Profile photo of rolienv

by

Tevrede?

Junie 10, 2008 in Sonder kategorie

 

Ons lewe in ‘n samelewing waarin substandard ‘n standaard leefwyse geword het.Mense wat tevrede is met wie hulle is en wat hulle het.Ek het vir lank myself veroordeel en gedink ek is onvergenoeg en ondankbaar oor my lewe.Ek het ‘n man en 3 kinders en ‘n wonderlike huis.Ons albei het werke waarin ons baie gelukkig is en ons kinders is gesond en vorder goed in hulle baie goeie skool.Ons huwelik is nog steed op ‘n staat van eforiese geluk en liefde floreer in ons gesin .Tog is ek nie tevrede nie. Ek word wakker in die oggend en belei hierdie gevoel van ontevredenheid.Ek wil nog he, meer en meer.Hoe meer ek geseen word en hoe meer wil ek he. Dan sukkel ek met skuldgevoel oor heirdie aanhoudende afwagting en strewe na meer.

Ek kyk na my lewe vandag en meet dit met my lewe ‘n jaar terug, ek kan sien hoe ons gegroei het in alle opsigte en steeds is ek nie tevrede nie.Ek kyk na die mense om my en sien dat hulle tevrede is.Hulle is so met min tevrede. Ek het toe begin soek na antwoorde. Hoekom is ek nie tevrede nie.

Nou oe en aa julle seker al baie, ek wil net vra,dink mooi aan die die woorde dankbaar en aanvaar.Is dit sinoniem aan tevrede of verstaan ek nie goed nie.Ek is dankbaar vir alles wat ek het, ek besef hoe bevooreg ek is en loof die Here vir al wat ek het elke dag,ek weet dit is van Hom deur Hom en tot Hom wat ek ontvang ,ek aanvaar ook my lot en leef in vrede met dit wat ek het.Ek aanvaar die dinge wat ek nie het nie en kan met alle eerlikheid se ek begeer niks materiel nie.Ek het nie drome oor groot karre en huise en persiese matte, facelifts of duur klere maar is ek tevrede.NEE!!!!!!

Soos ek dit verstaan sale k ophou soek as ek tevrede is.Ek sal ophou bid.Ek sal ophou lewe.Ek sal nie waaksaam wees en en die viand sal alles kom steel, slag en verwoes.Ek is ook nog nie naby Jesus se beeld nie, en weet ek is nie is werd om sy skonsole te wees nie, maar is ek tevrede NEE!!!!Ek is so ver van tevrede af, so ver van volmaak.Jesus het dan gese, strewe daarna om volmaak te wees. Om ‘n spiel beeld te wees van Jesus, om in Sy voetspore te loop.Nee, ek is deffinitief nie tevrede nie.Ek soek nog en ek verwag meer. Ek strewe na volmaaktheid,want dit is vir ons gegee.Ek strewe na ‘n oorvloedige lewe.Ek strewe na voorspoed sonder teespoed.Ek soek my volle erfenis…alles in die hemel so ook op die aarde.

Tot die dag van my dood,sal ek jubel en sing oor my God.Ek sal dankbaar wees oor alles wat Hy vir my gedoen het,ek sal sal Hom dank en ere bring.Ek sal aanvaar dat Sy tyd nie my tyd is nie, ek sal sal aanvaar dat Sy wee nie my wee is nie,ek sal in Sy rus lewe en Sy Wil soek al die dae van my lewe, maar tevrede?NEE…ek sal nie tevrede wees,totdat ek ‘n welgevalle offer is vir die Here nie.Todat my lewe nie vir Hom ‘n loflied sing nie,totdat Hy Sy seun in my kan sien nie.Tot dan sale k nie tevrede wees nie.

En as ek vandag doodgaan,gaan ek ontevrede dood???NEE!!!Ek gaan tevrede dood in die wete dat ek nooit tevrede was met minder as wat God vir my belowe het nie.Dat ek nooit tevrede was met minder as ‘n oorvloedige lewe nie,nooit tevrede was met minder as my volle erfdeel nie, en nooit tevrede was met minder as  my deel wat vir my afgemeet is nie.Ek is dus tevrede met hierdie ontevredenheid en vind vrede daarin om my te beywer vir die wenpaal.En my oog op die wenpaal te hou.Ek leef in vrede todat ek tevrede is by my Hemelse Vader.

6 antwoorde op Tevrede?

  1. rosegarden het gesê op Junie 10, 2008

    Baie mooi post soos altyd!
    En ek ruik amper daai roos…

  2. gingermary het gesê op Junie 10, 2008

    Hi Thandi, baie nice post.
    Ek het raad nodig, is daar ‘n moontlikheid dat ek jou kan email?

  3. gingermary het gesê op Junie 10, 2008

    Hi Thandi,
    gingermary@24.com, ek is in Gauteng.
    Thanks again!

  4. gingermary het gesê op Junie 10, 2008

    Hi Thandi,

    Dankie vir jou email addy, ek sal sodra ek ordentelik kan sien vir jou ‘n mail stuur… ek huil al die hele dag, voel of die donker my heentemal insluk!
    1. Hoe beskerm ek my kind?
    2. Hoe help ek my pa?
    3. Hoe volg ek my hart sonder om weer so bitterlik seer te kry?
    GM

  5. HisArmy het gesê op Junie 10, 2008

    AWesome! Great post, almal moet dit lees! Suster!

    Dankie vir jou gebed, ek kon nie post nie, die krag was alweer by die skool af … nie loadshedding nie, dan’t ons darem die vooruitsig gehad dat dit op ‘n stadium gaan aankom! En toe ek nou-nou inlog, ontvang ek ‘n awesome declaration vir die regering, toe post ek dit eers… bid maar dat die krag more aan is sodat ons kan post… maar moet asb nie ophou bid nie! Ek weet jy sallie 😉
    Blessings!

  6. HisArmy het gesê op Junie 11, 2008

    Hallo’s! Baie dankie vir jou gebed van vanoggend, ek het dit bygevoeg. Dit is net amazing hoe die Gees ons almal een maak en dieselfde ding op ons almal se harte lê! Ek het julle gebede gelees en gedink “wow Here!” wat moet ek bybid? alles wat U op my hart gelê het, word gebid! Wonderlik!

    En ek is bly jy bestraf ook die Jezebel en Agab-geeste … weereens ‘n punt waarop die Here met meer as een mens gesels… nie sonder rede nie.

    Mag jy ‘n wonderlik geseënde dag daar in die winkel hê! Ek hoop jy mag musiek speel, sit Casting Crowns op!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.