Profile photo of rolienv

by

Lewe

Julie 14, 2009 in Sonder kategorie

Wettelosheid of Godsdienstigheid?Die hemel of die hel?Hoekom is dit die twee grense waarin ons beweeg.So extreme…niks tussen in nie, swart of wit.Geen balans,net ‘n lewe van een uiterdste na ‘n ander.

Uitgeput van die op en af en heen en weer val ek alweer voor die voete van ‘n liefdevolle Vader en bly sommer net daar le.Ek voel sy oe op my, Hy praat nie,Hy wag vir my. Ek le net daar en voel Sy teenwoordigheid, so rustig so deurdringend soos groenweivelde…ek vind rus.Ek haal diep asem en weet ek is veilig, ek word nie geoordeel nie ek voel die warmte van Sy liefde terwyl ek sadig uitasem.

Die vars hernuwing voel soos vars gebakte brood op ‘n honger maag en die koel asem in my binneste loop soos helder water in ‘n droe rivier af,dit deurdrenk en was en reinig en dit bring verligting aan die dorheid en dors en bring lewe.Eienaardig ,die Vader van my,Hy weet al klaar wat op my hart is, Hy weet wat ek dink en waarmee ek worstel. Hy het my al klaar vergewe en ek het nog nie eers gevra nie,Hy wag net,Hy is so geduldig en Sy teenwoordigheid bring vrede in die veroordeling en woede wat in my heers.Hoe kan Hy so goed verstaan.Hy het my dan gewaarsku?Hoe kan Hy vergewe ek het dan geweet?Tog …is ek nie veroordeel nie ,net oortuig en tog het Hy my nie aangekla nie, maar Hy spreek my vry.

En nou kom ek na die val en stort my hart uit voor Hom en ek weet ,ek sal nie weer oor hierdie rots struikel nie, nie weer sal ek my kop kap teen die klip nie en nie weer sal ek hierdie deur laat oopstaan vir my verlede om my te besoek nie,ek pluk akl die kaste se deure oop en ruk uit al die spoke.Ek is nie meer bang vir hulle nie, hulle kan niks meer aan my maak nie,hulle is nie deel van my lewe nie, en hulle sal nooit weer ‘n deur kry om in te kom nie.Fonteintjie van jou gaan ek nooit weer drink nie.

Ek is waardig,geseend en bemin deur die God in die heelal,wat is daar wat ‘n mens aan my kan doen?Ek word verwyder van my verlede en vandag pak ek vir gister verewig weg en weet ek sal nooit weer kan terug gaan nie. Ek het ‘n nuwe lewe en dit wat ek vandag kies bepaal my more.Die gisters is soos ‘n pad wat ek gestap het en dit het my tot vandag gebring, maar nooit weer sal ek omkyk na gister,ek sal nooit weer soos ‘n sout pillar blysdaan op een plek nie ,nooit weer salk ek wonder oor wat kon wees en nooit weer sal ek magteloos ingee deur ‘n swakheid wat hoort in my verlede nie.Vadag is ‘n nuwe dag, ‘n nuwe lewe ‘n nuwe hoop ,nuwe verwagting en ‘n nuwe toekoms.

Ek voel hoe hierdie swakheid met krag vervul is , en hierdie swakheid sal my van nouaf sterk maak in die moeilikste tye,want daar waar ek swak was , is Hy nou sterk in my.Ek sal my verlede nooit weer as deel van my toekoms sien nie en begin vandag en maak my los van dit wat agter is en rig my op vir dit wat voor is en raak opgewonde oor die einde en Juig van pure plesier dat ek in die die regte wee is om die prys te behaal.Ek hardloop vir die regte span.

Dankie Jesus vir U kosbare bloed, dankie vir U redding en dankie dat U ons versoen het met U Gees Dankie vir die snyding tussen ons en sonde en dankie vir die versoening tussen ons en U..Dankie dat U ons vervyder van ons sonde so ver as die ooste van die weste en dankie dat ons verlos is,gered is,en met vrymoedigheid my kom le voor U genade troon.Ek is baie lief vir U , my redder ,my vriend en my geneesheid.Dankie vir lewe!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.