Jy blaai in die argief vir 2008 Desember.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Sy Wil

Desember 31, 2008 in Sonder kategorie

Die jaar is verby.Ons het dit ongelukkig nie geeindig in Botswana soos gehoop het nie maar het maar die verantwoordelike ding gedoen en plig voor plesier gestel.Nou na die ergste verkeer van Kersfees verby is en ons moeg geoes is,is die skure vol en ons loop van dankbaarheid oor.Is die Liewe Vader nie so getrou nie.

Ek is vandag so in vervoering oor die genade van ons Liewe Vader wat oor ons skyn.So onverdiend ontvang ons die goedheid en guns van ons Skepper.Asem ons Sy lewe in en asem ons die dood in ons uit.So onbewus van die Grootheid en die die ombeskyflike vooreg wat ons elke dag geniet.Sy liefde vir ons.Onvoorwaardelik.’n Begrip wat te groot is vir meeste van ons om te verstaan.Ons kan dit nie erken nie en kan dit nie beskyf nie dit is so vreemd dat ons bewusyn dit sien as vreemd.Die wereld beskyf dit as Luck.

Hoe ver is luck tog verwyder van die Liefde van Jesus. Hoe ver is kans van die waarheid af. Soos ons groei in die die kennis van die die karakter van Jesus begin ons verstaan hoe ongelooflik goed die liefde van Jesus is. Ons begin Sy karakter in mense raaksien en begin soek na Sy gesig in die die wereld wat Hom nie ken nie. Ons begin Sy genade proe en ons honger vir nog van Hom.Ons smag na intimiteit met Hom. Ons wil alleen wees saam met Hom en ons wil volraak met Sy karakter en Sy lewe ons smag na Sy Gees in ons en ons gee ons stadig maar seker oor aan Hom.

Ons begin beheer oorgee en begin vertrou.Ons begin verder beweeg van dit wat bekend is en raak opgewonde oor die vreemde.Ons begin wankelrig in gehoor beweeg en vra al hoe minder vrae.Ons begin al hoe minder sin soek in die lewe en lewe in die sin wat jou getuie begin maak.Die rigting wat jou jou lewe begin inneem het vandat jy begin vertrou het. Die pad raak al hoe duideliker en die die vrees vir die onbekende verander in opgewondenheid vir die einde. Die einde is in sig, jy hoef nie meer te soek nie, jy wonder nie meer nie, jy weet jy kan nou hardloop.Die stad le oop voor jou,die woestyn le agter jou en jy weet,Jou pa is die Koning van die Koningkryk voor jou. Jy gaan huis toe.

Jy is opgewonde oor jou nuwe tuiste,jy ruik al die goedheid en die guns en jy weet die stryd is verby.Jou Vader het jou uit die woestyn gelei en Hy self het vir jou baklei.Jy hardloop reguit na die Koningkryk voor jou waar alles wat goed is heers.Jy gaan in Goedheid woon vir die die res  van jou lewe. Niks sal jou ooit weer kan skei van die die Goedheid van God nie.Jy is regtig aangeneem en Hy noem jou nou Sy kind. Hy is opgewonde oor jou.Hy het ‘n plek vir jou en ‘n droom vir jou.Hy het ‘n wil vir jou ….wil jy nie die nuwe jaar kom woon in die die Wil van God nie.My wil raak vir my ‘n balk in my pad en my wil begin is nie meer so belangrik nie….ek sukkel met tye nog om verby en oor my wil te kom, maar Sy wil is nou my wil en ek wil in Sy wil lewe elke dag van my lewe.