Profile photo of rolienv

by

Seks

September 17, 2010 in Sonder kategorie

Ek en ‘n dierbare vriendin gesels gister oor seks.Ja hierdie woord het ‘n groot effek op ons gedagtes en emosies.Wat ervaar ons as die woord ons ore slaan,as dit in ons gesigte ingedruk word deur die media, of sugestief aan ons gedis word in ‘n tydskrif of eroties op ‘n flyer onder jou ruitveer? Skaamte? Skok ? Stimulasie ? Opgewektheid?…vir party van ons is dit ‘n vae begrip in ons verlede en vir party is dit ‘n fantasie in die toekoms.Seks…is dit ‘n geslag, ‘n mag,’n daad …’n diens, of ‘n geskenk?Wat is dit vir jou?

Ek het gister gepraat van ons bruidegom, wel as Hy ons enigste bruidegom is, hoe nou gemaak in die kamer met twee bruide?Dis funny,en ek het gelag toe hierdie gedagte opkom.Daar keer ek toe weer terug skrif toe en dis toe dat hierdie bespreking begin het. Uit al die boeke insluitend die Bybel en al ons ondervinding van my 17jaar en haar 24 jaar het ons ‘n gevolgtrekking gemaak, en dit is slegs ons opinie, maar dit werk vir my.

Jou hele liggaam is ‘n geslagsorgaan.Die manier waarop jy dink, en voel en sit en loop en le….dit maak jou ‘n man of ‘n vrou.Dit maak jou ‘n sensuele wese en dit is ‘n chemiese,tegniese,meganiese intelektuele,emosionele ,kreatiewe wonder en deurbraak in die ingeneurswereld waar alles funksioneel moet wees.

Die man …die funksionele kant van die daad.Hy werk met funksies…druk  en play knoppies en finish aan die einde.Dit is ‘n proses van volgorde van bewerking is gelyk aan antwoord.

Die vrou…nie funksioneel nie.Abstrak en baie kreatief!Sy werk met seine en as die seine nie lekker is nie is daar geen opvangs nie.Dis ‘n desaster, want vroue wil opvang…so hulle loop tot bo op die berge om opvangs te kry , waar die seine sterk deur kom.Soveel keer van ‘n heeel ander voorsieners af.

‘n vrou is ‘n sensitiewe baie breekbare ongelooflike ingewikkelde netwerk van senuwees wat presies doen wat sy moet as die seine goed deurkom.Dit is ‘n omloop vanomstandighede en begin by enige plek dit niemand se verantwoordelikheid nie…dis ‘n kringloop van omstnaighede soos ‘n habitat wat gesond moet bly anders is die hele kringloop ongesond en ongebalanseerd en sal sterf en die oorlewendes sal op ‘n ander plek moet gaan oorleef.

Klink baie dierlik as ‘n mens dit so stel maar dis die lank en die kort daarvan.

Ons vul mekaar aan en het ‘n groot effek op mekaar. Elke liewe woord en daad en sugestie van beweging lok sekere gedagtes en emosies uit. Ek kan met een woord my man goed laat verstaan dat daar beter dinge is as TV kyk, sonder om hom aan te val , maar hom uit te lok, te verlei en opwek en in aksie bring…die vrou is nie die hulpelose victim in hierdie saak nie. As ons die man oproep in ons mans…funkseerneer hulle as mans.Hulle doen wat mans moet doen en dit maak ons vroue.Om alles wat ons het te gebruik as een groot orgaan om ons mans in liggaam siel en gees te bevredig…en dit het nie net met seks te doen nie maar die aksie wat ons neem om ons mans in alle demensie gelukkig te maak. In sy seksuele begeertes ja, maar ook emosioneel, fisies, jou rol in die gees as vrou,maak sy gedagtes van jou laat hy jou begeer en fanteseer oor jou.Maak hom joune in hart en siel en verstand.Vul al 5 sy honger sintuie en maak die man in hom weer wakker!

Hierdie manlikheid maak hulle sterk in ons oe en ons bewonder hulle en begeer hulle en hierdie geluk loop oor na ons toe in liefde. ‘n Gelukkige man het sy vrou lief.Dis aksie oor na reaksie en hulle reaksie sit ons weer oor in aksies. ‘n Baie gesonde kringloop van energie wat oorloop in passie en romanstiese getroude lewe selfs op 90 jaar.Dis soos saai en maai….

Ons moet alles wat ons het om ons mans gelukkig te hou…hou jou orgaan in stand en gebruik dit gereeld om die kringloop gesond te hou.Ons dien mekaar in liefde…moenie wag vir jou deel en harseer en verwerp sit in ‘n hoekie nie. Staan op en wees ‘n vrou…gebruik alles en drop al die konservatiewe reel en wette wat jou ma jou geleer het….be all!Wees alles vir jou man…maak hom mal, bedien hom, troos hom, bid vir hom en bevredig hom. Jy sal die vrugte pluk.Dit is jou rol as vrou…dit is wat Jesus van jou verwag en wat jou man van jou verwag.Wees onderdanig in liefde…wees alles wat hy in ‘n vrou begeer…en as jy hom vra is dit meer funksie as voorkoms.Kom verby jou vrese en jou waardes….

As jy vir Ester gaan lees en one night with the king sal jy sien…sy was ‘n maagd, ‘n onsluldige Jood….wat met ‘n moordenaar man getrou het…wie sy vorige vrou kaal op die tafel wou laat dans het….hy sou ook van haar die ontmoontlike verwag het.Sy is voorbereid…verstandelik , emosioneel en geestelik om haar  man te bevredig en hom eerste te stel, want as hy gelukkig met haar…en sy sy liefde kon wen , kon sy haar volk red en sy het met God se genade en sy het haar man vir  die koningkryk gewen.Daarmeee bedoen ek nie dat jy ‘n prostituut vir jou eie man moet wees nie, net dat sy behoeftes…eet, slaap, werk en seks en kerk vir jou baie belangrik moet wees, en hoe beter jy dit ken hoe beter vrou sal jy wees en hoe gelukkiger sal jy hom maak en dit sal oorloop na jou.

As jy met die loop van die jare hierdie man in jou man al min gemaak het, deur om te kritiseer oor sy vriende , en oor sy werk, en oor sy manier van dinge doen en hoe min hy doen en hom meer in jou vrou wereld in laat pas het….wees ‘n vrou!Struur hom terug na die rugby toe…na sy stokperdjie…sy manwees dae af….wees ‘n vrou!Maak ‘n man van jou man!Lok die man in hom uit…sit weer die kroon op sy kop.Jou man is jou koning en jy is sy koningin.Voel soos een…maak weer die man in jou lewe jou koining.

Dink van dag net aan een ding wat hom sal gelukkig maak en doen dit en vergeet van al die goed wat jou sal gelukkig maak….kry die kringloop aan die gang en wag…

Ons is dus nie slagoffers van die mansgeslag nie maar die produk van ons eie dade en gesindhede.Neem aksie en geniet die reaksie.Hou op om passief te sit in eensaamheid in ‘n ongelukkige huwelik waarin daar nie meer liefde is nie….sit liefde in en kry liefde uit!Lekker naweek vir al julle wonderlike vrou en onthou om stout te wees hoor!

8 antwoorde op Seks

  1. Ek lees jou stuk aandagtig deur, maar ek lees nie dat jy erken dat die man dalk intellektuele behoeftes het wat ook bevredig moet word nie.

  2. Jou hele liggaam is ‘n geslagsorgaan.Die manier waarop jy dink, en voel en sit en loop en le….dit maak jou ‘n man of ‘n vrou.Dit maak jou ‘n sensuele wese en dit is ‘n chemiese,tegniese,meganiese intelektuele,emosionele ,kreatiewe wonder en deurbraak in die ingeneurswereld waar alles funksioneel moet wees.

    Hier het ek dit genoem, maar ja, ek is jammer dat ek dit nie meer prominent gemaak het nie…ek het baie respek vir mans en wou hulle regtig nie afmaak as tools nie…het net meer op die vrou gefokus.Ek wet dat ‘n mens se grootste behoefte met tye stimulerende geselsskap is..man of vrou.Sorry Neander…weet jy is ‘n intellegente man.

  3. Nog nie so gedink aan my man wees – as totale seksuele orgaan nie- klink of kan saamstem

  4. Baie goed geskryf! mmm sjyme nou dwaal my gedagtes…

  5. Ja ek wens manwees is nie so klein gemaak soos ‘n penis nie, daar is soooooveel meer aan ‘n man as dit. Die hele wese van ‘n man moet geuig van innerlike krag.Nie spiere of die grote van wat ever nie…daar is baie mans met baie groot geslagsorgane wat baie ver van ‘n man af is in my oe! Vang daai gedagtes en sit hulle op papier Tweeling!

  6. Wow. Wow. Flippen WOW!!!!!!!

  7. You’re kidding me! Hy HET????

  8. Liewe Jan, ek het beslis:-)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.