Profile photo of rolienv

by

Emosioneel afwesig.

September 22, 2010 in Sonder kategorie

Is mans emosioneel te afwesig in ‘n verhouding of is vroue te aanwesig?Hoekom pla mans se afwesigheid ons maar ons aanwesigheid pla hulle nie.Hoekom verstaan mans nie dat ons wil he dat hulle ons moet leer ken nie, en belangstel in hoe ons voel en dink oor sekere goed en saam groei en saam ontwikkel as ‘n eenheid. Die lewe deel en sekere opinies en drome deel …is dit nie wat hulle met die mense by die werk doen nie.Hulle word so maklik deel van die span. Hoekom kan hulle nie deel van ‘n huwelik wees nie. Met hulle hele weses. Ek dink mans dink hulle is hoofsaaklik voorsieners en ons wil graag voorsien word van ‘n intieme maat. Iemand met wie jy jouself kan deel. Stukkie van my vir jou en ‘n stukkie van jou vir my…mekaar kan ontdek en geniet. As ‘n mens ‘n leeftyd saam is sal daar nooit ‘n dag kom wat jy eerlik kan se ek weet alles van my maat af nie.Is hulle bang ons leer hulle ken en dan is dit boring….of bang hulle figure ons uit en dan is ons boring. Is dit dan nie wat ‘n mens doen in ‘n huwelik …sonder om dit boring te maak nie?

25 antwoorde op Emosioneel afwesig.

  1. Jy laat my wonder of ‘n man wat weer alleen is nie verleer om emosioneel aangeskakel te wees nie.
    Waar is my knoppie? Dalk bang vir emosies?

  2. Ek dink mans word blootgestel aan baie stres en moet die heeltyd in die fisiese operate en sit dan emosies eenkant om te fokus…hulle doen dit goed.Of as hulle seer gekry het maak hulle toe….of as hulle emosioneel betrokke is in ander verhouding…kan beste vriend wees, kan hulle afwesig voorkom. Maar in ‘n verhouding kom die vrou dan agter hy is afwesig…maar die man moet mos agter kom sy verwag meer van hom as sy fisiese.Die feit dat jy nou hieroor wonder en reageer maak jou nie afwesig nie…en sal self aanskakel as iemand jou emosioneel benader.

  3. Ek het anderdag daai Watershed-liedjie “True Future Sunshine” geluister. Dis my liedjie daai, vir my man. As mens net kan aanhou om na sulke liedjies te luister en dit te ‘dedicate’ asof dit die eerste keer is dat jy dit hoor…al is mens al amper 20 jaar saam… ‘n paar weke later het hy weer vir my gesê sy liedjie vir my is Colby Caillat se “Lucky”…soos twee tieners, ons…

    Maar oor of hulle emosioneel afwesig is sal ek jou nie kan antwoord nie, want hulle is almal anders {-;

  4. Sjoe, om werklik die twee geslagte te verstaan, moet jy dieper ingaan op die werking van die twee se breine, hormone en ensieme. Dan kom opvoeding ook nog by.

    Dis alles deel van ons oererfenis, die jagter-versamelaar erfgoed.
    Die lewe het verander, ons leef nie meer in daardie tyd nie, maar ons gene het nie saam verander nie.
    Sterkte met jou ontdekkingsreis.

  5. Om te antwoord, moet jy by elkeen se kommentaar blokkie antwoord, dan kry die blogger ‘n kennisgewing.

  6. zephur het gesê op September 22, 2010

    Mans is nou maar eenkeer nie emosioneel ingestel nie…mans dink te prakties en soek oplossing

  7. Hey jy, ja shlwanja dis wonderlik. Ek glo nie ‘n man kan 100 aan al ‘n vrou se emosionele voldoen nie, maar en eis teenwoordigheid.Anders is ‘n mens eintlik getroud met ‘n kop.Intelektuele intellegensie sal nooit opmaak vir emosionele intelegensie nie.Bietjie passie en romanse laat mos darem ons vroue blom.

  8. Weet jy Neander ‘n mens moet nooit met jou kop ‘n hart probeer antwoord nie, dis soos ‘n professor en ‘n profeet…die kop werk met feite en realiteite en die hart met drome en wense.Die kop redeneer…die hart smag.As jou kop soek…soek ‘n boek. As jou hart smag…soek jy liefde.

  9. maar julle is mos nie gebreklik nie….julle brein het ook drie gedeeltes . oorlewing…emosies…intellegensie…wat maak julle met die middelste stuk?

  10. sal gaan loer!

  11. Nee..ons is nie martelaars van liefde nie maar draers…ek glo ons mans moet juis bewus word van hulle dieper self en emosionele konneksies…daaruit kom ware liefde en lewe vir mekaar en God.

  12. Baie dankie dat julle antwoord, dit gaan nie vir my oor die reg en die verkeerd nie, maar dit antwoord my vraag deur net te sien hoe vreeslik ons almal verskil en dit is awesome. Ek is mal oor mense wat net kan se wat hulle dink , dit is nie reg of verkeerd nie…dis jou opinie en dit geld. Luv julle almal!My antwoord op julle comments is ook net my opinie en ook nie reg of verkeerd nie. Obviously is ek nie ‘n luvvvvvdoctor nie!

  13. Jip ek stem saam met jou.
    Ons moet net die verskille van die twee geslagte in gedagte hou.
    Daarom propageer ek dat paleo-psigologie op skole gegee moet word, dan sal daar baie minder verskille en meer insig wees.

    Kennis is mag. Op alle vlakke.

  14. zephur het gesê op September 22, 2010

    Middelste stuk…ons kan nie multi -task nie….hehehe

  15. ek dink jy en my man praat die dieselfde taal.As hy dit nie kan sien nie…dan is dit nie da nie!, maar julle eenvoudige manier van dink, balanseer tog ons gekomliseerde denkwyses en op die ouent is ons tog lief vir julle!

  16. Ek weet nie jong maar jy het iets belangrik hier beet elke vrou hunker na ‘n man wat haar alfa en omega is…maar nie ‘n man nie.

  17. Dis lekker vir my om daar oor te praat want dit maak dit minder persoonlik as ‘n mens van mans en vroue praat en nie my man en ek nie, maar ek weet dit is een ding wat altyd twee gaan wees..en is baie bly daaroor.Dit maak die verwagting minder en die gooi die fustrasies bietjie uit.Ek wil nie regtig he my man moet vir my harp buite die venster speel en gedigte tussen die blomme lees nie, ek wil net eintlik weet hy is ok want hy is ‘n man. Ek wil hom nooit verander nie…ek wil net graag he ons moet saam groei en mekaar leer ken.Dit voel vir my partykeer hy loose uit!

  18. Ek hoop dis ok as ek van jou verskil, ek is nie ‘n baie feitlike mens nie, maar het al baie opgelees en die feite het my definitief gehelp om vrae in my kop te beantwoord.So ja kennis het die mag om insig te bring in die duister, maar dinge van die hart is abstrak…jy kan nie met kennis ‘n emosie verduidelik nie.Jy kan ook nie met kennis ‘n gebroke hart heel maak nie en jy kan nie met kennis ‘n hart weer terug draai na jou toe nie.Daarvoor is tyd geduld en liefde nodig. Maar ek maak nie kennis min nie. As ‘n mens nie die basiese teorie omtrent beginsels van saai en maai, vertroue en vergifnis en liefde ken nie…sal jou kop dit verwerp en jy sal in die duister bly verantyd. Ken nie hierdie teorie van jou nie…waar kan ek dit lees, hou baie van sulke goed.Ek stry nie…ek verskil net .

  19. My standpunt by staan, kennis van die werking van die twee geslagte, is mag.

    Ek weet nie wat jou ware behoefte is nie, maar praat gerus met Palomino, Maankind, Kelley en Moekie. Hulle het al my ou blogs gelees.
    Dit sal nie noodwendig ‘n oplossing bring nie, maar insig in die werking van die psige van die mens.

  20. Deur kodisionering en opvoeding van die huidige geslag mans tussen 30 en 70 is hulle so macho met die uitsondering van die wat besluit het om n eie siening te handhaaf.
    Die meeste mans sal dit waardeer as julle vrouens leiding en gesprekvoering doen oor julle emosionele behoeftes,mans weet dit normaalweg nie.
    So se wat jy wil he en moet nie kritiseer of kla nie ek dink dan sal die mans probeer.
    Sterkte.

  21. Ek hou daarvan dat jy by jou standpunt staan, ek redeneer nie met jou nie en ja ek dink ook jy het ‘n punt beet. Jy kom net van ‘n meer wetenskaplike feitlike kant af waarin dinge reg of verkeer is, en ek van ‘n meer geestelike emosionele kant af so die kans dat ons presies in die middel gaan ontmoet is min. Ek hou van verskillende kante dit stimuleer ‘n mens se denke.Jy glo in evolusie ek in die groot skepping…die punt is wat jou gelukkig maak. Die presiese plek waar ek en jy mekaar mis, is die plek waar ek my man mis…so ek ken hierdie plek baie goed.Hy is nooit verkeerd nie…sy antwoorde beteken net niks vir my nie.Ek het nie behoeftes nie, ek hou net daarvan om oor hierdie dinge te praat en ander se opinies te hoor. Mense wat blog het gewoonlik sterk opinies en dis hoekom hulle dit deel. Ek dink nie dis ‘n berading sessie nie,en wardeer jou opinie en respekteer dit.Die psige van die mens is deel van die verstand en kennis kan beslis die psige gesond hou, maar die hart hou die gees gesond.’n gesonde gees huives ‘n gesonde liggaam. ‘n gesonde psige huisves ‘n gesonde verstand.Eva is uit die paradys uit gegooi omdat sy geeet het van die boom van kennis van goed en kwaad…dit het geestelike dood gebring.Liefde het weer lewe gebring in ons gees en dis waarom ek soooo lief is vir liefde.Maar jy is ‘n realis en ek is ‘n dromer!Hey kom ons geniet die verskil!

  22. ek wil emosionele aanwesigheid he?Sit dit vir my in mantaal oor dan gaan ek dit kommunikeer.

  23. Ek dink jy misgis jou met my.
    Ek aanvaar die werking van
    1 DNA verwantskappe en
    2 Genetiese mutasies.
    As jy verskil van my, sit dan jou kaarte op die tafel.

  24. Jy sien dit is die probleem…die voordeel van feite en realiteite is dat jy dit op die tafel kan sit en daarmee werk.Emosies is ‘n stase waarin jy verkeer, dit word gemeet in vrede.Dis abstrak. ‘n gevoel.Liefde word nooit op die tafel gesit nie, dis ook nie ‘n krag of mag nie…dis ‘n teenwordigheid soder oordeel, sonder reg en verkeerd of wit en swart…dis ‘n teenwoordigheid waarin die beste van jou navore kom, ‘n uitnodig om jou self te wees en sonder vrees net te kan wees wat jy wil.dis ‘n demensie van menswees waarin enige moontlik is en en ‘n plek sonder struktuur met wette en reels…sonder oordeel …sonder ‘n regter…dis ‘n atmosfeer waarin jy oopmaak…praat sonder taalreels en kan kommunikeer hoe jy voel.Hoe jy dinge ervaar en hoe jy dinge beleef.Dis die wonderlikste plek waarin woorde begrippe is van die hart en nie feite van die verstand nie. Woorde is prentjies wat kan beweeg met kleur en reuke en bring ‘n vorm van lewe uit jou hart. Jy kan dit sing of dans of skilder of inasem of net sit en dromm. Dis die wonderwereld van jou hart…en ja jy dink nou ek is mal. My man se dit gereeld vir my, en ek luv dit. Want dit moet mal klink vir iemand wat dit nie verstaan nie…net soos die wetenskap vir my.So ek het ongelukkig nie iets op die tafel te sit nie behalwe ‘n bloedrooi roos vir jou hart. Tel dit op en ruik daaraan…jy hoef nie daarvan te hou nie….dit gaan nog steeds lekker ruik. My punt is, al kan jy nie emosies op die tafel sit nie, dit is nog steeds die klop van elke hart.

  25. Ek dink mans is bang om te wys hoe hulle voel, bang dat ons sal dink hulle het nie hulle emosies onder beheer nie en is dalk swak. Ek weet nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.