by

‘n Hele Nuwe Wêreld…

January 11, 2019 in Uncategorized

Mens is Nooit te oud om te Leer nie…

‘n Hele Nuwe Wêreld…

Dit is alweer daardie tyd van die jaar… Die krismisliggies is skaars afgeskakel en ons as ouers word gebombardeer met “Back-to-School” back to back om elke hoek-en-draai van elke flippen winkel isle…en terwyl ek staan by till no.4 van Shoprite met my klein pakkie mince en brood onder die arm… begin die guilt my beetpak soos ek na al die ander ouers om my kyk met hul mandjies, hoog gestapel met flipfiles, Pritt, fotostaatpapier, boeke, kosblikke, ens….Waar het ek nouweer my lysies vergeet?

Besef skole nie hul breek ouers se happy-new-year vibes met al hierdie koop lysies nie?  Waars die dae toe ons slegs skool toe gestuur is met ‘n bruin, vierkantige skooltassie … maar nou ja…die goeie ou dae is laaaaankal verby…en hier staan ek… in die middel van Shoprite met Sussie wat na Gr.1 toe gaan en Kleinsus wat agterbly in die Kleuterskool… My coping mechanism was nog altyd denial…maar hierdie nuwe hoofstuk in ons lewe is definitief onvermydelik…en so stap ek met ‘n swaar gemoed terug na die intimiderende rak wat kreun onder al die nuwe skoolboeke en penne… Sussie gryp onmiddellik ‘n Barbie potloodsakkie…en my hart sink in my ou skoene toe ek die prys sien, want dit kos amper soveel soos ‘n week se petrolgeld… “Kan Mamma nie vir jou ‘n pragtige handgemaakte potloodsakkie maak nie my skat?” vra ek hoopvol en onthou ‘n verlore zipper somewhere by die huis  … “Dink net …niemand sal so een hê nie!”  Ek sien dankbaar-verlig hoe Sussie se gesiggie ophelder…en ons stap verder… So hier en daar neem ek iets van die rak en voel heel trots op myself dat ek al laasjaar ‘n draai by die skool se klerebank gemaak het…en dankietog kleintjies gaan kaalvoet skool toe….vir eers… Juffrou moet maar verstaan dat hand sanitiser en two-ply toiletpapier definitief nie in ons wêreld ‘n realiteit is nie…

Kleinsus het gelukkig vir kersfees haar bevoorregte niggie van die stad se ou Barbie backpack (met wieletjies, nogal) gekry…en is heel in haar skik… Ouma het ‘n nuwe blou rokkie by Pep gekoop vir haar eerste dag in die Blou-klas…en Mamma ‘n nuwe Barbie kosblik (want sy het haar Hallo Kitty een laasjaar “verloor”..) Kom ons hoop Barbie vaar beter hierdie jaar?

En so breek die Groot Dag aan…

Sussie is al vroeg uit die vere, kleertjies self aangetrek, tandjies geborsel en hare gekam, terwyl ek sukkel om Kleinsus uit die bed te kry (definitief nie ‘n morning-person soos Mamma nie…) By die ontbyt-tafel trek Sussie haar neus op vir die mieliepap wat sy so getrou elke oggend eet… Verbaas het ek haar gevra wat fout is en haar antwoord was insiggewend toe sy sê : “My magie is seer Mamma” Ek het haar vertel sy moenie worry nie, dat dit net senuwees is… en toe sy vra : “Wat is senuwees Mamma?” het ek amper in trane uitgebars, want as hoërskool-juffrou het ek geweet van al die toetse en eksamens wat vir die kleine, fyne dogtertjie van my voorlê…en besef ek kan haar nie meer beskerm teen hierdie Nuwe Wêreld wat sy nou betree nie…

Nodeloos om te sê…het Alladin se “A Whole New World” die hele dag in my agterkop gespeel soos ‘n vasgehaakte plaat…en ek het myself beloof…tussen die trane deur…dat ek ‘n punt daarvan sal maak om dit ook vir haar soos ‘n magic-carpet-ride te maak…want verbeelding gee jou vlerke om te kan vlieg…en dit kan geen geld koop nie…

 

 

 

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *