Jy blaai in die argief vir 2008 Julie.

by rolienv

Jesus leef!!!

Julie 29, 2008 in Sonder kategorie

Ons liefste dierbare Vader het my ma se verstand vervang met liefde en lewe. Sy sien die voeltjies raak en praat skaamteloos oor sy wonderlike genade.Sy is so rustig en en so vol vrede dit is so lekker vir my om haar so te sien.Ek dank die liewe Vader vir hierdie genesende wonderwerk wat Hy gedoen het en vir al julle gebede.Haar liggaam is siek, maar haar verstand en hart is genees.Hy het haar voorberei en gereedgemaak vir die bruilofsmaal.Sy sal ook aan Sy tafel sit.Dit is die grootste wonderwerk wat ek gesien het.My Jesus leef in haar vandag.

by rolienv

The fading heart

Julie 27, 2008 in Sonder kategorie

 

by rolienv

Kanker.

Julie 24, 2008 in Sonder kategorie


My ma is 3 weke gelede gediagnotiseer met kanker en het 3 maande om te lewe.Op die oomblik bly sy by my en ek sorg vir haar.Dit is vir haar baie moeilik om te aanvaar en ons albei sukkel om vrede te maak met die feite en realiteite rondom die dood.Ek dink op ‘n geestelike vlak aanvaar ons albei dit en daar is ‘n diepe aanvaarding waaroor ons nie praat nie, maar weet God is in beheer. Daar is ongelukkig nog sekere ander aspekte wat moeilik is en daarmee sukkel ons baie.Verlore tyd,losmaak van goed wat ons vashou en en onafgehandelde dinge wat afgelsuit moet word.

Haar kop is nog so gesond, maar haar liggaam is gedaan en verslaan.Enige iemand wat al ondervinding het van hierdie situasie kan asseblief vir my hulle getuie of ondervinding vertel,ek sal dit wardeer.
Ek is so platgeslaan en weet dit is net genade wat my deur elke dag dra.Bid asb saam met my.