Oor foto’s

April 18, 2010 in Sonder kategorie

Ai, ek sidder altyd as iemand ‘n foto van my iewers opsit.  Ek kies altyd foto’s wat my beste kant 🙂 wys, oor verstaanbare redes, en dan sit mense ander foto’s op.

En vandag het presies dieselfde gebeur daar op Facebook. 

Toe dag ek by myself.  Ek sien myself op daardie foto’s vanuit my eie verwysingsraamwerk.  Ek is nou nie ‘n mens wat vreeslik mal is oor my eie voorkoms nie, weereens oor verstaanbare redes.  Ek sal daarvan gehou het om maer te wees. mooi voete met toontjies netjies in gelid, fyn handjies en ‘n nek soos ‘n swaan (gesteel uit ‘n 1750 Afrikaanse romans).  Maar helaas, as ek al die goed wil hê, sal ek moet dieet en oefen.  En daardie twee woorde is nie woorde wat ek sommer aktief deel van my lewe maak nie.  Weereens om verstaanbare redes. 

Nou dink ek by myself.  Hoekom hou ek nie van die foto’s nie?  Is dit omdat ek nie vir myself goed lyk nie, of wonder ek oor wat sê die ander mense daarvan?  Is dit nou so sleg om gevang te word in daai allerlelikste plastiek plakkies (onthou hulle is baie gemaklik en nie so ‘in your face’ soos crocs nie) en sonder die grimeermasker?  Is dit sleg dat mense jou sien soos die natuur bedoel het (al het ek die natuur aangehelp sodat ek meer duidelik sigbaar kan wees)?

Moet mens elke dag van jou lewe opgedollie en getof wees of kan mens maar partykeer net rondslof in dit wat gemaklik is? 

Foto’s teken ‘n prentjie.  Dalk nie so mooi prentjie van dit wat ons graag van onsself wil sien nie, maar dit vertel van ‘n tyd wat ons met familie en vriende geniet.  Sonder om te bekommer oor ‘n dubbelken of ‘n boepmaag.  ‘n Tydjie wat ons net ons kon wees sonder aansitterighede. 

En daardie kiekies, wat met liefde opgesit is, van my, teken ‘n prentjie van ‘n allerheerlikste dag wat ek gehad het.  Ek het ‘n nuwe hartsvriendin gemaak, pragtige oopgesig tienerdogters ontmoet wat ‘n gesprek kan voer, liefde in ‘n gesin raakgesien wat moeilik sal wees om te ewenaar, gesels en gelag asof daar geen bekommernis in die wêreld is nie, die heerlikste koekies verorber, lekker braaivleis en aartappelslaai, gepraat en ontlaai soos nog nooit te vore nie. 

Dit is dalk die prentjie wat ek eerder moet raaksien.

18 antwoorde op Oor foto’s

  1. maryke-anne het gesĂȘ op April 18, 2010

    Jy is so reg Maankind. Maar ek gaan nie meer daaroor worry nie, want ‘wanneer’ en ‘onder watte omstandighede’ en ‘in wie se geselsskap’ is tog belangriker.

  2. plankloper het gesĂȘ op April 18, 2010

    Sit dit in ‘n bubble en blaas dit weg in die wind. Jy is wie jy is. Jy lyk soos jy lyk… Maak ‘n opname van jou stem en luister daarna. Ons is nooit soos ons dink ons is nie.

  3. maryke-anne het gesĂȘ op April 18, 2010

    So waar plankloper. Toe ek my stem hoor op CD, kon ek nie glo dis ek nie. Ek het so ‘strange’ geklink.

  4. maryke-anne het gesĂȘ op April 18, 2010

    Wel, ek dink hy was verkeerd. Jy is ‘n baie mooi vrou.
    Ék’t gaan loer daar by Voz. Pragtig

  5. pasella het gesĂȘ op April 18, 2010

    Aaah, daai toontjies!! Swierig en soet soos jelly beans!

  6. bloukaap het gesĂȘ op April 19, 2010

    jy het net …. goeie kante …

  7. maryke-anne het gesĂȘ op April 19, 2010

    Hey Lewies

  8. maryke-anne het gesĂȘ op April 19, 2010

    Uhm, jy jok. Elke mens het ‘n goeie aansig, al is dit die agterstewe -)

  9. maryke-anne het gesĂȘ op April 19, 2010

    Ek is van kleinsaf foto sku. Sal seker altyd wees.

  10. maryke-anne het gesĂȘ op April 19, 2010

    Dankie Pruimtwak. Dis altyd lekker om ‘n kompliment op ‘n Maandagoggend te kry.

  11. maryke-anne het gesĂȘ op April 19, 2010

    hi daar. Dankie vir die inloer.

  12. ludwig.heuer het gesĂȘ op April 19, 2010

    Baie baie nice geskryf … Laat mens so bietjie dink ne … Ek dink as ons minder bekommerd is hoe ons lyk en soos jy noem die groter prentjies raaksien … kan die kewe net ‘n beter plek wees…

  13. maryke-anne het gesĂȘ op April 19, 2010

    Dankie Ludwig. Mens moet maar na die groter prentjie kyk, anders was daar maar baie min foto’s. Soos ek die ding verstaan, is daar weinig mense wat van die foto ding hou.

  14. Maryke dis ‘n treffende skryfsel!

  15. maryke-anne het gesĂȘ op April 19, 2010

    Dankie Vormpies. Ek soek nog daai goed van iemand anders se tuin …

  16. maryke-anne het gesĂȘ op April 19, 2010

    Hey 2ling. Baie dankie.

  17. FOXY1975 het gesĂȘ op April 19, 2010

    Baie groot waarhede wat jy hier kwytraak Maryke! Dalk, net dalk voel ek dan self ook minder ‘sleg’ oor FB-foto’s wat ongesensor aan hierdie kant ook hulle verskyning op die net maak…
    Lekker aand!

  18. maryke-anne het gesĂȘ op April 19, 2010

    Ek dink nie mens sal ooit beter voel oor ongesesorde foto’s nie. Hulle lyk net ‘on’lekker 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.