Profile photo of rolienv

by

Ek is broos.

Junie 13, 2008 in Sonder kategorie

Vanoggend voel ek broos.So weerbaar en breekbaar.So verganklik.So niks.Wat is die mens tog dat God aan ons dink?Wie is ons dat Hy planne het vir ons?Wat speel  ons in die Meester se se simfonie.Ek voel kaalgestroop,gesnoi en blootgestel.My hart is soos ‘n ope boek.Wie is ek nou eintlik dat Die Gees van God in my woon?

Wonderlik dat ons so wonderlik voel die eendag en dan so gestroop die ander dag.Tog in hierdie emosies wat my leeg  en koud laat voel in die storm wat in my woed lewe n wete wat soos ‘n anker vasgemaak is aan ‘n rots wat verewig nooit kan skuif nie, met ‘n ketting wat verewig nooit kan breek nie,so ek weet dat al skud my bootjie vandag, of al daar nie vis in die water nie,ek is okay.Ek is geanker in die ewige rots.

Ek sal dus maar die branders verduur en wag tot die vis sal terugkom, maar ek weet ek is beter af hier in die diep see vas aan hierdie anker as om die droogste land.Ek weet my Jesus sluimer of slaap nie,ek weet Hy kan op die water loop, ek weet Hy kan my nette vol vis maak en ek weet Hy kan met die visse praat, en hulle sal luister,ek weet Hy kan geld uit ‘n vis se bek uit haal.Ek weet Hy weet van my en dink aan my.

Daarom as ek hier in my klein bootjie in die woeste water rond dobber vandag weet ek, my Jesus wil my weer vandag iets leer.Dan buig ek plat voor Hom neer en hou styf vas aan Sy koorde en roep uit na Hom,”Ja Jesus !Ek Luister!”

7 antwoorde op Ek is broos.

  1. rosegarden het gesê op Junie 17, 2008

    Hi!
    Dis ‘n begrip wat so moeilik is om te verstaan. Ons is so broos, so niks sonder Hom, maar in Hom is ons hoër as die engele.
    Hoop jy voel Sy liefde sommer ekstra baie vandag.

  2. gingermary het gesê op Junie 18, 2008

    Net ‘n gebedjie :
    Father, I know that I tend to get focused on the negatives, and sometimes my thoughts are crowded with impatience, envy, anger, or resentment. Please help me focus on You. Fill me with pure thoughts. Amen.

  3. MyGeheim het gesê op Junie 18, 2008

    Sterkte, Thandi!
    Dis maar voortdurend ‘n stryd in ons gemoed wat voortwoed!
    Al wat ons moet doen is die Woord van God bely!

  4. birdie het gesê op Junie 24, 2008

    Jy skryf so mooi.
    Dis ‘n wonderlike wete dat ons Koning ons vashou al wil die winde ons wegdryf.

    Seën!

  5. jacovwyk het gesê op Junie 25, 2008

    Hi Thandi,
    Baie waar, dankie vir die bemoediging.

  6. shlwanjan het gesê op Junie 28, 2008

    Het jy al die een gehoor van die 2 skilders wat gevra is om ‘n uitbeelding van vrede te skilder? die een het ‘n rustige landskap met ‘n sonsondergang oor ‘n spieelglad meer geskilder. Die ander een het ‘n enorme, bruisende waterval geskilder. Met ‘n boom waarvan die wortels diep in ‘n rots teenaan die waterval geanker is, en ‘n klein ou voëltjie wat rustig op een van die takkies bokant die bruisende watermassa sit…

  7. deadman het gesê op Julie 22, 2008

    Jy kan my nou skriftelik ook kontak.

    Al my liefde.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.