Profile photo of rolienv

by

Ek en Jy

Maart 8, 2009 in Sonder kategorie

 In ‘n omgekrape wereld le alles om my in skerwe,en ek wonder…is dit  wat van ons oor is?Die beste raad…as daar ‘n vurk in die pad is,vat dit.Vatse onsin is dit?My hart is verward,’n miswolk hang oor my verstand en wonder  is niks anders as ‘n mallemeule van woorde uit die verlede.Hoop van gister…waar is die ons?

Ons het by die vurk gekom, maar hoekom het ons dit nie saamgevat nie, ons stap weg van mekaar …weet jy dit?Weet jy dat ek nie meer langs jou stap….het jy agtergekom ek is nie meer by jou nie.Net gedagte…se nou maar net.

Ek wonder …was die pad te swaar….miskien as ons hande gehou het of miskien as ek ligter geloop het…miskien…is miskien te laat.Harde woorde…lee emosies…en dan niks.Soos ‘n nuwe begin in ‘n pikswart boek…sonder letters…sonder prentjies.Hoe is ek veronderstel om dit te verstaan.Dink jy ek kan swart lees????Dink jy ek moet veraltyd tas in die donker blaaie van jou boek met die hoop dat ek miskien eendag iets sal verstaan van die brail wat jy vir my skryf?Ek soek ‘n sleutel  oral om my heen en ek wonder…is ek in die regte boek.Het jy nie miskien iewers vir my ‘n boek neergesit wat ek sal kan verstaan nie.

Sal jy miskien eendag ‘n stukkie van my in jou boek ook skryf, sal jy mikien eendag ‘n prentjie van my in jou hart op kan hou en miskien eendag sal jy onthou in jou gedagtes ….ek dink nie so…daardie boek gaan net oor jou.

As jy my eendag toelaat, sal ek vir jou voorlees uit die boek oor my en jou en al die wonderlike plekke en die asemrowende sprokie en die ver plekke en die mooiste mooiste Prins en die Prinses wat so verlief is dat sy haar kasteel se swaar deure oopgesluit het en die Prins  laat inkom het en hoe gelukkig hulle  is.Die sprokie van Prins en die Prinses  en die gelukkigste einde.Die mmoiste mooiste oomblikke en liefde …o die liefde.Maar die boek is al te veel gelees en die blaaie krul al om….ek kan nie meer lekker sien wat daar staan die die prentjie is al vaal.Die prins is nie altyd daar nie en die op plekke uitgekeer….ek kan nie meer lekker onthou…wie was die prins nou weer?

As jy miskien eedag hierdie briefie lees en jy kom agter ek stap nie meer saam met jou nie…onthou tog asseblief…ek het jou regtig lief.Miskien eendag sal ons weer saam ‘n nuwe boek begin en in eenboek vertel van jou boek en my boek.En miskien eendag sal ek weer onthou wie die prins is en jy sal agterkom…ek is nie in jou boek nie.

As jy saam met my na die ver plekke kom dan wys ek jou my Koning en hoe lief is Hy vir jou.Dan wys ek jou dat Hy huil oor jou en dan kom haal jy jou erfenis…jy is die prins.Hier is die hele Koningkryk opgewonde oor jou.Ek kan nie langer agter jou aanloop…ek verlang te veel na Hom.Wil jy nie asseblief in die Huis van die Koning in weelde kom bly?Hoekom dwaal jy so in die woestyn…waarna soek jy die hele tyd.Jy het verdwaal daar in die sand….kom huis toe saam met my.

Kom drink water by die Fontein…kom eet saam met die Koning.Kom ons trek die verlede uit en klee jou in ‘n blink toekoms.Kom sit hier langs aan my…miskien sal ek onthou….wie die prins in my storie was.

Ek is nie meer verlore…ek kan nie meer verdwaal…ek eet nie meer saam met die varke nie en kuier nie meer saam met prostitiete nie….ek is by die huis.My Pa het my kom haal.Ek is geklee met Sy genade en ek lewe in vrede.Die Koning wag vir jou…Hy kyk uit na jou…

Ek wonder…sal jy kom as Hy jou kom haal?

2 antwoorde op Ek en Jy

  1. hutton het gesê op Maart 8, 2009

    😉

  2. klarisabet het gesê op Maart 11, 2009

    Hallo Thandi…

    *hug*

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.