You are browsing the archive for Uncategorized.

Profile photo of maraja

by maraja

Die Vrees van die Vlees…

July 15, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie… 

Die Vrees van die Vlees….

“Dogters….moenie Glo nie….Vrees net…” het dr. Burger elke liewe Sondag vanaf die preekstoel in die Klipkerk van Bloemfontein na ons toe toe afgebulder…waar ons…jonge maagde van die Christelike en Nasionale Meisieskool Oranje…groot-oog na hom opgestaar het…Hy het natuurlik na die Grey-seuns verwys, maar ek het nie ‘n clue gehad wat hy regtig bedoel het nie…Al wat ek met sekerheid kan getuig…is dat die Vrees my bekruip het…en ek het met my oe op die grond begin lewe…en nie links of regs gekyk nie…bang…vir alles…

Ek het my Vrese lewe gegee…en het vreeslike dinge oorgekom…In my twintigs het ek altyd angstige drome gedroom …waar ek weg moes hardloop…of weg moes kruip vir gevaar…

So… met die verloop van tyd… op die Groot Pelgrimstog van die Lewe…het ek geleer om my Vrese een na die ander te face…en het geleer dat die meeste nooit regtig daar was nie (soos die monsters onder jou bed toe jy klein was) en het trots verkondig na die geboorte van my twee kleintjies :  “Ek het al geboorte geskenk aan twee mense…Ek is ‘n ystertjie…”  en noudat ek selfs die Dood (letterlik) in die gesig gestaar het…kan ek jou verseker dat my put van innerlike krag bodem-loos is…

Sussie kerm laasnag by my (terwyl ek geduldig die groeipyne uit haar tenger beentjies probeer vryf) dat haar beentjies wil groot wees…maar dat sy nie groot wil wees nie…Ek het probeer verduidelik dat ons dit nie kan keer nie…dat ons almal groot moet word…

Dit bring ons dan by die onderwerp van grootmense self….want het ek nie al self eendag gefrustreerd verklaar na die afloop van ‘n Jeugfees (wat ek in die Oos-Kaap gereel het)…. dat dit ongelooflik was om te sien hoe die kinders so volwasse was…en die grootmense (wat my soveel kopseer gegee het) hulle nes ‘n spul kinders gedra het nie?  Moet dit dan nie juis andersom wees nie?

Soveel van my vriende en familie beleef op die oomblik die cliché van ‘n midlife-crisis…Goeie genade…kan dit waar wees dat mense dit nie sien kom nie?  Mans verloor ewe skielik hulle manlike krag (en trots) en vrouens weer hulle uiterlike skoonheid (en trots) …en sien soos Sneeuwitjie se stiefma die liederlikse goed in hul badkamer spieels as hulle make-up aansit soggens… Die mans gee hulself oor aan slegte gewoontes en die vrouens spandeer heeltemal te veel geld aan retail therapy….of real therapy….

As klein dogtertjie het ek gedroom van die dag as ek veertig word…want ek het geweet my lewe gaan dan begin….ek gaan eindelik groot wees…en gemaklik voel in my eie vel…soos ‘n paar goeie ou jeans…gaan dit lekker sit…nommerpas…Ek lees noudie dag dat ‘n mens se siel wasdom bereik hier omenby 30 jaar oud (so oud soos Jesus was toe hy begin preek het) ..so al word jou vlees ouer (of jy sterf)…bly jou gees ewig jonk…Is dit nie wonderlik nie?

Ek glo ‘n mens moet nie vrese he nie, want onbewustelik maak jy besluite…wat jou vrese gestalte laat kry…soos die monsters onder jou bed…

“Mamma…kan ek weer ‘n babatjie wees in jou maag?”  vra Sussie vanoggend… bang… vanuit haar bedjie…

Ek het haar styf vasgehou…. en geantwoord…“Nee my skat….jy moenie Vrees nie…Glo net…” want al is die Vlees swak…is die Gees darem deksels sterk…

Profile photo of maraja

by maraja

Die Akwaduk van die Lewe…

July 4, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Die Akwaduk van die Lewe…

Het jy al ooit gevoel die Lewe stuur jou in ‘n rigting waarheen jy gladnie wil gaan nie? Ons skop dan so erg vas dat die briekmerke sommer pikgietswart oor die teer le…en as jy baie hardkoppig is…gaan die spoor sommer deur die metal railings langs die pad…en verdwyn in die niet oor ‘n groot afgrond… (soos ek annerdag oppad dorp toe gesien het) en ander wonder dan slegs vir ‘n oomblik : “Het die arme siel dit darem oorleef?”

Ek het al ‘n paar maal in my eie lewe sulke noue ontkomings gehad…en omdat ek soms so oorversigtig en bang kan wees…moes God my selfs by ‘n geleentheid of twee met ‘n bliksemstraal oor die kop moker…Ek (wat self daagliks met kinders werk) weet hoe frustrerend dit is om iets oorenoorenoor te moet herhaal, want jy wil nie graag he die arme kind moet foute maak nie, maar nou ja, ons almal weet hoe min daar na goeie raad geluister word…so kan enigiemand God verkwalik as hy soms gefrustreerd word met sy ongehoorsame kinders?

Ek sal tot die dag wat ek my kop neerle NOOIT erken ek was ‘n GROOT fan van die Oprah en Dr. Phil combo wat seker so vyftien jaar gelede daagliks op die kassie gewys het…Ek was ‘n groupie…maar skelm…en omdat my eie lewe in my laat twintigs maar beroerd daar uitgesien het…glo ek vandag dat hierdie twee baie beroemde (en baie ryk) Amerikaners my die moed gegee het om my lewe handomkeer te verander… “Stop taking a back seat to your own life Cassey…and stop blaming others for the bad place you’re in…Get behind that steering wheel!”…het Dr. Phil gereeld iemand laat skaamkry op die verhoog…en vir ons (die gehoor) laat lekkerkry…

Ek het laasjaar ‘n behoorlike wake up call van bo gehad met die dood van my man…en het sederdien hard gewerk om my geestelike lewe weer op die regte pad te kry…want soms volg mens iemand blindelings op ‘n afdraai voetpaadjie van die Groot Pad van die Lewe…en kom jy ‘n rotvanger van Hamlin tee… wat die mooiste musiek in jou ore laat weerklink…en voor jy jou oe kan uitvee…het al die voels van die Hemele jou broodkrummels opgepik…en is die Huis baie ver…. en die pad terug…. onbekend….

Maar dankie tog vir Vergifnis….en Genade….want hoe anders kan ons lesse leer van die Grootskool van die Lewe?

Ek skaam my dood vir die feit dat ek my lampie onder ‘n groot doek wegsteek…en kry al hoe meer en duidelik die boodskap van Bo dat ek die skilderkwas moet opneem en die talent wat vir my gegee is moet deel met ander…maar dis gladnie ‘n maklike pad om te stap in ‘n wereld waar die meeste leef van payday tot payday nie…Is ek braaf genoeg om my eie liggie te laat skyn? Senoumanet more is my laaste dag op aarde…het ek regtig gedoen wat my gelukkig maak?

Ek het hierdie week ‘n baie interessante biografie gelees van Mark Preston, die man wat Rooi Rose in 1942 begin het….Die titel is “My God en Ek”….en die verhaal begin waar hy sy nek breek op 21 jarige leeftyd. Hy het in die hospitaal by God gepleit om hom net te spaar sodat hy iets positiefs vir sy naaste kon doen…en dit het hy dan ook…vir nog 30 jaar daarna…

Die regte pad is dikwels nie die maklikste pad nie…en die regte besluit …ook meestal die moeilikste besluit…So is dit dan ook met die Akwaduk van die Lewe…want het die Romeinse ingeneurs nie ook duisende jare gelede die Wonder verrig van hul Waters se koers te verander en dit boonop teen ‘n helling uit te stuur nie?

Profile photo of maraja

by maraja

In die Nag van Legio…

June 17, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie… 

In die Nag van Legio….

Hoekom voel die nag altyd meer as die dag?  Vandat ek kan onthou…het die ergste goed altyd met my gebeur in die nag….Wanneer jy op jou alleenste voel….en nie helder oordag…wanneer die son skyn en die voeltjies fluit nie…

Tydens die nag verdwyn klein dogtertjies op die Kaapse vlakte….word model-mooi-meisies geskiet deur toe deure…en families in welgestelde wonings deur ander familielede met byle doodgekap…..

Ek het die hele winter van laasjaar min geslaap….en nagte deur onder die helder Karoo sterre gebid en gehuilvra…”My God….my God…waarom het U my verlaat?”  Ek weet…nie baie oorspronklik nie….maar ek het antwoorde gesoek….en hoekom nou juis?  Is dit wat dit beteken om van die Boom van Kennis ‘n vrug te pluk….ons ewige soeke na antwoorde op die onverklaarbare?

As klein dogtertjie was ek altyd bang vir ‘n monster onder my bed…want in die donker was ek seker daar skuil iets grusaams in die skaduwees van die nag….Ek was selfs as jong meisie een Sondagnag vasgedruk teen my kussing deur iets onverklaarbaars en boos….en ek het in die hopelose sekondes (wat soos ‘n ewigheid gevoel het) besef dat dit ‘n stryd is om my siel….en dit wat ek altyd so gevrees het onder my bed….nou in my was….en dit het my baie banger gemaak…want hoe kry jy die Donker uit jou uit?

Ek het noudie dag na ‘n baie lang preek oor Sodom en Gamorra vir die dominee gevra of hy besef dat die Boosheid nie meer beperk is tot net die Dooie See nie….maar dat ons daagliks gekonfronteer word daardeur…en weet hy nie hoe moeg ek soms word om met dapper en stapper voort te ploeter in ‘n moeras van goeie en slegte keuses nie?

My ma se altyd mense gaan dood in die nag….. Hoekom nogal wou ek weet?…Sy het iets weirds gese soos….”Oumense het stilte nodig….” Maar sy weet nie ek het eenmaal in ‘n artikel gelees dis omdat jou bloedsuikervlakke val hier omenby 3 uur soggens nie…Sommige mense noem dit ook the witching hour ….Ek is seker maar outyds of bygelowig….maar ek hou niks van die vroegoggend uur nie….Niemand sal my seker glo as ek hul vertel dat die nag van my man se dood…het ek om 3 uur die oggend wakker geword van die venster se raam wat saggies ratel nie….en dit was nadat ek huilend aan die slaap geraak het met die vraag…”Waar is jy?”  Jy sal seker maar vir my vertel my verbeelding is ‘n fantastiese plek ne?  Whatever….

Selfs die geboorte van albei my baba’s was ‘n middernagtelike sielestryd….want wat is die geboorte of selfs dood van ‘n mens iets anders as ‘n siel wat kom…..of gaan?  Is daar dalk ‘n peron tussen die lewende en dooies…waar ons almal wag om te arriveer….of te vertrek?

Toe iemand my vra hoe ek voel voor die koms van my eerste baba…het ek geantwoord….”Dit voel of ek wag op die koms van ‘n veraf familielid wat ek al baie lank ken…”  Sy word oor twee maande 5….en ek skrik nogsteeds as sy my “Mamma” noem….want in my familie was ek vir 37 jaar die baba…en ken ons mekaar nie al baie langer nie?

Totius het lank gelede geskryf….”Die wereld is ons woning nie”….Nou wat presies is dit dan?

Is dit werklik die Grootskool van die Lewe…soos ek elke jaar my matriek klas waarsku as hulle die laaste maal by my deur uitstap?  Is ons slegs hier om wonderlike lewenslesse te leer….en dan?  Is daar ‘n wonderlike eind eksamen wat ons op algemene kennis moet gaan skryf?  Wel…ek hoop dat Juf. Delport weer my opstelle soos op skool sal merk….want ek het goed geweet dat hoe minder my stories sin gemaak het…hoe meer het sy van hulle gehou….

Die dominee het laas sondag vir ons vertel dat ons liggame slegs tente is waarin ons tydelik woon….imagine….ek het natuurlik geen pragtige karavaan park by die see gesien nie….maar daai aaklige ry op ry wit konsentrasiekamp tente van die Anglo-Boere oorlog…in my geestesoog…Dis seker omdat ek nie in ‘n camping en the great outdoors familie grootgeword het nie…dit gebeur maar as jy die baba in die familie is….ma en pa is moeg vir speel…

Ek is nie meer bang vir die nag nie….Snags skryf of skilder ek…want dan slaap die mense om my en pla my nie….maar dis ook wanneer die monsters (wat nie meer onder my bed woon nie) begin pla….en dis veral dan wat jy seker van jou saak moet wees….want in die na nag is hulle nes in die Bybelse tyd ….altyd legio….

Profile photo of maraja

by maraja

‘n Glas halfvol water…

May 25, 2017 in Uncategorized

 Mens is nooit te oud om te leer nie…

 ‘n Glas halfvol water…

Kan ‘n mens weer gelukkig wees na ‘n groot verlies?  Ja…’n mens kan…Mag ‘n mens weer vrolik wees na ‘n groot hartseer?  Ja…’n mens mag…Sal daar weer donker dae wees? Definitief…..maar die son sal ook weer skyn…

Vandag…presies ‘n jaar gelede…het ek op die afgrond gestaan van een van die grootste tragedies van my lewe…My man, maat en pa van my twee baba’s is dood…en het my (en hulle) agtergelaat in ‘n diep…donker gat… vol vrae, bekommernisse en selfverwyt… Die hoekoms en waaroms…het soos mistroostige vraagtekens gehang oor ‘n lendelam stoel…in ‘n kamer van die murasie van my hart…Om aan te gaan met die lewe…het ewe skielik so sinneloos en oppervlakkig gelyk…en ek het soos ‘n slak… myself onttrek van die lewe…en die lewendes…

Gelukkig is ek ook ‘n gebore optimis…en ‘n slegte kandidaat as emo kid…want dis vandag die verjaarsdag van my man se sterfdag…Ek het baie hard probeer om ‘n sadface op te sit vir almal by die werk….en na werk toe ek petrol moes ingooi by die Engen Garage…en ook by Shoprite om 5 uur toe ek gou broodenmelk vir die aand moes gaan koop…het ek almal vertel van my sad storie….Die arme petrol joggie en meisie by die till…want ek was net te vrolik vir my sad storie…en ek kon sien ek veroorsaak net confusion waar ek gaan….want ek is nie meer sad nie…en voel vreeslik vals…en wie probeer ek nou juis impress?

Ek het eenmaal in The Tibetian Book of Living and Dying gelees dat as mens iets regtig baie lief het…jy dit moet laat gaan….want jy sal ryklik beloon word…just let it go…’n Baie moelike konsep in ons besitlike aardse bestaan…maar tog ook so mooi in die eenvoud daarvan, want hier is ek…’n jaar later….met twee kleintjies wat blom in hulle onderskeie kinder-tuine…familie en vriende wat my seen met al hul liefde en ondersteuning…’n werk waarin ek myself kan uitleef…en ‘n nuwe maat aan my sy wat my en die kleintjies dra op die hande…

Hoe kom mens by hierdie punt?  Vergewe en vergeet….vergifnis vir jouself en ook ander…en die belangrikste…liefde vir jou naaste…en die heel belangrikste….jouself…

Jacques Brell het amper ‘n honderd jaar gelede gesing : “I have no regrets”…en dis hoe ek ook vandag voel…Oral om my sien ek mense wat so swaar dra aan hul skuldgevoelens van die verlede…shame man…

Vriendin Nina vertel gister by die werk (met trane in haar oe) dat sy haarself nie kan vergewe vir dinge wat sy as jong meisie aangevang het nie…”Hoekom dan?” vra ek toe belangstellend…”Want ek was selfsugtig, hoogmoedig en kwaad…”

Ek het haar verseker dat God haar laaaankal reeds vergewe het…en haar vertel van die storie wat ek noudie aand in een van my boekies gelees het.  Dis geskryf deur twee ou tannies tydens die Tweede Wereldoorlog in Engeland wat gevoel het God praat met hulle…Volgens hulle het God die mens gemaak om net 24 uur te kan dra…die res is bloot onnodig…en wie probeer jy nou impress?

Dit laat my dink aan daai monnikke in die Middeleeue wat hulself met klein swepies op die rug geslaan het tot dit bloei…Was God regtig beindruk met hul self-kastyding?

Ek twyfel….

‘n Jaar gelede het ek my ma gehuilvra die nag van my man se dood : “Is aardse geluk ons dan nie beskore nie Ma?”

Vandag…na ‘n volle jaar van hel-toe-en-terug…kan ek met sekerheid getuig : “Dit is…”

Aan die einde van die dag moet jy jouself vra…is my glas half vol…of half leeg?  En as jy jouself en ander met liefde en toewyding kan dien….sal jou beker waarlik oorloop….van aardse geluk….

Profile photo of maraja

by maraja

Vroegherfs…

May 10, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Vroegherfs….

Deesdae…. as ek soggens vroeg deur die Boland ry oppad skooltoe, hoor ek NP Van Wyk Louw se woorde in my ore…..“Die jaar word ryp in goue akkerblare….in wingerde wat verbruin….”  Dit is vir my so mooi : God se Palet….van lig-geel en rooi-oranje….tot die diepste wynrooi…
want oestyd en parstyd is sopas verby…die wingerdstok het sy vrug gegee….en nou le hierdie vruggies in groot containers…en wag….om die soetste Muskadel te word…

En so is ons ook….want…

“Hy is die Wyn-stok…en ek is die rankie…” was ek lief om te sing toe ek klein was….met min begrip wat die woorde eintlik beteken het…maar vandag verstaan ek dat ek ook deel het in die parstyd van die lewe….ek werk met jong grootmense…snoei daagliks aan hulle hoogmoed en arrogansie….gee kunsmis as daar ‘n tekort is aan selfvertroue, gesonde verstand of aardse lui-heid….Aan die einde van hul skoolloopbaan dra hulle die soetste vruggies…of nie…want soms maak dit nie saak hoeveel geloof, hoop of liefde jy in hulle insit nie….Soos enige boer jou kan verseker…kry jy soms ‘n mis-oes…en kom jy soms op ‘n punt wat ‘n hele blok wingerd…uitgepluk moet word…wortel en al….en dan wonder jy…”Was dit ek…of die ander individu wat die mislukking was?” Ek lees noudie dag dat selfs God moedeloos raak met ‘n individu wat se hart te hartvogtig is….en dat selfs Hy dan besef daar is geen salf te smeer aan so ‘n persoon en sy tekortkominge nie….Ek doen dit ook soms uit radeloosheid…Stuur een sondebok uit ‘n klaskamer…en jy het ‘n weer ‘n vrugbare stukkie grond waar jy met jou ploegskaar van kennis kan werk…

Maar in my hart kry ek die sondebok baie jammer….want “…elke blom word vrug…..tot selfs die traagstes…” Tog het ek tot die besef gekom dat dit soms nie ek sal wees wat hierdie persoon sal sien blom nie….Miskien is dit ‘n ander mentor se voorreg?

“…En die eerste blare val….so stilweg…”….soos my dierbare man…in die vroeg herfs van verlede jaar…. Stadig….het hy geval soos ‘n sederboom in Waterkloof….of soos een van daardie groot ou bome in die Knysna woud….

Maar niemand het eens opgekyk nie…

Miskien het daar tog ‘n paar voeltjies….verwilderd… opgevlieg van skrik….of….miskien het ‘n gestreepte veldmuisie beangs weggeskarrel van die slag? Miskien het ‘n engel…’n traan gestort? Maar miskien was daar… net niks…
Slegs ‘n rippel op die wateroppervlak van die menslike populasie…een gesterf…en een gebore…
Maar in ons klein huishoudinkie….was daar ‘n aardskuddende slag….soos ‘n 10 ton trok wat by jou voordeur ingebars kom…by die gang af bulder…en weer by die agterdeur uit….en ons aarde het gekantel op sy as…en niks was ooit weer dieselfde nie….

Herfs was nog altyd my favourite seisoen gewees… Tydens die herfs…laat ons die somer agter….keer ons innerlik…en haal diep asem…om onder water te swem….
“O Heer…laat hierdie dae heilig word…Laat alles val wat pronk en sieraad was….” Omdat die somer so vulger uitbundig is…soos ‘n oorvol sirkus vol kleure en klank…met hansworse…en balonne wat jou laat hik van die skrik as hul langs jou bars…van kleintjies wat siek word van te veel spookasem en soet popcorn en strawberry milkshake…

Ek en Sussie loop gister…laatmiddag…met die die bome se skaduwees wat al langer word om ons….op die sypaadjie….huis toe…. Skielik buk sy af…en tel iets op…..
“Kyk mamma…’n herfs blaartjie!”…en sy hou triomfantlik ‘n klein geel blaartjie in die blou lug op….Ek het stilweg gewonder of sy besef hoe simbolies dit is…soos haar pa…wat ook in die vroegherfs van verlede jaar…van die Groot Boom van die lewe geval het…

Ek het afgekyk na haar….verbaas geglimlag….en gevra : “Hoe weet jy dit my skat?” Sy het ewe skielik hartseer en klein gelyk in haar kinderlike onskuld en gefluister….”…..want hy is dood mamma….”

“Of enkel jeug…en ver was van die pyn…
Laat ryp word…Heer…laat U wind waai
Laat stort my waan…tot al die hoogmoed eindelik vas
En nakend…uit my teerder jeug verskyn…”
N P Van Wyk Louw

Profile photo of maraja

by maraja

Die Kind is nie Dood nie…

May 7, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Die Kind is nie Dood nie….

‘n Vriendin vra my die week om ‘n stukkie as deel van haar play(Medea) te skryf….want sy weet….. ek weet….. hoe dit voel…om op ‘n sonnige dag…op ‘n sonskynstrand te staan….en tussen die trane deur te kontempleer hoe ek myself en my twee dogtertjies se lewens gaan be-eindig agter die honger branders van sand en skuim van die Sonskynkus by Amanzimtoti….

Ek was hoop…verlore…te ver van familie en vriende…en te naby aan my man se trou loosheid…

En Ingrid Jonker het geweet hoe dit voel…nie waar nie?

Medea…(‘n play)

 ‘n Lug vol helder wolke….

“O……vra nie my liefde nie…..ek het dit weggegee……

Aan die blou ekspans van die lug…..en ook die diepte van die see….

Hier…waar  liefde eers geblom het….le slegs die dooie peule van twee liefdesblomme….

Geleen deur ons hemelse Vader…en geoffer deur hul aardse Moeder….

Die daad is volbring…..

Mooi is die lewe…en die dood is mooi….

So stil en volkome in hul watergraf….

Slaap my kindjie…slaap sag….

Onder sterretjies….vannag….

Virewig…… twee soepel vissies wat knibbel aan jul eie onskuld….

Hoe kon iets so moois en teer…soveel seer en haat verwek?

Hoe kon jul hemelse Vader jul so volmaak geskape….toevertrou

Aan jul aardse Vader se sedelose gedrag?

Vir hom….wat ek alles gegee het….ook die bloed van my bloed….

Soos die vog van vrugbaarheid….wat sypel uit my groot verlange….

My kind…..O….my kind…..

O Heer…..laat hierdie dag heilig word…..

Laat alles val….wat pronk….en sieraad was….

Of enkel jeug….

En ver was van die pyn….

Die daad is volbring….

Mooi is die lewe….maar die dood is mooier….

…………………………………………………….

Goeiemore my sonskyn….goeiemore my kind…..

Kom ons draf op die strand….kom ons ry op die wind….

Ek hoor jul kinderlaggies borrel tussen die branders….

Voetjies trippel tussen skulpies sand…..

