Profile photo of maraja

by

Mak Honde…Byt die Seerste…

September 24, 2018 in Uncategorized

Mens is nooit te oud om te leer nie…

Mak Honde…Byt die Seerste…

Keep your friends close…but your enemies closer…het nuwe betekenis vir my hierdie week gekry…want is familie nie nader as vriende nie?

Kleintyd was ek lief om abused brakkies (en katjies) van die straat op te tel…en nadat jy hulle gebad-kos-en-liefde (en moenie die warm bedjie vergeet nie) het hulle gewoonlik my beloon met totale chaos in die liefdes-ketting tuis…en ook ‘n nare bytwond aan myself of ‘n geliefde… Ek moes op die harde manier leer dat charity at home begin…en dat jy die gehawende brakkies/katjies vir die professionals (aka die DBV) moet los…

Maar dit (die Diere) daar gelaat, want wat van mense?  Wat is die verskil tussen vriende en familie?  Natuurlik kan jy jou vriende kies, maar nie jou naasbestaandes nie… Vriende kom en gaan in jou lewe, maar met jou familie deel jy jou DNA…en van…onlosmaaklik deel van jou identiteit…Mans is gelukkig…hulle kry net een van…die draers van die STAMBOOM…maar ons as vrouens (en ook draers van die nasate van die STAMBOOM) se vanne word ge-chop en ge-change soos ons deur die lewe gaan…ons is actually baie aanpasbaar, as ek nou so daaraan dink?  So trek ek noual by my derde van… Besef mans watse mission dit is om elke keer ‘n nuwe ID, bankkaarte, handtekening, ens. te kry?  Ek twyfel, maar dit daar gelaat…

Nou…met so ‘n uitgebreide familie en STAMBOOM waarmee ek vandag sit…is dit un-avoidable om nie soms ‘n menings-verskil met so-en-so te hê…of vas te sit met hierdie of daardie een nie…maar dis ok…want dis ‘n leer-en-groei-proses…en feit is…dis moeilik om in verskillende weers-omstandighede nie soms in iemand se blaar-slaai te krap nie…

Maar as daar iemand is wat jou die heel seerste kan maak…is dit die een wat jou ook die heel beste van almal ken…die een wat weet waar jy jou Achilles wegsteek…en jou soos ‘n remote-control laat voel as sy jou knoppies begin druk…jou ma…

Ek het lank gelede in een of ander “Chicken Soup for Woman” gelees dat kinders die grootste wond is wat jy as ma ooit sal hê…’n wond wat nooit werklik genees nie…maar wat as dit ook gesê kan word van sekere ma’s?

Noudat ek self ‘n ma is, besef ek watse groot verantwoordelikheid dit is… Om onvoorwaardelik lief te hê (no strings attached) en niks terug te verwag nie…om jou kroos se best interest at heart te hê…om jouself minder te stel (‘n groot toets vir die EGO, voorwaar)…maar die heel belangrikste (volgens my) om ‘n voorbeeld te stel vir veral jou dogter, want is hulle dan nie ook die volgende stam-moeders van die toekomstige STAMBOME nie?

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *