Profile photo of maraja

by

Remember Me…

April 10, 2018 in Uncategorized

Mens is Nooit te oud om te Leer nie…

Remember Me…

“Wie het van Pappa se koek geëet?” vra Sussie vanoggend (deur die slaap) toe ons regmaak om kersies dood te blaas op Pappa se tweede hemel-koek…Ek het so skuldig soos Gouelokkies gevoel toe ek na die missing driehoek kyk in die middel van die vars tjoklit  icing…maar gelukkig leef ons in die era van kinder-verbeelding (en het Kleinsus nie net gisteraand gehuil oor sy bang was vir die Dinosaur in haar bed nie?) My briljante antwoord het vinnig gekom : “Dit was natuurlik Pappa…dis tog sy verjaarsdag nie waar nie?”  Sussie se gesiggie het sommer opgehelder en was heel tevrede met Mamma se verduideliking…nevermind the fact dat ek gisteraand nie kon slaap nie…gaan koffie maak het…en myself alleen gevind het in ‘n kombuis met ‘n groot tjoklit-koek op ‘n ronde kombuistafel…vir ‘n man wat dood is…

Ons het gesing…kersies doodgeblaas…gelag…en tjoklit-koek vir brekfis gehad… Ek het besef (tussen al die lawwigheid deur) dat hierdie koek darem self laf proe…ooops…ek het sout vergeet…but who cares?  Na al die maande van sout trane huil…het ek gehou van die simboliese waarde van ‘n te soet koek…en gou was onsdrie op ‘n sugar-rush…reg vir die eerste dag van die skool-kwartaal…

Ek het vinnig die oomblik op kamera vasgevang en op Facebook geplaas en gewonder “Het ek myself verbeel…of was daar ekstra liggies soos ‘n stralekrans om die kleintjies en hul Pappa se koek?” toe ek deur die foto’s scroll…en maar gehoop hy was met ons in gees…

Ons het net noudiedag die oulikste kinder-movie (Coco) gesien waarin ‘n klein Meksikaanse seuntjie sy oupa in die doderyk vind… Ek was heel beïndruk met die Meksikaanse kultuur wat een dag van die jaar hul afgestorwe familie-lede onthou deur hul foto’s uit te stal, kerse te brand en hul gunsteling kos te maak. Ek dink volgende jaar moet ek Pappa se gunsteling Peppermint-crisp-tert maak (dan kan ek sommer ekstra smul daaraan die aand voor die tyd).  Wat my bygebly het van die fliek was die pragtige tema-liedjie “Remember me” asook die feit dat dit ‘n baie jolly affêre vir die Meksikane is…en hoekom dan nou nie?

Oppad werk toe het ek by ‘n vervelige rooi robot na die kommentaar op Facebook geloer…en ja daar was ‘n paar mooi boodskappe…maar hoekom eindig die meeste met die woorde “sterkte” het ek gewonder?  Met wat? My stukkende moter…die nuwe huis se hoë paaiement…die nuwe petrolprys…winter-griep wat voorlê…of wat?  Ouma het gesê hy is “op ‘n baie beter plek as ons..” rerig?  Kon hy regtig proe hoe amazing lekker daai tjoklit icing was?  Ek twyfel sterk…

Ek lees gisteraand in ‘n boekie “A Season of Grief” dat iemand voorstel dat ons almal besig is om dood te gaan. Sommiges van ons weet wanneer ( soos die wat siek is) en ons ander het nie ‘n clue nie…Sou ek ‘n man getrou het as ek geweet het hy sou binne 5 jaar sterf en my met twee kleintjies los? Nee. Sal ek my reis van die afgelope paar jaar vir enigiets anders wil verruil? Nee. Ek is ‘n beter mens as gevolg daarvan…en ek sal ook nooit weer die mens wees wat ek was nie.  Ek leef elke dag asof dit my laaste dag is.  Ek hoor, sien, proe, ruik en voel soveel meer as tevore…ek voel ast’ware wedergebore…’n nuwe, beter weergawe van my ou self…

So…as my kleintjies eendag my kersies doodblaas op my hemel-koek…hoop ek hulle sal “Remember Me” sing…en lag…en gelukkig wees…want ware “sterkte” vind jy nie op Facebook (waar mense bang is om oor die dood te praat nie) maar in die hier en nou…

2 responses to Remember Me…

  1. Dagse Maraja
    Dit was so ‘n pragtige manier van jou om jou oorlede man se verjaarsdag saam met jou kinders te vier. Dit is nie altyd maklik nie, veral nie as ‘n mens nog self seer en stukkend voel oor jou verlies nie. Ek was ook 29 jaar gelede daar. Op 27jaar ‘n weduwee met 3kinders, maar God het my elke dag deurgedra en hy doen steeds. Vandag is ek ‘n ouma van 6 kleinkinders en steeds baie gelukkig met die lewe. Hou aan droom en geniet elke dag voluit. Liefde. Tricia Lombaard

    • halo Tricia…
      Baie dankie vir die mooi woorde..en hoop…vir die toekoms…
      Die skryf help en is my terapie…en hopelik eendag ‘n rekord vir die kleintjies van die Reis van hul Ma…
      Lekker week…
      Meraai x

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *