Profile photo of rolienv

by

As Liefde jou moeg maak.

September 18, 2010 in Sonder kategorie

Ons almal se harte is seker al een of meer keer gebreek, almal het al verwerping en wonde van woorde oorleef.Ons almal weet hoe dit voel om eensaam te wees, teleurgesteld,gebreek en verlate….hierdie is die wonde van ons daarlikse lewe.Ons word daarmee groot…die meeste wonde kom van die mense naaste aan ons.Soos groot word en leer ons later dat liefde met tye seer maak.

Die graad van hierdie seermaak verskil van persoon tot persoon en paty mense verwerk hierdie seer beter as ander.Ek het al die wonderlike mense ontmoet wat uit aaklige verledes uit kom en het dit net as ‘n brander gebruik om spoed te kry…ander het sulke wonderlike lewens en famielies gehad en het die aakligste gesindheid oor alles.Mense hanteer dinge anders so daar is nooit ‘n reg en ‘n verkeerd  nie…net ‘n makliker manier om alles te hanteer.

Ek weet dit is soooo maklik om  om toe te maak en net aan te gaan met die lewe…

Ek dink ‘n mens se hart is soos ‘n anemoon…ek het nou een oggend by die see met ‘n anemoon gesit en speel. Ek het my vinger net so saggies aan dit geraak dan maak dit toe. Net daar waar jy vat.Hoe meer jy vat en vat hoe meer maak dit toe , totdat die hele anemoon toe was en dit beskerm het teen my….as ek enigsins kleiner en feiner was het dit my my probeer in trek….en my toe gemaak saam met dit en my probeer verteer om hom te voed.Dit het vir lank so toe gebly en toe dit dink dit is veilig maak dit weer oop ….baie stadig ….bietjie vir bietjie.

Partykeer dink ons ons gaan iemand help…hulle laat ons toe om naby te kom , baie naby en trek ons in hulle netwerk van probleme en voor ons ons kan kry is ons toe gemaak. Ons tyd en ons energie en al die lewe in ons word toegemaak deur hierdie een perosoon se pyn en seer….hierdie emosionele band trek ons al dieper en dieper en die ons word in skuld daar gehou.Ons voel verantwoordelik vir die persoon, maar dit verteer jou hele siel.Kom Uit!

Pyn is iets wat mense persoonlik moet verwerp. Met hulp en ondersteuning en baaaaaie liefde sal hulle leer om onafhanklik te raak en hulle eie probleme te hanteer. Ons is elkeeen verantwoordelik vir ons siel. Ons is verantwoordelik vir ons dit gee en wat ons daarmee toe en hoe ons dit gebruik.Dit is die enigste deel van jou wat aan Jesus behoort, of jy dit nou al vir Hom gegee het, of nie. Dit is Syne Hy het daarvoor betaal met Sy lewe.Ons moet dit net instandhou volgens Sy woord…Hy kom dit haal.Ons is verantwoordelik vir ontwikkeling van ons denke en emosies en ons het elkeen ‘n vrye wil.As ons ons eie siel versorg en stap in oorwinning kan ons ander siele ook wen vir die Koningskryk van God. Dit is nog ons mission waarvoor ons hier is. Om met PASSIE ONS MISSIE UIT TE VOER DAT ONS VISSIE DIE KONINGKRYK VAN GOD IS.Maar sonder ‘n siel sal dit maar lol. Meeste van ons se harte behoort aan die een en ons verstande is vasgevang in negatiewe en ons wil vir uitgekoop aan die wereld…slaaf van sonde.God se heeel eerste stap is om jou syne te maak…om jou vry te maak en om jou heel te maak.

Hy wil jou toe vou in Sy liefde, Hy wil jou na groen weivelde lei…na water waar rus is en jou siel verkik.(Heel maak-Nuut maak)Kom Na Hom toe …Hy wag vir jou!Hy weet ons raak weg en verlore in ons stryd om goed te doen…maar stukkede soldate en ook mediese sorg nodig …al gaan die oorlog aan. Hoe vinniger jy heel word…hoe vinniger kan jy weer die ander aflos wat stukkend is.Om gewond en moeg rond te loop is nie ‘n baie goeie besluit nie…ons het sterk soldate in die hierdie geestelike oorlog nodig.Kom uit en laat God jou heelmaak en laat Hy jou wapenuitrusting vir jou aantrek.

 As iemand jou in beslag neem met sy probleme of dit nou jou man of jou kind is….is jy daardie persoon se eiedom en jy is nie vry om enige iemand ander ook nie jouself ook nie God te dien nie.

Ons is gemaak om vry te wees…om lief te he en om mekaar te dien in liefde en om te gee…nie vasgevang te bly in een perooon wat afhanklik is van jou en jou in sy netwerk probleme toe spin totdat jy nie meer asem kry nie.

