Profile photo of maraja

by

Om te Ly of te Lei…

March 22, 2018 in Uncategorized

Mens is Nooit te oud om te Leer nie…

Om te Ly of te Lei…

“My man is dood, Maraja…en ek weet jy sal verstaan…” sê ‘n vriendin noudiedag vir my.  Die einste vriendin wat my bykans twee jaar gelede bygestaan het toe ek in dieselfde situasie was.  Sy was een van die min mense wat uit haar pad gegaan het om my te help…maar haar uitstaande mooi karakter het my bygebly…tot nou….want nou is sy seer…en rou…en kwaad…en het baie onbeantwoorde vrae… Al wat ek haar kon bemoedig mee was :  “Moenie bitter word hieroor nie…die seer word minder…die gemis nie…”

“Juffrou…ek het laasjaar ‘n aborsie gehad…en kan met niemand daaroor praat nie, maar ek weet ek kan met jou daaroor praat…” sê ‘n matriekmeisie gister vir my toe ons alleen in die klas is…Hierdie klein, fyn meisie was nog altyd ‘n good-girl in die klas en as jy my sou vra sou ek eerder een van die rebelle in die klas verdink het… Al was ek ietwat geskok en het my hart gebloei vir die onskuldige kleintjie…het ek haar styf vasgehou en gesê : “My skat, jy sal moet bid vir vergifnis…maar die belangrikste van als is…vergewe jouself…”

“Wat is my doel op aarde, my kind?” vra skoonma weereens vir my die afgelope week…want sy weet, ek weet, sy rou nogsteeds oor haar kind…en sy kan met niemand daaroor praat nie…Al weet ek nie hoe dit voel om ‘n kind te verloor nie, weet ek van seerkry en hartseer, maar ek weet ook ek is nie uniek nie…want vriendin Hannah het lank gelede vir my gesê : “Ons is almal stukkende mense, Maraja…”

En dis die reine waarheid…Ons is almal hier op aarde om te ly…en lesse te leer…and I suppose om nader aan God te beweeg…maar nie al die skape sien dit so nie…

Daar is so veel mense met bitterheid in hul harte, die wat ander leed wil aandoen…sommiges wat nie ‘n uitkoms in hul donkernis kan vind nie…en selfs hul geliefdes saam met hulle neem…en dan daardie spesiale uitgekose groepie wat daarop uit is om ander om hulle so seer te maak…dat niemand die seer in hulself kan raaksien nie…

Ek vind dit persoonlik baie makliker om met gebroke mense oor die weg te kom…om met my lewenskennis hulle te probeer lei…Hoe gering ookal, met my lewensfilosofie van Geloof, Hoop en Liefde…is dit baie makliker om iemand te bemoedig as om iemand wat onredelik kwaad is, te kalmeer…Ek het geen tools om so iemand te help nie, want hulle byt gewoonlik (soos ‘n hond wat jarelank mishandel is…) en ek weet gladnie hoe om so ‘n hondsdol skaap te help nie…uitsit is natuurlik buite die kwessie…diere is soveel makliker, nie waar nie?

Ek het in ‘n huis van ‘n Alkoholis grootgeword…en hoewel almal in die huis gely het…kon mens sien dat Pa die meeste ly…en alhoewel Ma die hardste probeer het…kon niemand hom help nie…want sy pyn was baie diep…en later deel van sy persoonlikheid…

Die meeste grootmense wat ek ken vandag het ook ‘n verslawing…geld, sport, alkohol, pille, nikotien, pornografie, godsdiens….(die lys is lank) en hoewel dit bloot help met die tydelike verligting vir die pyn…is my vraag aan jou…hoe beïnvloed dit jou geliefdes naaste aan jou?

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *