by

Sal ons ou Vriende ooit vergeet…

January 2, 2020 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

 Sal ons ou vriende ooit vergeet…

Dit is die laaste dag van die ou jaar…’n uur voor die nuwe een…(en boonop ‘n nuwe dekade daarby) en ek sit op my bed en luister na almal wat slaap om my in die huis (ons is seker maar ‘n vervelige klomp) asook ons rasende bure en hul raserige diere…

In die stilte van my eie huis dink ek aan die volgende…

Ek is ‘n gebore optimis en verwelkom elke nuwe jaar met blink oë vol afwagting…vir ‘n… “SURPRISE”…. soos iemand wat agter ‘n blompot uitspring met balonne en presente in die hande…want elke nuwe jaar-kalender is teen die tyd al opgeplak teen my muur en elke blokkie by elke dag is oop…vir imagine net?

As ek soms mismoedig raak oor omstandighede buite my beheer…troos ek myself deur terug te dink aan ‘n jaar gelede…waar was ek toe?  Voetjie vir voetjie beur ons vorentoe op die lewenspad…’n breë en ‘n smal weg…maar op watter pad bevind ons onsself?  Die maklike pad is dikwels die verkeerde pad…die moeilike een heel waarskynlik die regte een…en om besluiteloos by ‘n kruispad te staan kan enigiemand verlam laat voel… So moes ek die afgelope ruk groot besluite maak vir myself, maar ook vir my kinders, want wat ek doen het ook ‘n invloed op hulle lewens… Om van werk te verander is geen maklike besluit nie, want ons kan tog so gemaklik in ons comfort zone raak…al haat ons ons werk, ons baas en sekere kollega’s…is dit makliker om te moan oor dit en dat as om actually op te pak en te waai… Raak ons maar net meer traak-my-nie-agtig soos ons ouer word, of is dit ‘n geval van set-in-our-ways?  Ek het nie die antwoord nie, maar weet dat ek vreeslik opgewonde gemeng met ‘n bietjie bang is oor my nuwe job wat van more af ‘n werklikheid word… Ek dink wat my die bangste maak is as ek nooit probeer het nie, want wie wil nou ooit eendag op die ouetehuis se stoep sit in die son en met waterige ogies terugdink en wonder : “Sê-nou-net?”

Met elke koebaai-meraai los jy mense agter op jou lewenspad…en dit is vir my altyd baie sad…want mense kleur die buitelyne van ons lewens in…Wie’t nouweer gesê : “’n Mens is ‘n mens deur ander mense?” Kannie onthou nie en maak tog seker nie sakie…feit bly staan…10 jaar gelede was Suid-Afrika op ‘n high met Soccer World Cup-koors… en ek was op ‘n high van verliefdgeit op ‘n vreemde man wat ek op my Nokia (siestog) op 35 ontmoet het met 1300km tussen ons… Al is hy intussen oorlede ….is ek twee pragtige dogtertjies ryker (en weer ‘n nuwe man…baie dankie Samsung) en wat ‘n storie het ek nie om eendag my kleinkinders mee te entertain nie!

Al het ek ‘n hele paar goeie vriende (raseriges en stilles) verloor die afgelope10 jaar…is daar nuwe rakke leeg in my vriendskapskas wat wag om vol gemaak te word…tog sal ons die ou vriende nooit vergeet op die kronkelpad van die lewe nie…en dra ons hulle saam in ons harte…en ook gebede…

2010

2 responses to Sal ons ou Vriende ooit vergeet…

Leave a Reply to maraja Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *