Profile photo of rolienv

by

Kommon met ‘n kappie op die o!

September 28, 2010 in Sonder kategorie

KÔMMON!

Nou kyk ek kom van die Weskus af.Mens kan se uit ‘n baie eenvoudige famielie uit, waar alles eenvoudig en straight  was, daar was nie woorde vir party vloek woorde nie en dit was dus deel van jou woordeskat van baie klein af.Nou daai jare toe ons nou daar op Rooiheuwel  net so voor Paternoster grootgeword het, het ons saam met die “volk” grootgeword en hulle was ons beste maats.Ons het hulle “hottjots” genoem en hulle vir ons “waaities” maar dit het nooit tussen ons gestaan nie.

Ek kan nog onthou toe my ma ingeroep is by die skool toe my suster se taalgebruik vir die skool ‘n probleem geraak het. Hulle het gevra wie in die klas weet waar melk vandaan kom , en hallou sy was die enigste een wat geweet het. “Die hottjots rem aan die koeie se tette, dan kom daar melk uit” wel neee, nie volgens die skool nie.Wel daar trek ons toe…dorp toe, want die plaaslewe was konsuis nie goed vir opvoeding nie.

So in die dorp het ons in Miggievlak gewoon, ‘n nie so upgrade buurt in die ‘n nie so upgrade dorp nie en ons famielie was ook nie so upgrade famielie nie.Kom ons se daar was nie vrede in die kamp nie.Wel so het ons maar groot geword met woorde soos kak  wat moeilikheid beteken het en moer wat slaan beteken het. Maar kak was as daar baie moeilikheid of as iemand nonsins gepraat het , nie net gewone moeilikheid nie en moer was as die bloed geloop het, nie net ‘n pak slae nie. Dit was ‘n vorm van ergheid. Dis dan seker kragwoorde?Fok het ‘n kappie gehad en jy het dit gebruik as jy geskrik het .Dit was maar deel van ons taal.

Nou kan ek nie verstaan hoe mense altyd so graag se ander is common nie, kom ons dink gou daar aan. Iemand se nou die dag in die spar ‘n Jack Russel met ‘n lang stert is common…halou ek het amper die ou “geslaan”wat se “nonsins”is dit”jinne”!

Mense het sulke wanpersepsies van kommon, hoe kan jy wat heel anders as ek vir my wat soos gestroop is van al jou goeie maniere en waardes en etiket en voorgee en reels en regulasie oor mens wees vir my kom se ek is kommon.Jy wens jy was kommon. Jy weet natuurlik dat common ‘n maklikker eenvoudiger manier is van lewe. ‘n nader aan jouself weergawe en plein en plat op die aarde benadering tot die lewe is. Kommon is om maklik net jou self te wees en gemaklik te wees met wie jy ie. Ek bedoel nie jy moet vloek soos ‘n matroos en jou gedra soos ‘n wynvlieg nie. Dis net dat ettiket en goeie maniere net ‘n vals vront is en niks met karakter te doen het nie.

Daar in die weskus het ek goedheid gesien…in karakter. Nie voorgegee nie, soooo uit die hart en spontaan soos ek dit nog nerens ander gesien het nie.Vrygewig, gasvry, hartlik en menslike vreugdes soos nerens anders nie.Ek mis hierdie kommon mense, ek mis hierdie kommongeid van menswees en ek wens mense wil so bietjie meer kommon wees.

Nou sit ek hier in my fensie dubbelverdieping huis op die verenda en verlang na hierdie mense terwyl ek my bokom op my broodtjie sit in die ingevoer die bord en versigtig hap dat my chanel no 5 lipstick nie moet afkom.Ag kak man, ek vee sommer my mond skoon met die agterkant van my hand en dink. Ek is klaar met inpas, klaar met voorgee, klaar met hierdie plastiek wees …ek is wat ek is. Geen pedigree geen klas. Ek is kommon!

18 antwoorde op Kommon met ‘n kappie op die o!

  1. Ja daar in die Weskus verdra hulle dit glad nie.

  2. Ek het nou my kommon brekfis geniet hoor!

  3. TS het gesê op September 28, 2010

    Ja die een met die kappie is die goeie een en die een sonder die kappie is mense wat voorgee om in te wees.

  4. Ja, ons ons is nie zef nie, maar kommon. Ek los maar die common vir Jack Parrow, hy laat dit cool lyk.

  5. Lekker stukkie humor wat jy hier gegriffel het.

  6. TS het gesê op September 28, 2010

    grinnik* … NEEEE hy is heeltemal buite my klas!

  7. lol!

  8. Karakter en fensie is nie altyd pasmaats nie…

  9. Jip ek weet ‘n mens kry fensie mense ook, en ek kan my verkyk aan hulle.Hulle het fensie karakters ook, maar daar in die weskus doen ons nie fensie nie.

  10. En nee julle, is nie minder gelowig nie, het ook nieafgedwaal nie.God is goed en Hy lewe.Maar vir party van ons is dit net ‘n groter sonder om te oordeel as om te vloek.Mens kry nie klein en groot sondes nie, maar ek glo ons Liewe Vader sal nog vir my ‘n upgrade woordeskat gee.Intussen vloek ek nie as ‘n reel nie, maar partykeer is daar net nie ‘n anderwoord vir die situasie nie. Dan los ek maar ‘n paar knope en dan verstaan almal om my presies wat en hoe ek iets bedoel.Ek wil dit nie begrawe nie, ek wil dit vervang.Nuwe lewe…nuwe woordeskat.Intussen is dit nog soos ‘n visgraat in my knie!

  11. So ‘n bek moet jêm kry !

  12. Lekker snoek en jembrood!

  13. Is waar Maankind, die ouderdom is ‘n wondersoete ding, ek weet nie hoe oud jy is nie maar op 42 is daar nie meer baie wat my meer verbaas nie, behalwe mense se gesindhede.

  14. Ditto – goed geskryf

  15. Ditto – goed geskryf

  16. Thandi, jy is so dierbaar en opreg.
    Ek laaik jou, kommin of nie!

    Ek het heerlik hier gekuier, dankie.

  17. Dankie Lou!en dankie vir die inloer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.