Profile photo of maraja

by

Die Struggles van ‘n Socialite…

February 28, 2019 in Uncategorized

Mens is Nooit te oud om te Leer nie… 

Die Struggles van ‘n Socialite…

Ek het in die skaduwee van groot boom grootgeword…maar erger nog…’n socialite daarby…Dis geen grap nie hoor?  Dis harde werk…en al was Ma nie ‘n bekende Hollywood aktrise nie, was sy gereeld op die radio-TV-koerant…en ons drumpel is deurgeloop deur fans van alle walks-of-life…Teen die tyd dat ek op die scene gekom het as baby van die familie, was my drie boeties laaaankal uit die huis…êrens op ‘n Grens…besig om vir Volk-en-Vaderland te baklei…en by die huis was dit nie veel beter nie, want Pa was moeg gebaklei vir Rus-en-Vrede…en het êrens heen verdwyn…but the show must go on…so ek het Ma se side-kick geword (soos Batman en Robin) en het haar na elke Praatjie vergesel (sy was baie gewild onder die Vroue-verenigings)en ek was altyd verstom hoe mense vir ure aan haar lippe kon hang…maar dit was lank gelede…en Pa het lankal sy vrede gevind in die Hiernamaals…

Ou-ma het hierdie week verjaar…maar praat al die afgelope twee weke nie met my nie, want sien, Robin het grootgeword…en moeg vir Batman se ego en self-beheptheid…het hy ‘n ander koers ingeslaan…en sy eie stem gevind… Dit het my baie lank geneem om my eie stem te vind, want Ma het vir baie jare my praatwerk gedoen…maar vandag babbel ek behoorlik…en kry selfs soms skaam as ek besef ek moet darem nou biekie shurrup…want eintlik is ek mos geleer…kinders moet gesien en nie gehoor word nie…

Ons het ‘n baie moeilike maand agter die rug…want Sussie is mos begin Januarie skooltoe sien?  Die eerste week was baie opwindend, maar week twee het ontaard in ‘n nagmerrie, toe Sussie ewe skielik net nie meer soggens wou opstaan-eet-en-aantrek vir skool nie.  Eers was ek baie simpatiek, later bekommerd en het gewonder terwyl ek kyk na haar te groot skoene en uniform :  “Is die werk nie dalk te veel vir ‘n klein, brose en fyn dogtertjie wat noudiedag nog gedoek en gebottel is nie?”  My moeders-hart was vol self-verwyt en my gedagtes vol onsekerheid…miskien moes ek haar maar nog ‘n jaar in die Kleuterskool gehou het?  En so het dit vir dae aangehou…tot een oggend…toe ek haar vir die soveelste maal vra hoekom sy dan nie meer skool toe wou gaan nie…en sy deur die trane snik : “Niemand wil met my speel nie Mamma….” Ek het amper die hare-borsel laat val…toe ek tot die besef kom…ek het ‘n socialite vir ‘n dogter…

Maar groter was die skok…toe ek later dieselfde oggend…ouma se swart koek (haar naam is Blackie) gaan aflewer saam met Kleinsus…en sy met ‘n bewerige stemmetjie sê : “Niemand weet ek verjaar vandag nie…”  Want ek het besef…al is die jongste 6 jaar oud en die oudste 76…het hierdie twee mense dieselfde probleem…dit moet ‘n struggle wees…om ‘n socialite te wees, want jy bepaal jou eie waarde aan hoeveel likes jy op Facebook kry…

Ek het Sussie se traantjies afgevee…haar laat sit…en haar vertel dat sy eerstens haar eie, grootste en beste maatjie van nouaf sal moet wees, want op die pad van die lewe, gaan maatjies kom en gaan…en dat sy nooit, ooit haar Grootste Maatjie moet vergeet nie, want Hy sal altyd daar vir haar wees…en al was my woorde bietjie abstrak…kon ek sien dat sy beter voel…

Selfs Ouma was die volgende dag meer opgeruimd…al was dit net oor die feit dat ‘n handvol mense uit haar verlede gebel het om happy birthday te sê…Tog het dit my laat wonder…oor die struggles…van ‘n socialite

2 responses to Die Struggles van ‘n Socialite…

  1. Hehehe … Jy het hom geskryf

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *