Profile photo of maraja

by

In Diens van Ander…

April 30, 2018 in Uncategorized

Mens is Nooit te oud om te Leer nie…

In Diens van Ander…

Ek was verlede saterdag ‘n regte drama-queen en het vir almal in die huis vertel hoe moeg ek is om hul slaaf te wees….Dis van more-tot-aand, van vroeg-tot-laat, van dagbreek-tot-sonsonder ‘n ge-dit en ge-dat…skooltoe jaag (“Mamma…ek wil nie skooltoe nie”), werktoe jaag (“Juf…hoekom is jy so laat vanoggend?), toetse-klasgee en punte-ingee, winkelstoe jaag, huistoe, kosmaak (“Mammaaaa…eks honger”), skoonmaak, laundry (“Ek het geen jeans of onderbroeke vir werk nie skat…”) en on-top-of-it…’n kar wat ‘n snaakse geluid maak (nee, ek het nie weer vergeet om petrol in te gooi nie…)

Halfpad deur die oggend (moeg gemop en die gemoan van my eie stem in my ore), het ek op die bed (wat ek nog moes skoon oortrek) neergeplof en begin fantaseer…jip…ek sou een van die kleintjies se kryte gaan haal en op die wit muur, reg bo-kant die kop van my kant van die dubbelbed, ‘n groot grafsteen trek met hierdie dramatiese grafskrif : “Rus in Vrede…In Diens van Ander…” Nadat ek hierdie Groot Gebaar vir myself (in my kop) gedoen het, was ek heel in my noppies met my statement aan die wêreld…Ek het vir myself gesmile, opgestaan, gaan tee maak en vir myself gefluister : “Be careful what you wish for..”

Want was dit nie presies my wens op 35 toe ek al pleitend na die hemele gebid het vir ‘n gesin van my eie nie?  My presiese woorde was soos volg : “Ek’s moeg om vir myself te leef..ek is so verveeld…ek wil graag weet hoe dit voel om iets vir ander te beteken…”

En so bevind ek myself (7 jaar later) in my droom (wat soms soos ‘n nagmerrie voel) en moet ek myself herinner dat ek baie, baie dankbaar moet wees…dat ek ‘n geseënde vrou is…en dat God (obviously) my baie, baie lief het…want het Hy my nie weer voorsien van ‘n dierbare, liefdevolle man wat my en die kleintjies liefhet soos sy eie bloed nie?

Al waarteen ek moet waak is algehele uitbranding, soos my ma, wat lief daarvoor was om haarself totaal uit te brand, en dan in die hospitaal te beland…Hoekom? Omrede sy nie kon delegate nie…sy wou alles self doen…en ons het haar “’n regte control-freak” genoem, want sy het geglo niemand kon dit so goed soos sy doen nie…’n Baie wyse sielkundige het jare gelede vir my vertel dat elke oggend as jy wakker word, is jou Lewens-energie soos ‘n glas vol water…en deur die dag gee jy dit weg…en weg…en weg…todat jou glas dol-leeg is…elke dag…self-sacrifice jy jouself…todat jy totaal uitgebrand is…en aan depressie ly.  ”So…onthou Maraja…hou elke dag ‘n bietje energie oor in jou glas…vir jouself” het die wyse Magda my gemaan…maar ek het vergeet…tot nou…

Laataand het ek, nadat ek die huis tipe-van onder beheer gehad het, in die bed geklim en na almal in die huis se salige slaap-geluide geluister (magies-vol-ogies-toe) en besef “I did this…” en vir God dankie gesê vir die voorreg om in diens van ander te leef…Groot was my “a-ha” moment toe ek die boekie van Caroline Myss (Anatomy of the Spirit) oopslaan en lees : “We all want our contributions to other people’s lives to be valuable and meaningful…so be of service to others…”

So…toe Sussie vanoggend voor skool (terwyl ek hul Marmite-toebroodjies smeer) my inlig dat dit tyd is om te trek, omdat die huis so deurmekaar is…het ek ampertjies skuldig gevoel, maar toe besef its my time to delegate…en haar met ‘n breë smile geantwoord : “Hoekom help jy nie vir Mamma…en begin sommer by jou eie kamer nie skat?”  En daar het jy dit…in diens van… (en) saam met ander…

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *