Jy blaai in die argief vir 2009 April.

Profile photo of rolienv

by rolienv

As jy nie gestem het nie, stem jy saam.

April 28, 2009 in Sonder kategorie

Vir die mense wat nie vir die DA gestem het nie en ook nie vir Graeme op die IDOLS nie….sies man!

Ok !Ontspan dit was net ‘n grap.Dit was maar net my keuses.Ek is egter sad dat so min mense gestem het.Hoe oefen jy jou reg as SA burger uit as jy nie eers jou reg om te stem uitoefen nie.Bietjie van ‘n draadsittersmentaliteit sou ek se.As ek gesien het hoeveel mense al baie vroeg in die oggend in elle lang lyne gestaan het, en jy vat dat hulle nie vervoer het of hulp nie, maar is geregistreerd en het gaan stem.Party het met komberse in die koue gestaan en party het kilometers ver geloop en vir so lank as 6 ure in ‘n ry gestaan.Het jy regtig ‘n verskoning?

Mens kan nie vir iemand dwing vir wie hy moet kies nie,maar ek voel ‘n mens moet die mense dwing om te stem.Dit is elkeen se plig as SA burger om te stem.Die wat nie gekies het nie, het ook nie ‘n reg om te kla nie.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Vote

April 23, 2009 in Sonder kategorie

 Het gaan vote, glad nie gewag nie, was die enigste een in die hele stadsaal met 20 beamptes wat my wou help.Wow! Dit was ‘n goeie ondervinding.Het soos ‘n VIP gevoel.