Die Vrees van die Vlees…
July 15, 2017 in Uncategorized
Mens is nooit te oud om te leer nie…
Die Vrees van die Vlees….
“Dogters….moenie Glo nie….Vrees net…” het dr. Burger elke liewe Sondag vanaf die preekstoel in die Klipkerk van Bloemfontein na ons toe toe afgebulder…waar ons…jonge maagde van die Christelike en Nasionale Meisieskool Oranje…groot-oog na hom opgestaar het…Hy het natuurlik na die Grey-seuns verwys, maar ek het nie ‘n clue gehad wat hy regtig bedoel het nie…Al wat ek met sekerheid kan getuig…is dat die Vrees my bekruip het…en het ek met my oe op die grond begin lewe…en nie links of regs gekyk nie…bang…vir alles…
Ek het my Vrese lewe gegee…en het vreeslike dinge oorgekom…In my twintigs het ek altyd angstige drome gedroom …waar ek weg moes hardloop…of weg moes kruip vir gevaar…
So… met die verloop van tyd… op die Groot Pelgrimstog van die Lewe…het ek geleer om my Vrese een na die ander te face…en het geleer dat die meeste nooit regtig daar was nie (soos die monsters onder jou bed toe jy klein was) en het trots verkondig na die geboorte van my twee kleintjies : “Ek het al geboorte geskenk aan twee mense…Ek is ‘n ystertjie…” en noudat ek selfs die Dood (letterlik) in die gesig gestaar het…kan ek jou verseker dat my put van innerlike krag bodem-loos is…
Sussie kerm laasnag by my (terwyl ek geduldig die groeipyne uit haar tenger beentjies probeer vryf) dat haar beentjies groot wil wees…maar dat sy nie groot wil wees nie…Ek het probeer verduidelik dat ons dit nie kan keer nie…dat ons almal groot moet word…
Dit bring ons dan by die onderwerp van grootmense self….want het ek nie al self eendag gefrustreerd verklaar na die afloop van ‘n Jeugfees (wat ek in die Oos-Kaap gereel het)…. dat dit ongelooflik was om te sien hoe die kinders so volwasse was…en die grootmense (wat my soveel kopseer gegee het) hulle nes ‘n spul kinders gedra het nie? Moet dit dan nie juis andersom wees nie?
Soveel van my vriende en familie beleef op die oomblik die cliché van ‘n midlife-crisis…Goeie genade…kan dit waar wees dat mense dit nie sien kom nie? Mans verloor ewe skielik hulle manlike krag (en trots) en vrouens weer hulle uiterlike skoonheid (en trots) …en sien soos Sneeuwitjie se stiefma die liederlikse goed in hul badkamer spieels as hulle make-up aansit soggens… Die mans gee hulself oor aan slegte gewoontes en die vrouens spandeer heeltemal te veel geld aan retail therapy….of real therapy….
As klein dogtertjie het ek gedroom van die dag as ek veertig word…want ek het geweet my lewe gaan dan begin….ek gaan eindelik groot wees…en gemaklik voel in my eie vel…soos ‘n paar goeie ou jeans…gaan dit lekker sit…nommerpas…Ek lees noudie dag dat ‘n mens se siel wasdom bereik hier omenby 30 jaar oud (so oud soos Jesus was toe hy begin preek het) ..so al word jou vlees ouer (of jy sterf)…bly jou gees ewig jonk…Is dit nie wonderlik nie?
Ek glo ‘n mens moet nie Vrese he nie, want onbewustelik maak jy besluite…wat jou Vrese gestalte laat kry…soos die monsters onder jou bed…
“Mamma…kan ek weer ‘n babatjie wees in jou maag?” vra Sussie vanoggend… bang… vanuit haar bedjie…
Ek het haar styf vasgehou…. en geantwoord…“Nee my skat….jy moenie Vrees nie…Glo net…” want al is die Vlees swak…is die Gees darem deksels sterk…
Lina LSS said on July 16, 2017
Amper 4 -uur en ek sit in absolute awe oor jou stelling van die status van die siel. Die x-faktor in my eie lewe waarvan ek so intens bewus is (en heimlik getroetel het) maar nooit definisie kon gee as ek my weereens verstom aan die wonder van lewe.. In my alleenheid saam met Lisbe Visser weet: ‘Ons gaan dit maak – u en ek ….’
maraja said on August 7, 2017
jy laat my bloos….x
Lina LSS said on July 17, 2017
Goeie more my sonskyn
goeie more my kind
ek stuur jou my warmte
die kosbaar van my wind
vra ‘n sagte aanslag
van alles van my
waarvan jy niks van weet
daarom ook die essens
van my wese
nie kan
verstaan.
xx
maraja said on August 7, 2017
aangename kennis liewe Marti…
Lina LSS said on July 27, 2017
Dis bietjie complicated om die son te probeer troetel terwyl jy hare was onder die stort (sommige entiteite vereis onverdeelde aandag in tyd) anderste brand die shampoo die hel uit jou oge uit
Mooi loop vandag.
xx
Lina LSS said on August 1, 2017
As ‘multitask’ rertig kon bestaan had ek voor in die ry gestaan vir ‘n dosis daarvan …
xx
Lina LSS said on August 6, 2017
Miskien het die yskou poel lankal sy bekoring verloor – miskien nie …
Mens is die waarhei aan jouself en aan mekaar verskudig om die tenger vrugbeginseltjie ‘n kans op te op lewe gee dan nie ? In vrede en sekerheid verder kan soek – en sy ook. Natuurlik is die fisiese veroudering iets wat beide kante toe werk, maar ek glo dit is lankal nie meer ‘n faktor
Ek glo ook dat grysheid die wysheid bring om oor berge te kan sping.
Is this juat a drean – a fantasy – maybe – maybe not?
maraja said on August 7, 2017
wyse woorde…van n wyse mede bewoner…geniet jou dag/nag…x
Lina LSS said on August 14, 2017
Ek mis my sonskyn
die warm glimlag
van my
kind
xx
maraja said on September 15, 2017
xxx
Lina LSS said on August 29, 2017
Vanoggend wens ek jou
spierwit wolkies toe
in die vertroue en hoop
dat hulle
lou
die droog en rou
in jou keel
verewig
mag
bedou.
om te vertrou
op die onbekende
maraja said on September 15, 2017
baie mooi…xx
Lina LSS said on September 2, 2017
Wonder vanwaar die lirieke wat so opdringerig in my bewussyn fluister vandaan –
i want to please you
i want to tease you .
‘n mooi dag vol witbroodgedagtes vir jou ..
.