Jy blaai in die argief vir 2009 Mei.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Die Winkel

Mei 14, 2009 in Sonder kategorie

Die winkel is nou myne!Na ‘n jaar se werk in die winkel,wel eintlik het ek meer gebid as gewerk,is dit nou amptelik myne.Lang storie kort ….God het dit vir my gegee.

Dis wonderlik  hoe die Here sorg vir ons.Hy ken regtig ons behoeftes en begeertes beter as ons.Ek kan nie glo ek het 20 jaar verpleeg nie,ek geniet die winkel so en baie van die goed verstaan ek so natuurlik,of is dit soos die Here ons kan gebruik.Hy verander ons en maak ons net soos Hy wil as ons gewillig is,is Hy able.

Ek kan goed onthou hoe die verandering van beroep die koue sweet op my laat uitslaan het en met die veranderanring het my ma se dood ook gekom. Ek mis haar so baie.Mens kry vertroue in jou self en in die mensdom as jy sien hoe aanpasbaar ‘n mens regtig kan wees met tyd.

Ek weet nou verseker Jesus leef, nie net in die Bybel nie, maar by ons, tussen ons en in ons elke dag.Hy verander ons meer en meer en hy maak ons buigsaam en maak ons vry van ons regiede maniere en reels en wette.Hy verander ons van ons vooropgestelde idees en maak dinge wat onaanvaar is aanvaarbaar en dinge wat onmoontlik is moontlik.Hy verander ons denke en maak stil ons emosies.Hy verander die “cool”geit na passie en maak ons weer”hot” vir Jesus.Opgewonde oor die lewe. Hy gee vir ons ‘n visie en misie en dra ons waar Hy ons wil he.

If we are willing….He is able.