Profile photo of rolienv

by

Oorlewing

September 27, 2010 in Sonder kategorie

Ons is veilig terug by die huis, en sjoe dit was lekker om weer in my eie bed te slaap.Kamp is lekker maar ‘n mens se huis bly die lekkerste as jy terug kom. Die weer was baie koud langs die see  en ons het ‘n baaaaie groot vuur gemaak om warm te bly en lekker ver gaan uitry in die dag en die omgewing ‘n bietjie beken. Ons kon ongelukkig nie die son geniet nie, maar het beslis mekaar se teenwoordigheid geniet. Seuna het bietjie kitaar gespeel en begin ook nou bekfluitjie speel, so opgewonde daaroor, want daar is niks soos ‘n kitaar en ‘n kampvuur nie, alhoewel Jack Parrow se dis so boring soos liedtjies om ‘n kampvuur, is dit vir my vreeeslik gesellig!Daar was nie storte nie, en toe ons na die naweek uitry, toe sien ons daar is ‘n bord waarop staan. Warm storte…en daar trek ons toe… almal het die warm water geniet.Teen R30 per stort was dit ‘n bargain…ek dink ons sou R500 ook betaal het!

Kamp bly maar ‘n uitdaging vir menswees. Uit jou gemakzone, ongerieflik,geen afleiding en geen geriewe….soos niks, nie eers ‘n kraan nie!Ons doen dit gereeld en elke keer kom ons nader aan mekaar terug. Mens is aangewese op mekaar vir geselsskap, vir oorlewing, vir vermaak en vir plesier. Mens moet die atmosfeer positief  hou want jy kan nerens heen gaan nie.En ‘n mens is geneig om die beste in almal raak te sien, om die sterkpunte in jouself van iewers af uit te haal en jouself te verbaas en geloof te bou in jou vermoens.Mens vermaak mekaar met wie elkeen is. Elkeen se unieke manier om die situasie te hanteer en elkeen se belewenis te ervaar .Wonderlik hoe party oopmaak in die natuur en die wind en die reen omhels en ander toe maak en wens dit gaan verby.

Ek het net die naweek besef terwyl ek ver lang die see gaan stap het, dat ons nie in suvival mode hoef te wees nie, mens verloor kontak met emosies en rasionele denke as jy voel jou lewe word bedreig en begin dierlik optree. Jou veg of vlug reaksie skied in en ‘n mens  is op oorlewing ingesteld…jy veg met dood.Dit bring die aakligste oorlewings drang na vore wat kan verskeur en vermoor en doodmaak.Dit is die brullende leeu ,die aggressie waarmee ‘n mens wil oorleef gee vir jou dierlike kragte.Sonder liefde.

Ons is oorwinnaars in geloof, en nie vegtend vir ons lewe nie.Jesus het vir ons hierdie oorwinning gegee….hierdie dier in ons oorwin, dat ons nie soos diere moet optree in ‘n stryd om te oorleef nie.Dat osn nie soos wille diere mekaar moet verskeur en verslint in ‘n stryd van oorlewing nie.Ons kan ons nou aanbeweeg na die siel…is is nie diere nie, maar siele wat geskep is om lief te he, om om te gee, om vir mekaar daar te wees om ‘n eenheid te vorm(nie ‘n pack)om deel te wees van die grootheid van die skepping. Ek dink ons moet kan konnekteer met die natuur om hierdie grootheid in balans te kan sien. Te sien hoe gebeur alles in die natuur in ‘n perfekte balans. Sonder skole en universiteite.Almal weet wanneer wat gebeur.Elkeen vat net wat hy nodig het om te oorleef, sonder om die ander uit te buit.’n Leeu sal nooit 2 bokke vang, net omdat hy kan nie. Hy het net 1 nodig om te oorleef.Die seisoen is in tyd, die bloeisels bot in die Lente en die vrugte kom op sy tyd.Die voels bou nessies op so ‘n ingewikkelde manier met sulke beperkte vermoens en die skoenlappers wikkel hulle self uit so ‘n toegekoekte koekon op die regte tyd en wag vir die tyd op ryp te wees en ‘n volmaakte skonlappe in die lug vlapper..in oorwinning ….eers ‘n wurm!Hoe kan ons in ongeloof bly staan en wonder waar ons hoort. Is dit nie die skepping nie…is ons nie deel nie, is ons nie hier gesit om te heers oor hierdie wonderwerke nie.Hierdie wonders in die natuur…wat nou sonder ons oorleef deur net in ritme van die natuur oorleef.Dag vir dag.Deel te wees van die groot skepping en natuurwette.