Verder is ons ook nie veronderstel om ons perels te werp op die swye nie…moenie jou pragtige waardevolle innerlike skoonheid bied aan iemand wat dit nooit sal wardeer nie….moenie dat jy verlei word deur skoonheid of krag of geld nie….as jy eers iets begeer word dit ‘n aantrekking waarna jy vir baie lank sal strewe met alles in jou lewe en die binding is weer dieselfde….dis al waarin jy sal dink …voel ….en wil doen….jy is daardie persoon se eiendom.Kom Uit!As ‘n perooon jou nie lief het vir wie jy is en die skoonhied wat jy bied nie kan waardeeer nie…..moenie jouself verder laat intrek deur hierdie obsessie nie….jy is meer werd as dit.

Daar is so baie van hierdie bande wat ons intrek…warin ons wegraak en ons hartverloor ,mens kan dit nie eers noem nie.

Ek het baie lank gevat om los te kom uit al hierdie valstrikke van die lewe.Al hierdie seerowers wat opsoek is na jou skatte…jou skoonheid. En glo my ons almal het skoonheid in ons.Dit is nie voorkoms of besittings nie….dis wie jy is. Jou uniekheid. Moenie dat ander dit steel nie.Moenie dat iemand hierdie spesiale andersheid steel by jou nie.Dit is jou skoonheid.As dit nie goed genoeg is vir iemand nie, is daar nie fout met jou nie…dis is die verkeerde iemand.Maoenie dat mens dit misbruik en uitbuit nie.Sien dit raak en koester dit in jou hart…beskerm dit en hou dit veilig….moenie dit weggee nie dit die skatte van die hemel wat weggesteek is in jou hart. Dit behoort nie aan jou nie. Dit is jou bekoorlikheid…dit is die skatte wat Jesus kom haal as hy kom op die wolke.Hou dit veilig vir hom, Hy weet van elke skat in jou en as jy hom vra sal hy jou lei en jou wys hoeveel skatte is daar in jou.Hy het ‘n spesiale plekkie net vir jou. Jou naam is opgesryf in Sy handpalm en Hy weet van hierdie skat.

Breek alle emosionele band,alle sielsbande en alle liggaamlike en geestelike bande in Jesus naam.Maak jou vry van al die parasiete in die lewe en maak jou vry om te dien.Begin weer.Liefde is ‘n gawe van God , as dit jou dreineer, is daar ‘n parasiet in jou lewe.Kry pestcontrol!As ons so gewond en seer is dat ons bang raak vir liefde….bang raak om ons self te gee bang raak om ander naby ons te laat kom.Toe gemaak het vir liefde en toegemaak het vir die wereld en God se liefde…dan het ons skat verlore geraak.Dan het ons skat sy waarde verloor….dan is ons skat van die koningkryk in jou niks meer werd vir die koningkryk nie ….jy het dit dan aan die wereld gegee…jouself verloor…die om jou verloor …en God verloor.Jy sal geisoleer en eensaam voel want jy maak hierdie pyn en seer toe en sluit jou af van die wat jou kan help en jy en jou pyn leef alleen en niemand kan jou help nie.

Kom uit…waag om weer ‘n bietjie oop te maak…’n bietjie liefde te ontvang en ‘n bietjie liefde te gee…begin van voor…waag alles wat jy het,want as jy nie liefde het nie…het jy niks.Moet niks verwag nie….begin baie klein…soos die eerste groen blaartjie wat diewaag om in die koue sy verskyning te maak,om ‘n nuwe seisoen aan tekondig. Die son skyn nog nie…maar dit is tyd.Dit is tyd vir nuwe lewe en jy het die koue winter oorleef…al is daar nog stukkies ys oral in jou hart.Waag dit om daardie eerste belofte van lewe te leef…kom uit daardie gestroopte tak uit en kyk al die prag om jou.Stap tot by ‘n boom en kyk daardie klein stukkie groen knoppie wat so sukkel om deur te kom…en dit is osn teken…dis Lente.Waag dit …voor dat hierdie seisoen verby gaan en jy nie ‘n elkel vrug gaan dra nie….waag dit.

En as dit nie nou jou Lente is nie…en jy moet rus.Laat val jou blare….en rus.Maak jou toe vir die winter en rus dat daar nuwe lewe in jou kan voerm. Daar is ‘n seisoen vir ons almal….en as dit ons seisoen is van vrugte …gee dit vrylik weg…jy het die vrylik gekry!en onthou daar is tonge van swaarde en oe van blitse …wees sterk. Jy is nie hier vir hulle nie…maar vir God. Jy werk nie vir hulle nie…maar vir God.Jy behoort nie aan hulle nie…maar aan God.Ons is nie van hierdie wereld nie…maar van God.Dit is nie maklik vir ons nie…maar vir God.

3 antwoorde op As Liefde jou moeg maak.

  1. TS het gesê op September 18, 2010

    Sjoe ek weet darem nie…

  2. Hoe bedoel jy?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.