Profile photo of rolienv

by

My wonderlike weird man

September 23, 2010 in Sonder kategorie

Nou die week het dit seker geklink of ek en my man van bed en tafel geskei is.Wel ons is nie.Ons is oppad see toe vir die naweek en ek is baie opgewonde. Kan nie wag om weer langs die see te slaap met die brander wat breek in jou ore die heel nag en die reuk van die canvas en die sand in jou tone nie.

My man die logistieke bestuurder reel al die strukture vir die naweek…die rygoed, kampgoed, liggoed, elkektriese goed en vure en what you have…ek die spysenierings bestuurder…doen die kos, klere en die wasgoed en skottelgoed.Ons is nou al twee keer Botswana, Zimbabwe en oral in Afrika gaan kamp so dis iets wat ons nou al onder die knie het.

Ek het net weer vandag besef. Ons praat nie een woord nie, elkeen weet wat om te doen, hy het van dag die tente uitgesorteer en die GPS kaarte gelaai en die kamprelings en roetes uitgewerk en ek het gaan shopping doen en almal se klere gepak en alles reggekry. Diselke keer vir my die wonderlikste ding hoe die tyd dinge in plek kry…ja die eerste Botswana trip was ‘n gestry en baklei en ons het mekaar amper vir leeus gevoer, maar hier is ons nou. Elke aap op sy krans.

Hy is die struktuur….ek  doen die binnegoed.Alhoewel ek partykeer wens hy kan so klein bietjie meer romanties wees en bietjie dieper wees en miskien so klein bietjiesagter….besef ek net weer,hy is perfek.Hy is die beter helfte van my en ek wil hom nooit verander nie.Wat is in elkgeval meer romanties as ons daar langs die see langs die kampvuurtjie sit en die branders hoor breek en aan ons koffie sip.As ons in die tent le en die doudruppels val so op die canvas….of as daar ‘n leeu in die verte brul en ek net nog nader aan hom le en weet ek is veilig.

So ja Neanderdal jy is reg…dis soos dit hoort, ek wil dit nooit verander nie.Dit sou nie gewerk het as ons altwee goed was op een gebied nie, ons is soos ‘n hand en ‘n handskoen. Ek sal nie weer kla nie. Is so opgewonde oor die naweek en ek het my man net vir myself.

Geniet julle naweek…ek dink ‘n vrou moet al die soapie romanse uit hulle koppe kry en meer prakties na alles kyk. Met die regte gesindheid kan dit romanties wees om ‘n tyer om te ruil!

2 antwoorde op My wonderlike weird man

  1. LYLO het gesê op September 23, 2010

    awesome.

  2. Weet nie van die romantiese tyer….
    Weet ook nie of canvas ‘n leeu sal kan uithou
    Geniet jou naweek.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.