om die draai van ons. Wat ‘n lafenis!Die plante groei en die berge is asemrowend mooi. Daar is paadtjies uitgele waarin ‘n mens kan wandel en by plekke vorm dit ‘n tonnel waardeur jy kan stap langs die koel waterstroompies en met bruggies oor stap en oral waar jy gaan is die lieflike gesing van die voeltjies. Daar is ‘n groot dam waarin die masiewe berg reflekteer en vinknessies oral in die riete.Jy kon tussen die gelag van die kinders en die gesing van die voeltjies die stilte ervaar van die naruur. Dit is ‘n tasbare stilte…amper intemederend in grootheid.

Dit is ‘n stille atmosfeer waarin alles stilstaan. Jou hart begin stadiger klop en jou kop word stil, gee oor aan dit wat die sintuie ervaar.Jy wil dit bere iewers, stoor in jou herinnering vir later. Jy ruik dit…proe dit …voel dit…sien dit en hoor dit.Daar is iets in jou wat konnekteer daarmee en jy tap energie uit hierdie stilte.Uit hierdie atmosfeer van rus. Dis asof jou siel hierdie vrede wil reflekteer. Dit wil drink…en drink …tot dat dit oorloop en oorloop soos ‘n fontein.Asof jou siel hierdie harmonie ervaar soos ‘n groot orkes en dit wil beweeg opdie klanke wat met soveel sorg in mekaar geplaas is om ‘n geheel te vorm waarin alles vry vloei.Dit is ‘n lushof vir enige siel.

Ek was opgewonde om te sien hoe baie kinders daar was. Hulle het gespeel in die paadtjies en brood vir die eende gevoer en sommer net op die gras piekniek gehou. Dit was sooo lekker om almal so gelukkig te sien en natuur so in balans en die die skepping so volmaak in elke oomblik wat ek daar was.

Vanoggend probeer ek nog tap uit daardie vrede en daardie rus…ek trek my gordyne oop en sien die plante en die bome..die voeltjies…die blou lig …die sonskyn…alles net soos daar in die tuin, maar dis die struktuur. Die huise, tellefoonpale,die motors, die vragmotors,die voordeurklokkie, die selfoon….dis soos vals note in my orkes van oggend en ek wonder….hoe wonderlik sal dit wees om net te kan leef.Nie om te oorleef of instand te hou nie…net te leef.

En met daardie gedagte roep die wasmasjien my, die voordeurklokkie lui en my selfoon het ‘n boodskap….eendag…miskien eendag.Maar vir eers is sulke dae in die natuur genoeg.

1 antwoord op Die tuin

  1. vir ‘n rukkie kon ek saam met jou so deur die tuine wandel

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.