Profile photo of rolienv

by

Die Flingstone Christen!

Maart 16, 2009 in Sonder kategorie

Jaaaaa, ek weet, ek het alweer ‘n tantrum gegooi en dit ewe melodramaties vertel ook.Oeee ek kan so ver die pad duister raak as ek fokus verloor.Daar sit ek in die pad en weier om verder te stap want manlief wil nie die pad stap wat ek wil stap nie, en al plan van aksie wat ek aan kan dink is hom hard oor die kop te slaan met die Bybel en aan sy hare te sleep tot in die hemel.

Wel dit het nie gewerk nie, en ek voel soos n total loooooser!En nee my man wil nog nie sy hart vir Jesus gee nie,maar met die gesindheid waarmee sy liefdevolle vroutjie hom behandel het in die afgelope tyd neem ek hom ook nie kwalik nie.Ek meen daar was nie vreeslik joy om te wys van die lieflike plek waarvan ek praat nie, en ek ek het hom amper ontvoer teen sy sin.Afgepers en nog al die goes wat nie juis vir jou ‘n goeie sitplek in die hemel verseker nie.Ek belei ek was verkeerd!!!

Ek kan nou spot maar dit was nie snaaks nie, ek spot net partykeer met die siek manier waarop ek dink as ek fokus verloor en ongeduldig raak as ek te lank wag vir iets. Ek is nou weer gefokus en weet, ons moet maar saam stap met ons mans dit is die eenheid en bid waarook hulle gaan. Ons het die oplossing en ons kan dit bid oor al die probleme soos wat ons stap. Ons hoef nie die antwoord te gee vir hulle probleme nie, ons moet net bid en God verstaan die begeertes van hart nog beter as ons.

Ek het nou maar weer uit die as uit opgestaan en my afgestof en hier gaan ek alweer,die padtjie saam met manlief.Ek langs hom  en Hy langs my.Ek weet Jesus lei ons na blink waterstrome en ek weet al ken ek ‘n kort paadtjie daar net een pad  is tot daar.God se wil en God se tyd.Daar sal ek bly hoop en geduldig sy aan sy bly want dit is my belofte aan Jesus en Sy belofte om altyd by my te bly.As ek wag dan wag Hy ook….ek stap weer saam met Jesus Hy hou ons bymekaar.Ons huwelik en ons gesin.Ons is een met Hom,want ons vertrou op Hom en eendag sal Manlief ook een wees met Hom.

1 antwoord op Die Flingstone Christen!

  1. zette het gesê op Maart 24, 2009

    Innige simpatie! Ek sit met dieselfde storie… Maar ek het nou besluit ek is hartlik MOEG om ‘n balhorige man te probeer hemel toe sleep. Dis moeilik genoeg om myself daar te kry. Liewe Jesus moet nou maar met hom deal… 🙂 Sterkte hoor – snaaks hoeveel vrouens alleen kerk toe gaan… En die mans is veronderstel om hoof van die gesin te wees!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.