Jy blaai in die argief vir 2008 November.

Profile photo of rolienv

by rolienv

Mid-Winter

November 24, 2008 in Sonder kategorie

Woeste tye!

Ja,ek weet nie wat noem ‘n mens die seisoen waarin ek op die oomblik is nie,Seker mid-winter.Die storms en die elemente is nie so gunstig tans nie maar gelukkig is my huis op die rots. Ek loof en prys die Here daarvoor anders was my huisie al plat.

Baie dankie vir die gebede en die wat so nou en dan inloer,maar ek is seker ek gaan weer op ‘n tyd kan stil word en terug kyk na hierdie tyd en dit verstaan.Ek kan ook nie eintlik se dinge so erg nie dit gaan net so verskiklik vinnig. Ek word die heel tyd gedwing om op my voete te dink en vinnige besuite te neem.Nie iets waarin ek noodwendig goed is nie,aangesien ek nogal ‘n dagdromer en ‘n ou diep denkende analis is.Wel met genade van bo weet ek nou ons is nie gegiet in ‘n vorm nie, en kan gelukkig maklik aanpas en verander.

Ek begin verstaan dat ek onder die salwing gebore is en dat my vrymoedigheid  om te dien geloof is en dat ek nooit een of ander kenteken gaan kry om te begin met ‘n inwyding soos Brakenjan nie.Ons vat die salwing wat Jesus op ons uitgestort het en stap in vrymoedigheid daarin en dien ons Vader in die Hemel en eer Sy Naam waar ons gaan met die kennis en wysheid soos Hy dit aan ons openbaar .Ons Heiligheid is Sy Wil vir ons lewe en ons krag  is so veel as wat ons onsself kan min maak.

Verder lewe ek in genade elke dag en hoop  om God te behaag in my strewe.

Lekker dag vir julle en ek hoop julle het ‘n wonderlik week.