Profile photo of rolienv

by

Mid-Winter

November 24, 2008 in Sonder kategorie

Woeste tye!

Ja,ek weet nie wat noem ‘n mens die seisoen waarin ek op die oomblik is nie,Seker mid-winter.Die storms en die elemente is nie so gunstig tans nie maar gelukkig is my huis op die rots. Ek loof en prys die Here daarvoor anders was my huisie al plat.

Baie dankie vir die gebede en die wat so nou en dan inloer,maar ek is seker ek gaan weer op ‘n tyd kan stil word en terug kyk na hierdie tyd en dit verstaan.Ek kan ook nie eintlik se dinge so erg nie dit gaan net so verskiklik vinnig. Ek word die heel tyd gedwing om op my voete te dink en vinnige besuite te neem.Nie iets waarin ek noodwendig goed is nie,aangesien ek nogal ‘n dagdromer en ‘n ou diep denkende analis is.Wel met genade van bo weet ek nou ons is nie gegiet in ‘n vorm nie, en kan gelukkig maklik aanpas en verander.

Ek begin verstaan dat ek onder die salwing gebore is en dat my vrymoedigheid  om te dien geloof is en dat ek nooit een of ander kenteken gaan kry om te begin met ‘n inwyding soos Brakenjan nie.Ons vat die salwing wat Jesus op ons uitgestort het en stap in vrymoedigheid daarin en dien ons Vader in die Hemel en eer Sy Naam waar ons gaan met die kennis en wysheid soos Hy dit aan ons openbaar .Ons Heiligheid is Sy Wil vir ons lewe en ons krag  is so veel as wat ons onsself kan min maak.

Verder lewe ek in genade elke dag en hoop  om God te behaag in my strewe.

Lekker dag vir julle en ek hoop julle het ‘n wonderlik week.

3 antwoorde op Mid-Winter

  1. borrels het gesê op November 27, 2008

    hi thandi
    lekker om jou weer te sien

  2. Ek is so bly om jou weer hier te sien. Mag jou week sommer baie geseënd wees.

  3. Hallo Thandi!

    Ek dink baie aan jou maar het gedink jy blog nie meer nie; het ongelukkig jou selfoon nr, wat ek gekry het toe ek en my sussie daar in Gordonsbaai saam met julle roomys geëet het by die boardwalk, verloor (saam met my vorige selfoon).

    Hierdie seisoen? Dis ‘n interressante seisoen – ek dink ek is ook daar {-; maar dis nie ‘n maklike ene nie, want mens kom agter jy is nie meer 18 nie, nê!

    Maar dis lekker, want mens ken die Here beter en mens het al kans gehad om te sien hoe doen hy Sy Woord gestand.

    Sterkte. Ek hoop as ek weer in G-baai kom, kan ons weer saam roomys eet.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.