Profile photo of rolienv

by

Jy is ‘n wonderlike ma.

Junie 11, 2008 in Sonder kategorie

Ek wil vanaand maar net vir alles mammas my duim in die lug hou en se mooi so. As jy vanaand voel jy is nie goed genoeg of jy het nie opgetree volgens die beeld van die perfekte ma in jou kop nie,gaan kyk weer diep in jou kind se oe en vra haar hoe lyk haar prentjie van ‘n perfekte ma?Praat met mekaar oor julle prentjies en praat dan oor die realiteit van die lewe en julle uinieke omstandighede en verander hierdie prentjie in julle koppe todat julle min of meer ooreen stem.Nou en slegs nou sal julle perfek in mekaar se oe wees.Pas julle prentjie aan volgens julle eie behoeftes, nie die van van die TV of vlieks of maatjies se ma’s of vriendinne se dogters nie.Julle twee is uniek.Kyk in mekaar se oe en gesels oor wat julle van mekaar verwag en verseker ‘n oop komunikasie kanaal.Julle twee moet hierdie pad stap en julle alleen. Julle verhouding gaan ‘n baie groot rol speel in julle twee se lewens.Wees sagies en teer met mekaar se harte en luister na mekaar se behoeftes maak tyd vir mekaar.Kyk in mekaar se oe en praat ‘n taal van ma en dogter, dis nie net vir party beskore nie,dis harde werk en ‘n goeie keuse.As jy nou kies wat die beste is vir julle,in julle omstandighede …sal julle die beste uit die lewe uit haal.As julle leer om nie mekaar te oordeel en te meet aan ander nie, sonder verwagting en onvoorwaardelik net lief wees vir mekaar, vervul julle elkeen se diepste hartsbegeertes.Erken julle verskille en kry iets in gemeen.Wees gemaklik in julle verhouding.En onthou…jy gaan nooit jou kind maak wat jy dink sy gaan wees nie, en jou dogter gaan nooit van jou die ma kan maak wat sy graag wil he nie.Aanvaar mekaar in liefde en bou ‘n brug oor die foute van die verlede deur die krag van gebed.

Vaand as jy in jou bed le, onthou net ,jy het instinktief vandag die meerste gedoen in jou omstandighede en in jou vermoe wat jy kon vir jou dogter.Meer as dit kon jy nie.En as daardie skuld gevoel nie wil weggaan nie,bestraf dit in Jesus naam.Dit is nie ons ouersskap wat ons dreneer nie, maar die skuld gevoel dat ons nie volmaak is nie.Jou dogter voel ook skuldig omdat sy nie volmaak is nie.Aanvaar mekaar net so.Lag meer en spandeer tyd saam met lekker goed.Vertel jou dogter met vrymoedigheid van jou mislukkings en oorwinnings, sy sal meer daar leer as uit enige boek.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.