Profile photo of rolienv

by

Jou ridder op Sy wit perd.

Junie 3, 2008 in Sonder kategorie

Ek verstaan nou iets wat ek nooit verstaan het nie, en vir julle gaan dit seker belaglik klink, want julle weet seker al lankal. Sien ek het so hard probeer om vir Jesus te help om vir my skoongewas en heilig te kry dat ek vir niks anders tyd gekry het nie. Ek het die heel dag geloop en sonde belei en so diep in my siel loop grawe vir nog sondes om dit vir Jesus te gee. Ek was so bang Jesus kry iets voor ek dit kry of Hy mis miskien iets dat ek konstand besig was om te soek. Al die pyn en hartseer moes Hy dadelik reg maak en al die sonde moes Hy dadelik vergewe.Ek was dus net eenvoudig selfgesentreed. So besig met my eie liggaam dat ek nie vir Sy liggaam tyd gehad het nie.

Ek het tot insig gekom dat as ons, ons siele vir Jeus gee en Hy in ons harte en verstand begin wer, sal Hy ons oortuig van alles wat nie volgens Sy Wil en eer is nie. Hy doen dit in liefde in tyd soos wat ons groei en stap in  Sy wil. Dit is dus nie ‘n proses wat klaar moet kom en dan beweeg ons aan nie. Ons werk aan die Liggaam van Christus en Christus werk aan die liggaam (hart en siel en verstand) van die ons.Hy het ons regtig nie nodig nie.Hy en net Hy kan ons oortuig van sonde, ons kan nie eers ons eie sonde oordeel nie.

Ek weet ook nou dat hoe meer ons besig is in die Ligaaam van Christus, hoe meer is Christus besig in ons liggame.Ek kan met anderwoorde net doen vir ander wat Christus al in my gedoen het.Ek dus net ‘n getuie. Ek kan nie myself help nie, al het ek al die kennis,sonder Christus is ek niks.

Ek bid nou nie meer vir myself nie, maar ek bid dieselfde wat Christus in my gedoen het vir die liggaam vir Christus.Dit is my gebed,en so begin ek nou my naaste lief he, met die dieselfde liefde as wat Christus my lief het.Ek Bid dat die ligaam van Christus sal opstaan met die dieselfde krag as wat Hy in my opgestaan het.Ek bid dat Hy sal lewe op aarde soos in die hemel en ek bid dat mense sal glo sonder om te sien.Net soos Hy in ons glo sonder om te sien en in ons kom bly, so sal ons sien Hy lewe in ons en ons sal glo.Ons sal weet Hy is ons God en elke tong sal belei dat Hy ons meester is.

Ek vra nou vir elkeen, wat nog glo in sy eie vermoens,wat te bang is om beheer te verloor, te bang is dit is nie waar dat God lewe nie.Waar is jou beperking.?Wat stop jou om beter te lewe.Om Uit te styg bo ander?Is dit nie jouself nie.?Is jy nie jou eie ondergang nie, jou eie vermoens.Is dit al wat jy jouself gun?Kyk ‘n bietjie om jou, sien jy miskien party mense verby jou kom,die wat vanonder af bo jou uitstyg?Jy kan dit ook doen.Jy is gemaak om uittestyg, uit te staan…moenie probeer inpas nie. Moenie probeer om soos die om jou te wees nie. Erken vandag  jou vrees vir die onbekende,jou onvermoe om te verander.Gee vandag jou lewe vir Jesus.Verneder vandag jouself voor Jesus en Hy sal jou verhoog.Hy sal jou vyande voor jou uittrek en jou triomf laat jubel en juig.Kom vandag en erken dat Hy jou redder is, sien Hom vir  Wie Hy is, is is waardig om jou Heer te wees.Hy is jou ridder op Sy wit perd,en as Hy kom op die wolke …wie reg is gaan dan saam.Maak jou reg…ons ridder kom om ons te kom haal.

2 antwoorde op Jou ridder op Sy wit perd.

  1. rosegarden het gesê op Junie 4, 2008

    Ek dink baie mense is te bang om heeltemal beheer oor te gee. Dis die moeilikste geestelike stap wat die meeste oorvloed, seëninge, wonderwerke en groei sal bring!
    Geseënde dag vir jou.

  2. HisArmy het gesê op Junie 4, 2008

    ai! my sussie in Jesus! Lieflike post!
    Ek het iets gepost oor ‘n declaration wat vroeër vanjaar oor SA uitgeroep is, nogal die dag voor Mighty Men, as jy wil gaan loer!
    Blessings vir jou, dis amper naweek!
    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.