Jy blaai in die argief vir 2009 Oktober.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Gesondheid

Oktober 9, 2009 in Sonder kategorie

Vanoggend wil ek net vra dat almal gou moet dink aan die wat mense wie vanoggend in die hospitaal  is,of dit nou is vir een of ander toets, of chemo of net ‘n roetine operasie.Dit ontwrig ‘n mens se lewe en bring alles wat vanselfsprekend geword het tot ‘n stilstand en laat jou dink oor gesondheid, oor finansies, voorsiening en die toekoms en jy word gekoinfronteer met ons almal se grootste vrees, ‘[n realiteit waaroor niemand wil dink of aanvaar as deel van jou bestaan nie.Die dood.

Kom ons wees vanoggend net dankbaar vir ns gesondheid, dankbaar dat ons vanoggend by die werk kan wees, ons kinders kan versorg, ons man kan gelukkig hou en sterk genoeg kan wees om hierdie dag aan te pak met elke uitdaging wat dit inhou en bid dat ons vanaand weer veilig en gesond by die huis kan aankom, moeg na ‘n dag se werk en gebeurtenisse en kom ons bid dat hierdie by die huis kom nie vir ons selfsprekend sal wees nie, maar hang ‘n lint of ‘n boom by jou deur wat jou sal herinner elke aand vir daardie gedagte van selfsprekenheid om plek te maak vir dankbaarheid.Noemdit jou dankbaarheids strik of boom.Daar is ‘n hele paar sisteme wat volmaak jou liggaam instandhou om te dink, praat, asem tehaal,beweeg,sien en gelukkig vir almal saam werk om jou te te laat funksionneer in een dag. Sisteme wat vanselfssprekend net werk?Niks is vanselfsrekend nie.Kom ons dink vandag daaroor.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Oktober 7, 2009 in Sonder kategorie

40

Ja ek is 40,so what!

My meisiekind was verlede naweek matriekafskeid toe(nie hare nie, maar die boyfriend)my seun gaan die naweek na sy Gr 7 afskeid toe en my ou baba wil nie meer op 10 ‘n baba wees nie,so ja ek is 40.

Lekker ou 40,ek weet nie hoekom die vrouens so aangaan daaroor nie, in my oe verdien elke vrou dit om eendag 40 te wees.Die kinders bietjie van die hand af, jy het weer ‘n bietjie tyd vir jouself en jou ouderdom tel definitief in jou guns as dit kom by outoriteit en geloofwaardigheid.Wysheid met die grysheid is nie net ‘n cliche nie, en ek dink in ‘n mens se brein bereik jy ‘n level van lewe waar dinge stadiger gebeur en stiller klink.Dis asof jy gewig verloor het in jou kop. Jou issues onder aan jou prioriteitslys gesit het en lus vir die lewe eerste.Jy het ‘n bril van sonskyn op en dis asof alles ‘n silver randtjie het.Die plooitjies hier en daar begin vir jou na mylpale lyk en die eksta rolletjies  na dikvelligheid.Daar is min wat jou regtig nog omgooi en dis asof jy in dankbaarheid rus kry oor alles wat jy nog wou doen en alles wat nie perfek is nie. Jy begin perfek kyk na ‘n onperfekte wereld en giggel oor die sedes van die verlede.

Ja ek is 40…..so what?

Profile photo of rolienv

by rolienv

Oktober 6, 2009 in Sonder kategorie

Hi aan almal

Ek het lanklaas geblog,kom ons se ek het gehuberneer.Ja dit klink wetenskaplik heeltemal aanvaarbaar.Ek hoop dit gaan met almal baie goed.

Ek is regtig opgewonde oor die nuwe seisoen en glo dit is ‘n nuwe begin vir ons almal.Ek is besig om my kop en my hart te springclean  en gaan hierdie seisoen regtig al die geraamtes en spinnerakke uitgooi.Ek sal soos ‘n nuwe mens begin, sonder ‘n verlede met ‘n blink toekoms.Ek sit ‘n nuwe bril van hoop op en leef vandag tot dag sonder bagasie vir more.Ek het niks nodig,net genoeg vir vandag.Ek het alles wat ek nodig het en ek wil net die lewe geniet en lig en vrolik.

Ek sal huppel oor my probleme en sweef oor my omstandighede.Ek sal lewe in die beloftes van more en ek sal in my potensiaal stap en weet ek is tot enige iets instaat.Ek sal nie meer compromise vir minder as my deel nie, ek sal ook nie twyfel in my oorvloed nie.Ek is gebore om te wen en ek sal as oorwinnaar lewe en nooit weer ‘n victom word van my omstandighede nie.Ek is meer as ‘n oorwinnaar in Christus.

Profile photo of rolienv

by rolienv

‘n Nuwe Seisoen

Oktober 6, 2009 in Sonder kategorie

Soos ‘n kaalgestroopte boom in die winter,kaal en bar en blootgestel aan die elemente om my staan ek vanoggend voor U en ek is bewus van die hoop…die herinnering aan vorige seisoene en die geloof dat ek hierdie lente weer sal bot.Nie omdat ek soet was of ek sterk of mooi is nie omdat dit U tyd is vir nuwe dinge.Ag Heer ek hou my hande in die lug soos ‘n boom se takke en roep uitmet alles wat ek het uit…U is my verwagting!~Heer dis U tyd, die verandering in die omstandigheid en die opgewondenheid in my oor hierdie hoop diep binne en ek weet met versekering ek gaan weer bot hierdie lente ek gaan die bewys dra van die hoop in my en die belofte van vrug.Ek weet Elke bloeisel sal  beskerm word deur U wonderlike teenwoordigheid en elke bloeisel sal ontwikkel in ‘n volmaakte vrug wat deel sal wees van die oes wat U belowe het.Heer help my dat ek geduldig sal wees en op U tyd sal wag vir elke bloeisel en in geloof sal uitsien na ‘n groot oes in die volgende seisoen.My wortels sal al hierdie takke  voed en stewig laat staan teen die storms daar buite.

Heer gebruik hierdie lappie grond in my hart  om vir U ‘n oes te dra,voed my en laat U Gees  in my ontwikkel dat ek ek my eerste vrugte skaamteloos vir U kan gee.Dat ek met blydskap my eerste vrugte sal uitdeel soos U wil.Aag Heer dat die sprinkane  nie U oes sal beskadig nie. Ek bid dat U hande oor hierdie ou boompie sal bly, U goedheid en U oorvloedigheid hierdie oes verdubbel.Heer ek bid dat hierdie boompie elke dag sal weet niks wat in my is kom uit my nie,maar dat ek elke dag groei en ontlwikkel in U lewe. U liefde en U krag wat my gereed maak vir nog ‘n seisoen.Hoop gee vir nog ‘n dag en ‘n verwagting vir nog ‘n seisoen.Dankie Hemelse Vader vir hierdie spesiale vrug,hierdie vrug waarna almal smag, dankie dat ons nu die draers van U ttenwoordigheid kan wees.Dankie dat ons hoop kan he, en hoop kan gee en elke dag dag te weet dat ons ‘n hoopvolle toekoms het.Heer leer ons om nie net vir oestyd te lewe nie, maar om stilt e raak in die winter tyd en U grootheid ervaar.Dankie Heer vir hierdie bietjies winters in ons hart waarin ons met soveel verwagting hoop op U genade en in geloof groei soda tons dit kan uitsort in die somer.Dankie Heer vir die nuwe lewe in ons in die winter en dankie vir die nuwe lewe uit ons in die somer.Dankie Heer dat U ons voed en die winter dat ons die wereld kan voed in die somer.Dankie Hemelse Vader vir U wonderlike volmaakte tyd en U volmaakte liefde. Leer ons Heer om altyd te vertrou en te weet vandag is is volmaak in U plan en vandag is volmaak in U tyd en dankie Heer dat ons in winter of somer kaalgestoop of in volle ons kan oorgee in U wil vir ons.Dankie Hemelse Vader dat ons U kinders is ,dat ons U vrugte dra en dat ons vandag soos more en altyd verseker kan wee tons hoef nie bloeisels te maak in die lente en vrugte in die somer nie ,dat ons nie hoef blare te maak of skadu te gooi nie, maar dit slegs ‘n bewys is van U liefde in ons,nie omdat ons wil nie, maar omdat U wil.

Vergewe asb ons eie pogings en ons hopeloosheid met tye en help ons om soos ‘n boom by waterstrome in U rust e gaan en toelaat dat U liefde oorvloeding sal  blom in ons.U liefde is ons vrug en U liefde is ons lewe en U liefde is ons lig.Skyn vandag in Jesus Naam deur ons  en help ons om boompies van liefde aan teplant in die harte wat op ons pad kom vandag!