Jy blaai in die argief vir 2009 Junie.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Liewe Vader

Junie 7, 2009 in Sonder kategorie

Vandag kom val ek sommer  voor U voete neer le,ek wil nie eers bid nie, ek wil nie praat nie, ek wil net hierso le.Ek is moeg, ek is stukkend, moedeloos, op en vuil en verwaarloos.Ek is honger en dors vir U.Ek is deurmekaar en verward my kop voel soos ‘n sif en my hart soos ‘n oorlogsveld,my liggaam is gedaan…ek kan nie meer nie. Ek wil nie meer nie…ek is moeg….moeg….moeg.

Ek wil net U liefdevolle oe op my voel, U onvoorwaardelike liefde wat in my in sink, U aanvaarding wat my omvou en U lewe en krag wat my van binne af weer sterk maak.Vader ek het alweer my eie kop gevolg,my eie pogings my eie krag en my eie wil…kyk hoe lyk ek Heer….wanneer Heer ?

Gaan ek ooit in gehoorsaamheid wandel en U volle krag beleef?Gaan ek ooit uit die pad kom dat U my heel kam maak.Die laste wat ek dra en juk wat ek trek, gaan ek dit ooit verruil vir Jesus. U het belowe,Sy las is lig…Sy juk is sag.Hoekom kies ek elke keer om in slawerny en ballingskap te verval.Hoe sit ek dit alles neer, hoe hou ek op en gee oor dat U verder kan?Vat dit my Heer ek kan nie meer, vat my laste, my sorge en my wil vat alles…ek weet nie hoe!

Wanneer ons die antwoorde het en die genade ken en in die verlossing glo…hoekom Heer?

Eiesinningheid en die verslawing om te verstaan….antwoorde te kry op alles ….redeneer en analiseer tot ek nie meer kan omdraai nie, totdat ek weer heel van die pad af gaan en tot diep in die donker verdwaal.Hoekom Heer?Hoekom moet ons altyd weet?

Heer vergewe my,ek is ongehoorsaam en eiewys.Heer help my van my begeerte om dinge self te wil uitsorteer en te verander, om te verstaan sonder obenbaring en om te om bewyse te  soek sonder ‘n visie.Vader vergewe my dat ek soek na bewyse en antwoorde wanneer U alles vir ons klaar gedoen het.

Heer U is volmaak, U is die beginner van alles en die voleinder van alles. U is die groot EK IS en ons het niks anders nodig.Heer ek bid dat dit vir my sal genoeg wees.Vader U woon in my wat meer het ek nodig, wat kan ‘n mens aan my doen.Wat meer wil ek weet, en nog wil ek verstaan.

Dankie Heer dat ek hier by U kan le,dankie dat U lig my altyd uit die duister kom haal, en dankie dat U my hernuwe  en vergewe en weer was  en skoon aantrek en oplig en bekroon met U lieflikheid.Dankie dat U lieflike geur my omring en waardigheid my oprig standvastig maak, dankie Heer dat ek kan weet daar is niks wat ek nie kan doen nie, en daar is niemand wat teen my kan wees nie.Dankie dat U vir my is dat ek U kind is, en U my Vader.

Maar meer as allles…dankie vir vryheid,vryheid in vrymoedigheid,vryheid van vrees en vryheid van gevangenis en slawerny…dankie Heer dat U altyd vir my lief is en dat U besig is om my in U Wil en U groot plan te bebruik vir U doel al verstaan ek nie, en al sien ek nie bewyse.

U het belowe U lei my na groen weivelde toe…na waters waar rus is. Jesus help my om bereidwillig te wees…om gehoorsaam te wees…om te luister en om sonder om te verstaan en sonder bewyse te glo ek dis nie ek wat in U wil stap nie, maar U wat my in U wil hou en dat ek sal oorgee, my hele lewe en sal gaan na die waters van rus is en dat ek saam met U sal wandel in die spore van geregtigheid in U Naam ontwil.

Dankie vir genade…