Profile photo of rolienv

by

As jou kind jou teleur stel

September 30, 2010 in Sonder kategorie

Nou ek het nie gedink my kind is perfek nie, ek het ook nie verwag dat sy my nooit gaan teleurstel nie.Ek het net nie verwag dat ‘n teleurstelling my so gaan ruk nie. Gaan skud nie.Gaan omgooi en my uitdroog soos wasgoed nie.Op 16 het alle tieners al hulle ouers teleurgestel op een of ander manier.

Ek het geen verwagting in my kinders nie, en my ouerstyl is om vryheid te gee soos hulle verantwoordelikheid hanteer. Vertroue is die basis van ons verhouding en ek kies om hulle te glo totdat ek bewyse het dat ek nie kan nie.Wel vandag is my vermoede bevestig en ja ek is onkant gevang.

Nou ek praat nie eers van dwelms of sex nie, net rook. Ja ek se net rook, want ek het al op 14 begin rook so dis nie dat ek high en mighty is nie.Dis net dat ek ouerskap my eerste prioriteit maak en nee ek is nie perfek nie, het net gedink as ek ‘n goeie verhouding met my kinders het en ulle genoeg vryheid en verantwoordelikheid gee sal hulle goeie besluite  maak (nie soos hulle ma nie) maar dit moet dan maar die gene wees.Ek is net nou bietjie platgeslaan en weet dit klink belaglik vir baie van julle, been there done that ouers , maar dit is my battle vannaand.

Hoe vertrou ek weer my engel kind?

18 antwoorde op As jou kind jou teleur stel

  1. Sterkte – ons wil maar altyd hê hulle moenie dieselfde foute as ons maak nie, maar dit werk nie so nie

  2. Ek verstaan hoe dit voel. Ek het altyd gedink as ek gaan probleme kry met my kinders sal dit van die een wees en nie die ander nie – wel dit was van die ander – en hope probleme daarby – met soveel leuns dat ek nou nog sukkel om haar te glo en dit is al ‘n paar jaar later. Dit word net nie makliker nie, en ek dink ook nie hulle het enigsins ‘n benul van hoe seer hulle jou maak en hoe belangrik vertroue is nie. Sterkte daar – dink aan jou

  3. Taf om die kiddies groot te maak na jou hand, en dit werk nie. Hulle is per slot van rekening mense in hul eie reg.

  4. Ja katjie ek dink net iemand wat daar deur is sal weet, baie dankie.Dis nie dat ons so baie van hulle verwag nie, dis net dat ons so baie vir hulle wens.

  5. Ek dink nie ek maak my kinders groot na my hand nie,hulle het te uiteenlopende persoonlikhede, ek maak hulle groot volgens hulle potensiaal en dit is wat so teleurstellend is, wasted oportunities!My ma het ons volgens hand probeer grootmaak, maar ek het heelwaarskylik die ander extreme gevolg.

  6. Jip.Die realiteit is maar ‘n kopkapper!

  7. My Hartman het eenkeer, jarre gelede, toe my oudste in matriek was vir my vir weke in die duister gehou oor iets waarop hy afgekom het..toe ek uiteindelik die waarheid oopgekrap het, het hy haar gevang rook.
    Intussen het hy nie geweet dat ek en sy lekker saam skelm gerook het nie!
    Ek en sy is vandag nog beste pelle.
    Niks is kosbaarder as dit nie!

  8. Ek dink jy is reg, ons het ook so skelm gerook saam met ‘n vriendin van my se ma, ons is nog almal verskriklik lief vir haar.Ek weet die ding sal verby gaan, aanvaarding vat tyd.Ek sal seker net moet aanvaar sy is ‘n roker.So gehoop sy sal kan staan teen die druk, maar ‘n klomp kuns en drama studente is ‘n weird klomp bymekaar!

  9. Ja Retha ek wil nie hoor wat jy se nie, maar ja. Ek dink nie ek het ‘n verwagting gehad nie, ek dink ek meet my ouerskap aan die kinders se uitkoms. Ek weet dis verkeerd, my ma was baie goed vir ons en ons was almal en die helfte was rebelle.Ek dink ek het gedink as ek daar is vir hulle sal hulle die druk kan hanteer.(seker ‘n verwagting)Ek dink die druk waaronder ons kinders is is nog groter as toe.Ek sal vanaand my wonde lek en more vergeet en vergewe en weer van vooraf vertrou!Dankie.

  10. Dankie kate, ek is vreeslik baie, dis nie minder nie…net teleurgesteld.Ek wil nie weet hoe het ek my ma teleurgestel nie, ek het vanaand sommer gehuil vir die pyn wat ek haar veroorsaak het, en sy was nooit minder lief vir my nie.Elke keer maar vergeet ek vergewe.

  11. Aag baie dankie julle klomp awesome vroue, julle is pragtig!ek is nou bietjie rustiger en weet ek het die hoenders se dinges so bietjie uitgeruk. Die skok is baie groot, maar ek en my man het nou gesit en lagdaaroor. Ons seun van 14 jaar het die naweek daar op die kus so bietjie bestuur op sy eie(so op die grondpaaitjies, toe se ons , ons voel oud, maar vanaand voel ons baaaaie oud. Ons dogter rook!

  12. Vuurpyl het gesê op Oktober 1, 2010

    Thandi, joiu blog en kommntr gelees. Jy is op die regte pad.
    Erens gelees dat ouerskap word eers by die graf afgesluit. nog lang pad vir ouers.

  13. rolienv het gesê op Oktober 1, 2010

    Ai Charlene, mens weet nie wat om te se nie, en die probleem is nou vra my seun my vanoggend of hy na sy vriend toe kan ry met sy fiets en my eerste reaksie is neeeeeee.Dit punt is ek vertrou nou nie een van hulle nie.Ek weet dit gaan weer tyd vat, maar ek sal vandag my kalfies weer op hok moet kry, anders gaan almal daaronder ly.Sterkte met jou en ja ‘n mens moet maar dag vir dag vat, en nie verwag hulle gaan produkte van ons ouerskap wees nie, maar van hulle eie vrye keuses.

  14. rolienv het gesê op Oktober 1, 2010

    So waar vuurpyl, mens sal altyd ‘n ouer bly…ek sal net hier verby moet kom, dit so nietig as ek luister na ander ma’s se horror stories. Maar ek dink ek is nie so erg teleurgesteld in die rook nie, maar meer in die valsheid en die voorgee.

  15. rolienv het gesê op Oktober 1, 2010

    Die waar mevrou.Ek aanvaar dat sy rook, maar omdat ek ook ‘n mens is guns ek myself die teleurstelling en weet met tyd gaan slles weer regkom en oor ‘n paar jaar lag ons daaroor as sy met haar kinders sukkel.

  16. shlwanjan het gesê op Oktober 2, 2010

    Mens wen die battles maar so koppie-vir-koppie, lyk dit my…
    Ek was ook nou-die-dag heeltemal uitgeboul duer ‘n “motief” wat “gemanifesteer” het by my lieflingmeisiekind. dit ruk mens.

  17. rolienv het gesê op Oktober 2, 2010

    Jip, en genadiglik luister ek die storie uit.Rook is maar net ‘n salfie vir ‘n seer.Ons kon lekker gesels oor die seer, en ek hoop en bid dat die rook sal weg trek, maar ek het besluit ek sal haar aanvaar met of sonder die rook en dit bring vrede en nuwe lewe.’n Dag op ‘n slag….

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.