Maar die seemeeue  se hees geskel….is ‘n hopelose klag…

Die daad is volbring…..

die vonnis gevel….

skuldig…skuldig….skuldig…

My kind…..O…..my kind….

Kom terug na my….

Slaan weer jul armpies om my nek….

En neem weg die pyn…van my eensame lye…en stille droewenis….

Is alle wording…dan pyn?

Hoe kon jul vader my so verwerp en verstoot?

En my hierdie bitter vrug laat groei….aan die boom van my liefde?

Sy saad was eens so volmaak in sy liefde….vir my

Maar met sy stille daad…en trouloosheid…

Het hy my…..nee ons….verlaat….verwerp….en verag….

Niks was ek….

Niks was julle…

Niks was ons….

…………………………………..

……………………………………

Soos korrels sand…..sal ons skuur teen die skedel van sy gewete….

………………………………………………………………………………….

Jy het my alleen gelos…..in die huis van verlange…..

Die laksman in jou oe….het gewik….en geweeg…

Voor dit my verswelg……twee swart poele….vol bitter gif….

En ek voel die beker teen my koue lippe du…..

Jy stel ‘n heildronk in…“Drink my skat….” glimlag jy….

Ek drink jou in….

En die wit van jou tande….grynslag teen die donker van die nag….

Die kilheid van jou medewete….is soos ‘n dolk in my hart…..’n membraan deurboor….

Was ek dan nooit genoeg?

Hoe kan ek jou laat voel….wat ek voel?

Die southeid van my trane…..versteen tot ‘n soutpilaar….’n stalligtiet van die verlede….

Wat is….wat was….

Wat nou is….sal wees….

Ek sal ons liefdeskinders offer….

Aan ‘n ongenaakbare God….

Ek sal skaamteloos….hul klein kinderlyfies….onder die branders hou…

Ek sal al my durf en moed by mekaar moet skraap….

Ek sal my moedershart moet doodmaak….

Ek sal myself moet staaf teen die geskop en gespartel….

Die wriemelende klein lyfies….sal langsamerhand al stiller word….tot net….

Twee…. klein….. slap….liggaampies in my arms hang….

Ek sal hul vir oulaas teen my boesem koester….

‘n Veilige hawe….soos van ouds….maar nou….die ondergang van hul wese…

………………………………………………………………………………

My kinders…..O…..my hart……

Die daad is volbring…..

Wat ……………het ek gedoen?

Wat………… is aan my gedaan?

Die seemeeue skreeu ‘n klag…..Moeder…Moordenaar….

O God…..

Hou op ….Hou tog op….Hou om Vadersnaam net op….

………………………………….

…………………………………..

…………………………………..

Kom terug na my…….

Hoor julle my?

O God……hoor hulle my?

Is ek braaf genoeg om hul te volg in hul laaste dodemars…

Na die stil bodem van die swart oseaan?

Hier waar gebeentes rus van vergane skepe in die kerkhof van die see….

Mooi is die dood…in sy dodelikheid….

‘n Beminde geliefde….met ‘n vernietigende kus…

O God….waarom het U my verlaat?

Hier waar ek alleen in die bitter vrees van my sterwe le….tot net soutwit bene…

Grynslag teen die sterrenag….sal ek wonder…..

Wie sal vir my wag?

Wie sal oor my rou?

Die antwoord so duidelik soos ‘n Judaskus…

Niks…..Niemand….Nooit weer nie….

O God……waarom het U my verloen?

Waarom het U my begaan?

Hier waar ek lafhartig staan….by die boom van smart….

Hoor ek die lee branders dreun….soos ‘n doodsklok….in my hart….

In die sterwende nag…ween die wind sag….

My kinders….my kinders…..my kinders….

So stil en volkome …..in jul watergraf….

Slaap my kindjies…slaap sag….

Onder sterretjies….vannag….

Hoor nie my wegdraai…hoor nie my omdraai…

Soos Lot se vrou…sal ek nog eenmaal omkyk….

Maar die son se strale sal my verblind….

En ek sal vir die res van my lewe….

Lewend sterf….

Of….

Sterwend leef….

Want…

My siel…… het hier gesterf vannag….

…………………………………..

En tot ons mekaar weer sien…..

Sleep ek my vlees…..

soos ‘n kis….

agter……. my…… aan…..”

(Ek is bly ek is nie Ingrid Jonker nie……en ek is bly my kinders is nie dood nie……)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Profile photo of maraja

by maraja

Kleur kom nooit Alleen nie…

April 9, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Kleur kom nooit Alleen nie…

Ek het nooit geweet dat CS Lewis oor meer as net Wit Leeus en Magiese klerekaste geskryf het nie….het jy?  Hy het 4 klaswerkboeke (wat hy tussen sy kinders se skoolboeke gekry het) vol geskryf nadat sy vrou gesterf het…en homself belowe dat hy nie nog ‘n boek sal koop as hy die laaste voltooi het nie….want waar eindig dit dan?  In A Grief Observed…beskryf hy die proses van Rou… as ‘n sirkel….nee…eintlik ‘n spiraal….want sommige dae voel jy beter (en sien weer kans vir die land van die lewendes)….ander dae voel jy selfs weer gelukkig (en voel dan skuldig)…en dan…sekere dae voel jy weer soos ‘n rou stukkie vleis (asof jy jou geliefde net gister verloor het…)  Hy beskryf die gevoel soos om ‘n ledemaat te verloor…asof dit geamputeer is…en jy …van vooraf…. moet leer loop met net een been…

Ek is nie een vir lang gesigte nie…en hou nie van hierdie limbo wereld waarin ek myself op die oomblik bevind nie…Is dit waarvan Dante in sy Devine Comedy gepraat het toe hy die 7 Sirkels van Hel beskryf het?  Want hierdie mallemeule waarop ek myself bevind…is geen pret-rit nie hoor?  Maar ek verdien seker maar hierdie geboortepyne op die oomblik, want dit was my eie keuse om die happy pills (wat my dokter my in die hand gestop het…twee dae na my man se begrafnis) by die toilet af te flush…Ek hou ook nie van wyn-vir-die-pyn nie…en daarom ervaar ek my lewenservaring op die oomblik as eyes-wide-shut

“I’ll get to the bridge…and I’ll cross it”…het ek altyd vir my man gese….hy het dan gelag en my probeer reghelp met ‘n…..“Neeeeee my skat…dis….I’ll cross the bridge when I get there….”

Maar wat maak dit nou saak?  Jy kom by die brug…en jy moet daaroor….maak net seker jy het dit nie jare gelede verbrand nie…of hoe?  Hy het ook altyd kopskuddend gese:  “Ek het wraggies my ma getrou”….want ek’s ook lief daarvoor (soos skoonma) om die bobbejaan agter die berg te gaan haal….Ek lees noudie dag in ‘n klein boekie dat ‘n mens altyd so bekommerd is oor wat die dag van more sal bring…en worry jou dood omdat jy vermoed dat die ou brug op jou wandelpad al lankal in duie gestort het…terwyl jou Metgesel voortdurend jou gerusstel…. All is Well….

“Maraja…skryf jouself daarin…daardeur…en anderkant uit”…. het Susan se ma laasjaar voorgestel toe ek haar vertel my kop is baie vol…en ek dink in sirkels…(soos ‘n afkop hoender se laaste tree….)  Sy’t my ‘n paar van haar ou digbundels in die hand gestop en my alleen gelaat….want dis ‘n pad wat ‘n mens net alleen kan stap…soos die klein skaapwagtertjie in The Alchemist uitgevind het…

Op ‘n stadium kom mnr Lewis tot die gevolgtrekking dat trou definitief nie perdekoop is nie…en dat jy…die dag wat jy trou…ook eintlik sign on the dotted line….om jou eggenoot te moet begrawe…Kom die seisoen Herfs dan nie ook na Somer nie?  Dis die Natuur….my dier….

”…Van die klink van huweliks-klokkies…tot die kluit-klap op die kis” ….het ons eie CJ Langenhoven (wat glo ook ‘n baie slim man was) geskryf in een van die versies van die ou Landslied van Suid-Afrika…. Ek lees deesdae op Facebook van almal se huweliks-herdenkings….of kyk na nuwe trou kiekies…en dink dan in afgryse by myself…weet julle wat wag vir julle?  Want daardie brug wat ekself gedink het ek eers hoef oor te steek op my oudag…het onverwags en eens-klaps voor my verskyn soos die Groot Vloed van 1981 hier op my eie dorp…

Maar noudat ek amper oor die brug is en afgestaar het na die kolkende watermassa onder my van ‘n Groot Rivier in volle vloed ….vra ek myself af…sal ek weer afhaak? …..O ja…beslis…want ‘n huwelik is soos ‘n Groot Spieel wat God voor jou ophou…(spieeltjie…spieeltjie aan die wand….)  Jy sien jou eie refleksie daarin…soms die mooi…soms die lelik….en soms die potensiaal…want onthou…’n mens is ‘n mens deur ander mense…

‘n Vreemde vrou laat noudie dag hoor…“Ek hoor jou man is dood?  Jy is so gelukkig…”  Ek is so bly ek het nooit my man dood gewens nie, want nie alle huwelike eindig in die dood nie (vra maar my eie swaer wat al 5 maal voor die kansel gestaan het…) Miskien is sekere spieels net te  swaar om vas te hou…of die reflections daarin net too much to handle?  Maar een ding weet ek verseker….Antjie (wat bytheway ook ‘n baie slim vrou is) was reg….

Kleur kom nooit Alleen nie….

En dit…liewe mede-maats van die Pretpark….is vir my as kunstenaar…’n droom van ‘n palet….

Profile photo of maraja

by maraja

My Vuurtjie Brand…

April 8, 2017 in Uncategorized

 

Mens is nooit te oud om te leer nie…

My Vuurtjie Brand…

Ek glo dat ‘n mens ‘n kersie moet doodblaas op jou verjaarsdag…Maak nie saak of dit nou op ‘n duur Mugg & Bean Swartwoudkoek…’n home made kaaskoek…’n ou droee cup cake…of selfs ‘n modder koekie is nie….Plant ‘n kersie daarop…steek dit aan….and make a wish

Want: “Jy is jou eie beste maatjie my skat…” het my ma my van kleintyd af herinner as ek dalk jammer wou voel vir myself as ‘n maatjie nie met my wou speel nie….

Ek was in die bevoorregte posisie om in ‘n klein dorpie gebore te word op dieselfde dag as Melanie Alston…die dokter van ons dorp se enigste dogter.  Soos ek…het sy ook 3 boeties gehad…en het ons saam tande gekry en leer loop…maar dis waar ons paadjies geskei het…(want ek onthou baie goed)… Met elke verjaarsdagpartytjie op die 22ste Januarie…het al die kinders van ons dorp eerder in Melanie se helderblou Hth-swembad gaan swem…op haar mak perde se rue geklim…. van haar groen Soda Stream gaskoeldrank gedrink en aan haar skelpienk Barbie koek gaan peusel…Op ons laaste verjaarsdag saam (voor ma en ek die dorp verlaat het) is ek na haar partytjie genooi in st. 2…en kon ek die kersies op haar koek help doodblaas…siestog…Die foto van daardie geskiedkundige dag in 1985 pryk nounog in my foto album…Daar staan ons… soos FW en Madiba…wat saam die Nobel Prys vir Vrede ontvang het….ons smile vir al ons fans…maar ons oe lag nie saam nie…

Sussie is deesdae obsessed met verjaarsdae…Seker omdat daar elke week ‘n maatjie by die Kleuterskool verjaar….  Sy’s mal oor die ritueel van “Veels geluk liewe maatjie….” En van icing van klein taai vingertjies aflek….en ek dank die Vader dat sy haar verjaarsdag nie hoef te deel met enige celebrity child van die dorp nie….Besef sy hoe gelukkig sy werklik is?  Net dit alleen maak van haar geboortedag en datum…’n ware geskenk van Bo…

Ons was laasmaand by ons eerste formele (by invitation only) verjaarsdag partytjie…met gestreepte springkasteel en opgeblaasde swembad….Teen die tyd wat ons opgedaag het…was daar ‘n groot gat in die springkasteel…en was al die maatjies high en op ‘n sugar rush…die een helfte in trane…en die res skoorsoekerig….Verveelde ma’s het in ‘n boomlose tuin gesit en wens dat die tyd kon om vlieg….en ek het myself belowe om dit nooitooit aan myself of my mede ma’s te doen nie….Spur enigiemand?

Op kleinsus se eerste (en laaste) verjaarsdagpartytjie saam met pappa in ons eie huis…het ek hom gevra of hy besef wat ‘n mission dit gaan wees…..2 keer ‘n jaar…. vir die volgende 20 jaar?  Hy het (waar hy bo-op ‘n tafel gestaan het…besig om balonne en streamers vas te maak) afgelag na my en my verseker dis vir hom geen moeite nie….(I’ve got this my skat….)

Volgens hom het hulle swaar gehad kleintyd met ‘n pa wat siek geword het…en was daar nie veel tyd vir balonne en streamers in sy jeug nie….Daarom was dit vir hom baie belangrik dat die kleintjies nie moes weet van swaarkry nie…en het ek hom belowe dat ek ‘n punt sal maak daarvan dat kersies doodgeblaas sal word…elke jaar….

Soos vandag….

Want vandag is pappa se eerste verjaarsdag in die Hemel…en al kan die Here hom nie nog baie jare seen nie….kan ek soos baie jare gelede iemand anders se kersies op hulle koek doodblaas….en hoop dat waar hy ookal is…hy weer sal afsmile na my toe….want….

I’ve got this…my skat….

 

Profile photo of maraja

by maraja

Ons Groet Sonder Woorde…

April 6, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Ons Groet Sonder Woorde…

Ek is my ma se laatlammetjie en na drie seuns het sy my in watte toegedraai en opgepas soos goud. As tiener het sy my na ‘n Meisieskool gestuur waar ons drie keer op ‘n sondag kerk toe is en waar daar vir ons gepreek is oor die Grey seuns…..”Dogters…moenie glo nie…. vrees net”

Vyf jaar later het my ma my by ‘n Universiteit gaan aflaai met die afskeidswoorde nog in my ore….”Onthou my skat….. ‘n man se brein sit tussen sy bene!”  Nodeloos om te se was ek so bang vir ‘n man soos die houtjie van die galg…..
Ek het nie links….. of regs…. gekyk nie en my verdiep in my studies en latere beroep…

En toe….. op 35….. raak ek verlief op ‘n man…

Skielik….. was ek ‘n giggelende 14 jarige st. 6 meisietjie wat verlief is op ‘n matriekseun! Wat sou my ma se? Ek het skelm met hom begin gesels oor die telefoon…..dit was eksamentyd by die skool en ek moes vraestelle merk…..Ek het op al die kinders se vraestelle hartjies geteken en my hart het bokgespring elke keer as hy my bel……Sy naam was Fanus Burger…

Ek wou by vriendinne hoor (tot hulle groot vermaak) hoe soen mens ‘n man? Watter kos eet hulle? Hoe trek hulle aan? Watter programme kyk hulle op tv?
Hulle was ‘n spesie wat ek niks van geweet het nie…..en skielik was ek net so geinteresseerd soos die kinders in my voorligtingsklasse in al die diagramme in die handboeke….

Jy was so liefdevol en geduldig met my….Ek kon jou enige skaam vraag vra…. en jy het nooit vir my gelag nie….Alles wat ek wou weet….. het jy sorgvuldig vir my uitgele….Ewe skielik was jy die onderwyser en ek die kind….

Snaaks dat ek altyd gevoel het ons tyd saam is kosbaar en min?

Jy’t my geleer hoe om Boerekos te kook vir ‘n Boereseun….Hanna het my vertel hoe soen jy ‘n man en Susan het gese haar ma se ‘n gelukkige huwelik is gebou op ‘n warm koppie koffie as jou man moeg van die werk by die deur instap….Ek het so slim gevoel!

Toe word ons verras met ‘n klein pienkvoet wat oppad is….Jy het gese as dit ‘n seuntjie is noem ons hom Petrus Johannes Dirkse (‘n familienaam) want jy dra die broek in die huis…. het ons gelag…..maar toe daag klein Petronella op…..’n klein patroontjie van haar pa.

Ek was teesinnig, want ek ken mos nie meisietjies nie….maar jy het my geleer van Onvoorwaardelike Liefde. Dis dan geen verrassing dat haar eerste woord…. “Pappa….” was nie….Saans het jy bottels gegee en winde uitgevryf sonder om te kla….en met ons volgende verrassingspakkie 13 maande later het jy my geleer wat Ware Geduld is….. toe klein Kitty (‘n klein patroontjie van haar ma) 3 maande lank koliek gehad het….Vir jou noem sy steeds “Mamma”….. en vir my “Pappa”…..

Min mense het jou soos ek geken en ons kon nagte om gesels…

Jy was ‘n diep siel met Liefde vir jou Naaste….Al het jy soms self swaar gekry… wou jy dit nie in ander sien nie…en toe iemand jou eenmaal vra hoekom jy die werkers nie agterop jou bakkie laat ry nie het jy vir my vertel want jy weet self hoe koud dit agterop ‘n bakkie is….

Kwaad gaan slaap het ons nooit nie ….en as ek dalk in die na-nag rondgerol het oor iemand wat my of jou te na gekom het….het jy aan my verduidelik dat ek moet Vergewe en Vergeet want daardie persoon slaap heel rustig vannag….
Soms was ek weke stomkwaad vir my ma….dan het jy voorgestel ek bel haar want jy weet ek mis haar….. jy ken my soos jou hand het jy gelag…

Laasjaar het jy my die Transvaal gaan wys en ek het dinge gesien en beleef wat my laat groei het as mens en toe ek jou vertel dis nie meer lekker nie, het jy gese kom ons gaan terug huis toe…..en al was jy nooit ‘n Burger van Montagu nie…. het tannie Yvonne Bassel gesweer jy is ‘n afstameling van ‘n verlangse nefie van haar wat gaan goud soek het in die Transvaal….

Jy het my melankoliese siel goed gedoen…. en altyd die Mooi en Pittige dinge in die lewe raakgesien…en as jy my hand vasgehou het in die dorp het ek gevoel ek hou my pa se hand vas……Jy was ‘n veilige hawe vir my verwese roeibootjie van 5 jaar gelede….maar ek is nie meer die klein dogtertjie wat jy toe ontmoet het nie…. Jy het van my ‘n vrou en ‘n ma gemaak…en laat my agter met 2 pragtige geskenke….en nog ‘n ma wat baie lief is vir my…

Vroeer die jaar, toe jy jou werk verloor het…. het jy moedeloos gewonder hoekom straf die Here ons so? Vandag weet ek Hy het ons eintlik Geseen…. want jou uurglas was besig om uit te loop en kon jy soveel meer tyd saam met ons spandeer…

Lank gelede…. het ek my ma eendag gevra hoekom ons op aarde is? Sy het geantwoord : “Om goed te wees vir ander my kind”……

Dankie Fanus Burger dat jy so goed was vir my……al groet ons sonder woorde….

(Gelees deur Maraja Badenhorst-Burger op haar man se begrafnis op 1 Junie 2016 te Montagu NG Kerk )

 

Profile photo of maraja

by maraja

Job well done…

April 3, 2017 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Job well done…

As jy eendag sterf…..het “Die take wat jy voltooi het… jou onsterflik gemaak… “ het een of ander klein Chinese mannetjie (Lao-Tse)…. 6 eeue voor die geboorte van Christus kwytgeraak…en ek dink hy het dalk ‘n punt beet gehad?

Ek kyk daagliks na my twee klein dogtertjies….en dink dan aan al die kere wat hul pa amper dood was in sy lewe (op 3 weke oud het sy hartjie gaan staan…hy het ’n motorongeluk oorleef…van ‘n gebou afgeval wat hy besig was om te bou….is met ‘n mes in die bors gesteek deur ‘n booswig…en natuurlik…. die Army) en daar trou hy laat in sy lewe (tot sy hele familie se verbasing) en produseer twee pragtige, welgeskape mensies….Sy ma herinner my gereeld daaraan dat die laaste 5 jaar van sy lewe…ook die gelukkigste was….en dit is vir my ‘n riem onder die hart, want het ek dan nie ook ‘n deel daaraan gehad nie?  Dalk was sy Groot Taak op aarde volbring…en was dit sy tyd om te gaan?

Ek het jare gelede gese ek wil nooit… ooit… kinders he nie, want…. “ek wil nie ‘n porthole wees om siele na hierdie wrede wereld te bring nie….”  Groot Bek ek…Die wereld het nie verander nie….(met al die bom-ontplottings oorsee…moord en verkragtings en crazy politics….op eie bodem) het ek wel….en ek het die lewe geskenk aan twee klein, fyn, weerlose dogtertjies…(crazy monkey… reg?)

Ek se gereeld vir vriende en vreemdes :  “Ek het nog nooit…ooit… gevare geken (en eks ‘n baie brawe meisie hoor?)  soos vandat ek twee baba’s gekry het nie!”  As dit nie skerp voorwerpe of elektriese muurproppe is nie  (baie dankie DSTV se A Million Ways to Die) dan is dit ‘n klein Mikroskopiese en Bakteriele guerrilla oorlogvoering waarvan ek die Luitenant-Generaal is van die Geallieerde Magte….(my magtag).  Ek verstaan nou hoekom die oumense 15 kinders gehad het…want omtrent net die helfte het volwasse ouderdom bereik….en hoe hou ‘n ma se hart dit…. my dear?  Skoonma se noudie aand vir my sy kom nie oor die dood van haar liefling kind nie  (die een wat sy soveel kere uit die kake van die dood gered het)…en ek antwoord haar toe :  “Ek dink nie ‘n mens is veronderstel om oor die dood van jou kind te kom nie ma…”  Daardie selfde nag le ek langs ‘n swetende, koorsige kleinsus in die bed…Dood van bekommernis oor watter siekte ons noualweer beet het…wend ek my toe maar tot my enigste Hoop in die donker van die nag….(en Bid soos nog nooit…ooit…tevore in my lewe nie)….want die mens wik…maar God beskik….nie waar nie?

‘n Vriend vertel my onlangs van sy oumagrootjie wat as kind vir hom vertel het hoe sy gesterf het (as kind tydens die Boere-Oorlog in ‘n Konsentrasiekamp)…maar aan die Ander Kant het die Vader haar vertel haar Taak op aarde is nog nie afgehandel nie…Wel, sy het grootgeword…getrou, kinders gekry… en grootgemaak…en hierdie storie aan hom vertel op die rype ouderdom van 96 jaar…

Ek was nog nooit…ooit… bang om dood te gaan nie….maar vandat hul pa se Taak op aarde afgehandel is…besef ek hoe weerloos hierdie twee sieletjies is…en dat hulle my nou meer as ooit nodig het om hulle touwys te maak op hul Lewenspad…

Ek het as klein dogtertjie geweet my lewe gaan begin op die ouderdom van 40 jaar…Wat dit was wat ek gaan doen…het ek nooit besef tot nou nie…want kinders gee ‘n mens ook die motivering om ‘n beter mens te probeer wees….’n voorbeeld te stel vir ander…en van die wereld ‘n beter plek te probeer maak vir jou kinders se kinders…

Is kinders dan nie ‘n voorbeeld van Geloof….Hoop….en Liefde nie?

So roep Sussie vroeg vanoggend vanuit die badkamer heel opgewonde….”Mamma….Kom kyk….Ek het in die Groot Toilet gepiepie!”

Ek het (heel trots) laggend na haar geloop…Ons het ge-hi-five…en terwyl ek vir haar se “Job well done Baby…” gryp twee klein armpies my om die nek…en kry ek ‘n stywe-stywe drukkie….

Noujatoe….Job well done Mamma…