Profile photo of rolienv

by

Partykeer verloor ek net myself…

September 29, 2010 in Sonder kategorie

En nee ek praat nie van selfbeheersing nie ek praat van wie ek is.

Met tye as ek in ‘n groep sit en gesels en almal is gelukkig en ontspanne kan ek my so laat wegsleur in een of ander mode wat nie aan my behoort nie. Kyk ek het gister my hele kommon karakter hier vir sien en leef uitgespel.Dis wie ek is, ek skinder eder van myself as ander. En tog as ek met tye sit en gesels in ‘n kring dat skinder ek oor ander. Ek haat dit!Hoekom praat ek saam. Hoekom skinder vroue soooo graag saam. Hoekom deel hulle niks van hulle self nie, net ander mense. Partykeer nie eers mense wat jy ken nie.

 Haai weet jy! en daar trek hulle…my sussie se vissie is nie lussie…en ja duh?hoe raak dit my?Ek verstaan nie hoekom vrouens dit doen nie. As ‘n mens kuier saam met jou vriendinne in ‘n besige lewe soos vandag en jy maak tyd vir ‘n middag saam met viende het jy nie lus om van ander random mense se proleme te luister nie. Jy maak die tyd om jou vriendinne beter te leer ken en dis hoekom jy tyd maak vir hulle. Om te hoor wat in hulle lewe aangaan, hoe hulle dinge beleef en waarmee sukkel hulle of hulle vreugdes en oorwinnings met hulle te deel.

Ek vang dit nie…hoekom skinder oor ander as jy kan gesels jy kan bou aan vriendskapbande.Geen skinderstorie het nog ooit ‘n vriendskap nader aan mekaar gebring nie …nou wonder ek weer hoekom skinder ek met tye saam. Haoekom verloor ek myself in ‘n skinderstorie…hoekom neem ek deel daar aan. Ek weet nie!

Seker omdat mense so graag van my skinder dat ek so gekant is daar teen…ek haat dit!

7 antwoorde op Partykeer verloor ek net myself…

  1. Vriendin van my se woorde: “ek sê liewer niks as ek nie iets goeds van ‘n ander kan sê nie”……maar in werklikheid beskinder sy die wêreld. agterna sê sy net dat dit nie skinder is nie, want dis die waarheid

  2. Dis die Clan of the sisterhood wat maar net mooitjies die rangordes bepaal.
    Alles deel van die evolusionêre oorlewingsdrang.

  3. Die heel ergste is al hulle ‘n geestelike sousie bysit met so vroom gesiggie en dan agter na se, ek skinder nie, ek deel haal laste met jou en ons moet vir haar bid!

  4. Neander!Vandag wil ek baie graag verstaan wat jy daar se, dit klink baie reg. Kom praat gou stadig…ek moet lippe taal lees.Ek glo ook dit moet iets met iets te doen he, want almal doen dit. Nou kom verduidelik jy dit nou. Maar in leuke taal.Dit fustreer my vreeslik en ek gaan sit sommer met tye by die mans en gesels, ek hou van vrou wees en kla glad nie, ek verstaan net hoekom vroue so vreeeeeeslik boring is met die beste van tye. Hulle stokperdtjies is gewoonlik…my man en my kinders?huh….dan verloor hulle my heeltemal.

  5. Ja, presies…as ek en my vriendinne sit en gesels oor ons kinders is dit fine…maar as die ander nie kinders het nie. Dis hoekom ek nou maar weer blog…mense comment net op dit waarin hulle geintereseerd is, die res beweeg net aan…en ek weet dit nie eers nie.

  6. Sjoe, dis ‘n lang storie, jy moet maar my ou blogs lees.

  7. kan jy die link vir my gee van die post?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.