Is dit dan nie ons grootste roeping ooit om net lief te wees.Om om te gee en om deel te wees van iets so vreeslik groot nie.

Sonder liefde is ons nie siele nie maar net liggame en dit maak ons diere.Maar ons is ook nie gemaak om net siele te wees deel van die aarde se natuur nie, nie deel te wees van mekaar nie en nie net hier op aarde te heers ne. Dit is net die basis van wie ons is…ons is daarom vrygekoop om te heers teen die magte in die lug ook. Ons is hoofsaaklik heersers van die gees. Ons is magtig geestelike warriors. Toegerus om die magte in die lug…die owerhede en heersers van die wereld te oorwin. Die negatiewe te oorwin. Om geestelik te oorleef in hierdie oorlog wat klaar gewen is en hierdie leuns te breek in die gees van die mens wat so afgebreek en onderdruk is dat daar nie meer lewe in is nie. Ons is gees weses met ‘n siel wat woon in ‘n liggaam.Ons is Koings, Priester en Profete.Ons is die oorwinnaars van hierdie stryd op aarde hierdie stryd op oorlewing en ons is geestelik vrygekoop en klaar betaal, met bloed,die volmaak te Offer ,aangeneem en geklee in posisie herstel en gesalf as geestelike konings.Gebore om te heers oor hierdie leeuns in die geestesrealm. Die vyand brul soooos ‘n leeu, maar Jesus is ons leeu van Juda.Hy het ons as oorwinnars rered en geklee….Ons is Gesstelike Konings in die koningskryk van God.Ons moet nie oorleef nie….Ons moet heers.Ons is nie diere nie….ons is nie verlore siele nie…ons is uitverkore kinders van God.

As ons Pa Gees is , is ons gees….ons is geklee met Sy Gees om reg tot hierdie ervenis het.Moenie dat iemand dit steel nie.Eis dit terug. Dit is aan jou gegee. Dit is joune. Onverdiend net uit genade net uit liefde>Sodat ons kan liefhe op aarde met ons siele en kan heers in lug met ons Gees.

Nou wonder ons wat is geluk?Geluk is om te kan lief he, en te lewe. Hierdie is die twee grootste geskenke ooit. Om lief te he en om te lewe.Hoekom sukkel ons om deel te wees van nie net die natuur nie, maar die hele heelal. Die grootheid van die hele skepping. Daie sterre en die planete. Hoekom kyk ons nie verder vandag as onsself nie….as ons eie emosies en ons eie vrese nie….jy is ‘n kind van God….’n kosbare skat in die koningkryk van God. Onvervanbaar in jou roeping…ons moet weer in ons plek kom.Ophou veg vir oorlewing en heers.Die vyand brul net, die ware leeu is ons Vader!Ons is geskep om deel te wees van hierdie grootheid om deel te wees van hierdie verlossings plan om deel te wees van die skepping.Jy kan ‘n verskil maak…kom lewe in die gees….en wees lief in die siel en weet dat oorlewing….in jou is en jy tot enige iets instaat is deur hierdie oorwinning in jou. Jesus Christus is jou oorlewing en Jesus Christus is lief in jou en Jesus Christus lewe in jou….Jesus Christus maak jou deel van hierdie grootheid loof Sy wonderlike Naam en bring eer aan Hom.Hy het dit moontlik gemaak.Hy is ons God!Kom ons aanbid Hom vir wie Hy is.

2 antwoorde op Oorlewing

  1. Mooi Thandi…

  2. Puik skrywe, Thandi!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.