You are browsing the archive for 2017 December.

Profile photo of maraja

by maraja

Betlehemster o Wonderlik…

December 27, 2017 in Uncategorized

Mens is Nooit te oud om te Leer nie…
Betlehemster o Wonderlik…
Elke aand, voor ons gaan slaap, trippel Sussie gou by die voordeur uit om vir Pappa good night te gaan sê…want sien, Pappa se tent staan sedert Mei verlede jaar tussen die sterre in die Melkweg…

Soms kan jy hom sien op Orion se belt, dan weer op die Suiderkruis…maar meestal…is enige ou sterretjie goed genoeg vir Sussie om gou haar “Nag Pappa”-sms te ontvang….

Op bewolkte aande, kan ek sien haar gemoed is sommer donker en ook omgekrap…en steun en kreun die ou lyfie in haar slaap…soos sy tevergeefs haar Pa probeer volg oor swart riviere…en ek onthou…
Ek en Sussie se Pa was lief om te sing van Mika en sy Planeet…wat baie ver….en blink soos ‘n ster was…en sommige nagte droom ook ek van hom op daardie planeet…nes The Little Prince…voel hy ook verdwaald en verward…en soek hy ook soos Hansie en Grietjie die broodkrummels terug na ons toe…maar op bewolkte aande…(soos vanaand) is daar geen blink sterre wat knip-oog nie… en definitief ook geen hemel-wifi of hot-spots nie…(sorry, no connection).

So kom Sussie noudie dag heel uitasem en opgewonde by die huis…om my te vertel van die Nuwe Ster wat die tannie by die Kerk haar van vertel het…

Sy het vir haar sketsboek en kryte gevra en onmiddellik begin om vir my hierdie wonderbaarlike Nuwe Ster te teken….bladsy op bladsy…oor en oor…van hoek tot kant…Sy het Hom, haar hele boek vol geteken…en toe begin uitknip…om terselftertyd weer in te plak…”Wat gaan hier aan?” het ek stilletjies by myself gewonder…terwyl ek al die knipsels driehoek-papiertjies opvee van die grond…

Kleinsus, wat nie ‘n clue het van sterre en long-lost Pappa’s nie…het obvious twee en twee by mekaar probeer sit en begin dans voor die verligte Kersboom met al sy glitter en glam

Sussie het ewe skielik stil geword en gevra : “Mamma…ken jy die Betlehem se Ster?” Ek het haar verwonderd dopgehou terwyl sy (met ‘n nuwe lig in haar oë) my vertel het van baba’s en skape en Wyse Manne…en hoe jy (as jy dalk verlore of verdwaald voel) slegs die Betlehem se Ster hoef te volg om by jou ware eind bestemming uit te kom…dit klink tog so eenvoudig en maklik, nie waar nie?

Ek het haar gevra hoe ons hierdie besonderse Ster gaan opspoor…en sy het my verseker dat dit die helderste en mooiste Ster in die hemelruim is…en ek vermoed sy het dalk ‘n bietjie deurmekaar geraak met al die sterre… en haar Pappa….but who cares?

Want dis alweer Krismis (Crazy) tyd…en die gestamp en stotery by die winkels die afgelope paar weke (het jy al van Black Friday gehoor?)….het my so ‘n naar/hol-kol op die maag gegee…dat ons Kersdag, slegs mooi wit kerse aan tafel opgesteek en oor baba Jesus aan etenstafel gesels het…

Want al raak ons soms confused tussen al die blink sterre bo Liewe Heksie se sterretjies-dak…of die liggies aan al Shoprite en Checkers se made-in-china Krismisbome…hoef ons slegs te glo soos klein kindertjies dat daar ware Liefde en Geluk gevind kan word in ‘n baie eenvoudige storie….baie lank gelede… geskryf…van ‘n Kindjie en sy eie Betlehemster…